Elandré
Suid-Afrikaanse musikant
Elandré Schwartz (gebore 28 Augustus 1995 in Despatch, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse musikant. Elandré het as 19-jarige by die Waterfront-teaterskool in Kaapstad studeer[1] en bekendheid verwerf nadat hy ‘n video van sy vertolking van "Tougher than the Rest" van Bruce Springsteen op sosiale media gelaai het. Die video is oornag meer as 100 000 keer gekyk.[1] Na die video se sukses, is hy genooi om op Bok Radio se ontbytprogram te sing en is tydens dié onderhoud deur Select Musiek ‘n platekontrak aangebied.[2]
Elandré | |
---|---|
Geboortenaam | Elandré Schwartz |
Gebore | 28 Augustus 1995 |
Oorsprong | Despatch, Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer |
Jare aktief | 2016 – hede |
Etikette | Select Music, Sony Music Entertainment Africa |
Webwerf | www |
Elandré se debuutalbum, Kleindorpdromer, is op 1 September 2017 vrygestel.[3] Sy tweede album, Boomhuis, is op 19 April 2019 vrygestel. [4] Sy derde album, “Rugsak", is op 25 September 2020 vrygestel.
Diskografie
Ateljeealbums
- 2017: Kleindorpdromer
- 2019: Boomhuis[5]
- 2020: Rugsak
Lewendige opnames
- 2017: Sinkplaat Sessies
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Blackburn, Cyril (14 September 2017). "Luister: Elandré Schwartz: ʼn 'Kleindorpdromer' met ʼn gróót stem". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2019.
- ↑ "Elandre Schwartz se droom word waar!". Pieter Cloete.
- ↑ "Kleindorp - Dromer by Elandré". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019 – via music.apple.com.
- ↑ "Boomhuis by Elandré". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019 – via music.apple.com.
- ↑ Cloete, Pieter (9 Julie 2019). "Twee enkelsnitte vir Elandré op Afrikaanse top-20". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2019. Besoek op 13 Julie 2019.
Bronne
- Elandré Schwartz: ʼn ‘Kleindorpdromer’ met ʼn gróót stem. Maroela Media (14 September 2017). URL besoek op 10 November 2018.
- South African received a record contract after going viral on Facebook. goodthingsguy.com (28 Augustus 2017). URL besoek op 10 November 2018.
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Elandré op Facebook
- Kanaal van Elandré op YouTube
- elandre_official op Instagram
🔥 Top keywords: