El Segundo

El Segundo ("Die Tweede" in Spaans; amptelik City of El Segundo) is 'n stad volgens algemene reg[1] in die distrik Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State, geleë langs die Santa Monica-baai en net suid van Los Angeles se lughawe (LAX). El Segundo is op 18 Januarie 1917 geïnkorporeer en maak administratief deel uit van die South Bay Cities Council of Governments. Die stad se bevolking is in die sensus van 2010 as 16 654 bepaal.

City of El Segundo

KaartSeël
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County Los Angeles
 Koördinate33°55′17″N 118°24′22″W / 33.92139°N 118.40611°W / 33.92139; -118.40611
 Stigting1911
 Geïnkorporeer op18 Januarie 1917
 Oppervlakte: 
 - Totaal14,15 vk km
 Hoogte bo seevlak35 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2010)16 654
 - Bevolkingsdigtheid1193,9/vk km
 TydsonePST (UTC -8)
 SomertydPDT (UTC -7)
 BurgemeesterDrew Boyles
 Amptelike Webwerfelsegundo.org

Die nedersetting het sy ontstaan aan Standard Oil se olieraffinadery te danke wat hier in 1911 gevestig is nadat die onderneming se bestaande raffinadery in Richmond, 600 myl verder noord in die San Franciscobaai-gebied, sy maksimum-kapasiteit bereik het. Dit is tans die grootse olieraffinadery langs die Amerikaanse weskus wat deur Chevron, een van die opvolgers van die oorspronklike Standard Oil, bedryf word.[2]

Sowat 'n kwart van die stad se totale oppervlakte van byna 5,5 vierkante myl - meer as 800 akkers - word deur die raffinadery beslaan wat 'n vyfde van Suid-Kalifornië se petrol asook keroseen (stralerenjinbrandstof) vervaardig. Die keroseen word ondergronds per pyplyn na die lughawe gepomp.[3]

Geskiedeniswysig

Omstreeks 1910 het motorverkope in Kalifornië en elders in die Verenigde State vinnig gegroei en die vraag na petrol sterk laat toeneem. Standard Oil het aan Richard J. Hanna die opdrag gegee om 'n geskikte perseel in die Suid-Kaliforniese afsetgebied te vind wat groot genoeg sou wees vir die oprigting van 'n nuwe raffinadery en stoortenks. Op 11 Junie 1911 het Standard Oil 842 akkers se grond naby enkele sandduine gekoop waar 'n plaaslike boer, Frank Bennett, meloene en limabone verbou het. Hanna is belas met die boubedrywighede vir die nuwe raffinadery en die bestuur daarvan. Volgens oorlewering het Hanna se vrou voorgestel om die plek El Segundo te noem aangesien die nuwe raffinadery Standard Oil se tweede aanleg in Kalifornië sou wees.[4] Sowat 500 muildiere is ingespan om die sandduinterrein te vereffen voordat bouwerk kon begin.

Tegelykertyd is voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van 'n nuwe nedersetting waar raffinadery-werkers gehuisves kon word, met alle benodigde infrastruktuurgeriewe. Die nuutgestigte El Segundo Land and Improvement Company het hiervoor op 1 Julie 1911 1 470 akkers se grond van ene J.S. Vosberg gekoop. Die plaaslike dagblad El Segundo Herald het in sy eerste uitgawe, wat op 12 Oktober in dieselfde jaar verskyn het, na die noodsaaklikheid verwys om die nuwe nedersetting vinnig te bou. Die nuwe nedersetting het langs Ballona-laan (tans El Segundo Boulevard) en Richmond-straat ontstaan. Op dié tydstip was daar reeds 'n vleismark, twee sigaarwinkels, twee haarkappersalonne, drie koshuise, twee restaurante, 'n hotel, 'n loodgietery, twee houtwerkswinkels, 'n bordskildery, 'n kruidenierswinkel en 'n algemene handelswinkel.

Verwysingswysig

  1. Nota: Vir nedersettings in Kalifornië word die terme stad (city) en dorp (town) as sinonieme gebruik. Die munisipale bevoegdhede van nedersettings volgens algemene reg (general-law cities) word deur die deelstaat se Government Code (ook California Codes genoem) bepaal.
  2. Chevron El Segundo Refinery - About the Refinery. Besoek op 18 April 2018
  3. Los Angeles Times, 17 April 2018: Sleepy little El Segundo is suddenly on the radar and fighting to keep its small-town identity. Besoek op 17 April 2018
  4. Debra Brighton: Images of America - El Segundo. Charleston, SC: Arcadia Publishing 2014
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media