Egiptiese Arabies

Egiptiese dialek van Arabies

Egiptiese Arabies is die taal wat die meeste hedendaagse Egiptenare praat. Dit is plaaslik bekend as die Egiptiese omgangstaal of Egiptiese dialek.

Egiptiese Arabies
اللغة المصرية العامية
Gepraat in:Vlag van Egipte Egipte
Totale sprekers:55 miljoen (moedertaal)
32 miljoen (tweede taal)[1]
Taalfamilie:Afro-Asiaties
 Semities
  Wes-Semities
   Arabies
    Egiptiese Arabies 
Skrifstelsel:Arabiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:arz
ISO 639-3:arz 
Verspreiding van Egiptiese Arabies

Geskiedeniswysig

Egiptiese Arabies is ’n variant van Arabies, wat lid is van die Semitiese tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie. Dit het in die Nyldelta van Benede-Egipte ontwikkel rondom die Egiptiese hoofstad, Kaïro. Dit stam af van die gesproke Arabies wat in die 7de eeu na Egipte gebring is met die Moslemse verowering van die land. Die ontwikkeling daarvan is beïnvloed deur die inheemse Kopties van Antieke Egipte,[2][3] en later deur ander tale soos Ottomaanse Turks, Italiaans, Frans en Engels. Die 80 miljoen Egiptenare praat verskeie dialekte, waarvan Kaïrees die belangrikste is. Dit word in al die Arabiessprekende lande verstaan danksy die groot teenwoordigheid van die Egiptiese media.

Hoewel dit hoofsaaklik ’n spreektaal is, word dit ook in geskrewe vorm aangetref in romans, gedigte, advertensies, sommige tydskrifte en die transkripsie van gewilde liedjies. Dit word feitlik uitsluitlik in die Arabiese alfabet geskryf. Soms word die Latynse alfabet gebruik, soos op die internet of in SMS'e.

In die meeste ander media word Standaardarabies gebruik, wat op die Koran geskoei is.

Geografiese verspreidingwysig

Egiptiese Arabies word in Egipte deur 54 miljoen mense as eerste taal gepraat[4] en deur die meeste van die ander 32 miljoen Egiptenare as tweede taal.[5] Verskeie dialekte kom voor, ook in Egiptiese gemeenskappe in die Midde-Ooste, Europa, Noord-Amerika, Australië en Suidoos-Asië. Die Kaïrese dialek is die enigste een wat algemeen in ander Arabiessprekende lande gebruik word[6][7] danksy die gewildheid van Egiptiese rolprente in die streek sedert die vroeë 20ste eeu, asook die groot getal Egiptiese onderwysers en professore wat instrumenteel was in die vestiging van opvoedingstelsels in verskeie lande op die Arabiese Skiereiland en wat daar en in ander lande soos Algerië en Libië klas gegee het.

Statuswysig

Egiptiese Arabies het geen amptelike status nie en word nie amptelik as ’n taal erken nie. Egipte se amptelike taal is Standaardarabies, ’n moderne vorm van die Klassieke Arabies van die Koran. Belangstelling in die plaaslike taal het in die 1800's begin en verskeie dekades lank is kwessies oor die hervorming en modernisering van Arabies bespreek. Voorstelle het gewissel van die ontwikkeling van neologismes tot die vervanging van argaïese terminologie en die vereenvoudiging van sintaktiese en morfologiese reëls.[8]

Vir ’n ruk het Egiptiese Arabies ’n oplewing beleef, maar daar was ’n ommekeer met die opkoms van Arabiese nasionalisme in die jare daarna. Egiptiese Arabies is toe geïdentifiseer as ’n dialek wat nie universeel in Egipte gepraat word nie, met die grootste deel van Bo-Egipte wat die Saïdiese dialek van Arabies praat.

Dit word verder geknou deur die feit dat die Egiptiese media regdeur die Arabiese wêreld uitgesaai en versprei word en dus Standaardarabies gebruik.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Arabic, Egyptian Spoken" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 17 Oktober 2015.
  2. Nishio, Tetsuo. "Word order and word order change of wh-questions in Egyptian Arabic: The Coptic substratum reconsidered". Proceedings of the 2nd International Conference of L'Association Internationale pour la Dialectologie Arabe. Cambridge: Universiteit van Cambridge. 1996, ble. 171-179
  3. Bishai, Wilson B. "Coptic grammatical influence on Egyptian Arabic". Journal of the American Oriental Society. No. 82, ble. 285-289.
  4. Ethnologue.com
  5. "UCLA.edu". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2015. Besoek op 11 September 2014.
  6. Haeri, Niloofar (2003). Sacred Language, Ordinary People: Dilemmas of Culture and Politics in Egypt. Palgrave Macmillan. ISBN 0-312-23897-5.
  7. Jenkins, Siona. Egyptian Arabic Phrasebook. Lonely Planet Publications, 2001. bl. 205
  8. Gershoni, I., J. Jankowski. (1987). Egypt, Islam, and the Arabs. Oxford: Oxford University Press.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakelswysig

Wiki Baike
Sien gerus Wiki Baike se uitgawe in Egiptiese Arabies
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media