Edward Harland



Edward James Harland
Britse ingenieur


Gebore op
15 Mei 1831
in Scarborough, Noord-Yorkshire, Engeland


Oorlede op
24 Desember 1895
in Glenfarne Hall, graafskap Leitrim, Ierland


Bekend as
Medestigter van die redery
Harland & Wolff, Belfast


Laaste rusplek

Belfast City Cemetery

Sir Edward James Harland, 1st Baronet (* 15 Mei 1831, † 24 Desember 1895) was 'n Britse skeepsbouer en politikus. Harland, 'n boorling van Scarborough in Noord-Yorkshire, het sy skoolopleiding by die Edinburg-akademie ontvang. In Desember 1846 het hy op die ouderdom van vyftien sy beroepsopleiding as vakleerling by Robert Stephenson and Company se ingenieursaanleg in Newcastle upon Tyne begin. Vervolgens is hy in Glasgow en daarna weer in Newcastle aangestel voordat hy hom in 1854 in Belfast gevestig het om Robert Hickson se skeepswerf op Queen's Island te bestuur.

Vier jaar later het Harland die werf vir £5000 uitgekoop en die onderneming hernoem na Edward James Harland and Company. Sy eerste skip, die Venetian, kon hy vier jaar later van stapel laat loop. In 1861 het hy 'n sakevennootskap aangegaan met Gustav Wilhelm Wolff, sy vroeëre persoonlike assistent, om die nuwe skeepswerf Harland and Wolff te vorm. Later het William James Pirrie as derde vennoot tot die onderneming toegetree.

Die groeiende vraag na oseaanskepe vir transatlantiese roetes het vir Harland, Wolff en Pirrie 'n venster van geleentheid voorsien. Danksy gereelde bestellings van die redery White Star Line het die werf stabiele groei getoon. Ná Harland se aftrede in 1889 is die werf deur Wolff en Pirrie bestuur.

Buite sy eie onderneming het Harland ook as lid van Belfast se Hawekommissie gedien. In 1885 is Harland tot ridder geslaan en 'n baronetskap toegestaan. Harland was 'n lid van die Konserwatiewe en Unionisteparty en het in Belfast die amp van burgemeester beklee voordat hy as lid van die Britse Parlement vir die kiesafdeling Belfast North na Londen verhuis het waar hy tot sy afsterwe in 1895 woonagtig was.

Hy is op Kersaand 1895 in sy Ierse woning, Glenfarne Hall in die graafskap Leitrim, oorlede. Sy laaste rusplek het Edward Harland op die Belfast City Cemetery gevind.[1]

Verwysingswysig

  1. "Belfast City Council: Belfast City Cemetery - Maritime and Industrial Trail. Besoek op 9 Oktober 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2018. Besoek op 9 Oktober 2017.

Eksterne skakelswysig

Standbeeld buite Belfast City Hall

Scarborough Maritime Heritage Centre

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media