Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

2018 Suid-Afrikaanse dramafilm, geregisseer deur Daryne Joshua

Ellen: Die storie van Ellen Pakkies is 'n Suid-Afrikaanse dramafilm, geregisseer deur Daryne Joshua. Op grond van ware gebeure vertel die film 'n verhaal van die verwoeste verhouding tussen 'n vrou en haar seun wat verslaaf is aan dwelmmiddels. Dit vertel ook van die reeks gebeure wat gelei het tot die moord op haar seun, asook die regsproses wat daarna gevolg het.[1]

Ellen: Die storie van Ellen Pakkies
RegisseurDaryne Joshua
DraaiboekAmy Jephta
Speeltyd2h 3min
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans

Rolverdelingwysig

  • Jarrid Geduld
  • Jill Levenberg
  • Elton Landrew
  • Clint Brink
  • Ilse Klink

Produksiewysig

Regisseur van die film, Daryne Joshua, het gesê dat hy nie die projek wou aanvaar nie, weens die sensitiwiteit van die verhaal. Maar na 'n persoonlike ontmoeting met Ellen Pakkies (die regte persoon op wie die titelkarakter gebaseer is), het hy besluit om voort te gaan met die projek.[2]

Vrystellingwysig

Die film is op 7 September 2018 in Suid-Afrika vrygestel.

Ontvangswysig

Kritiese ontvangswysig

In sy resensie het Peter Feldman vir The Citizen die hoofkarakters, sowel as die draaiboek en produksie, geprys. Dit word beskryf as een van die beste films in Suid-Afrika in die afgelope tyd, en het 'n algehele gradering van 4/5 behaal.[3] Net so het DRM.am dit 'n vierster-gradering gegee, met groot lof vir die onderliggende boodskap in die film. Hulle stel dat die film "... 'n voortdurende herinnering is aan hoe maklik iemand is om te oordeel sonder om die redes vir die feite te ken."[4] Giles Grifin het namens die Life Righting Collective aangedui dat van die tema van die film toon hoe die gemeenskap versuim om persone wat by verslaafdes woon of selfs die verslaafde self voldoende te beskerm.[5] Die Daily Maverick het voorgestel dat die uitvoering van die film so spesiaal was dat dit selfs buite Suid-Afrika gevier moes word.[6] Dit het 'n uitstekende gradering van 8/10 gekry van Spling Movies, wat die "klankbaan, rou eerlikheid en belydenisdrama" van die film toegejuig het. Dit het ook lof ontvang vir die boodskap oor sosiale verantwoordelikheid en is aanbeveel as model vir ander films.[7]

Toekenningswysig

Die film is vertoon tydens die internasionale filmfees in Rotterdam, sowel as die Seattle International Film Festival.[2]Dit het drie pryse gewen, waaronder die kategorie vir beste aktrise, beste akteur en beste draaiboekskrywer op kykNET se Silwerskerm Fees.[8]

Verwysingswysig

  1. "South Africa: Ellen Pakkies Was 'Desperate'". allAfrica. Besoek op 13 Oktober 2020.
  2. 2,0 2,1 Dordley, Lucinda (25 Junie 2018). "Ellen Pakkies movie makes international waves". Cape Town etc. Besoek op 13 Oktober 2020.
  3. Feldman, Peter (7 September 2018). "Ellen: The Ellen Pakkies Story review AddThis Sharing Buttons Share to Facebook Share to TwitterShare to WhatsAppShare to Email". The Citizen. Besoek op 13 Oktober 2020.
  4. "Review: The Story Of Ellen Pakkies". Besoek op 13 Oktober 2020.
  5. Grifin, Giles (2018-10-01). "Film review: The Ellen Pakkies Story".
  6. Spector, JBrooks (27 September 2018). "A cinematic event that deserves wide audiences in South Africa and abroad". Daily Maverick. Besoek op 13 Oktober 2020.
  7. "Movie Review: Ellen – The Ellen Pakkies Story". Spling Movies. Besoek op 13 Oktober 2020.
  8. "'Ellen, The Ellen Pakkies the Story': A tragic tale of the awful cycle of abuse". Independent Online (South Africa). Besoek op 13 Oktober 2020.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media