Eduard V van Engeland

Eduard V (4 November 1470 – moontlik 1483) was van 9 April tot 25 Junie 1483 koning van Engeland. Hy was die seun van Eduard IV van die Huis van York en Elizabeth Woodville.

Eduard V
Koning van Engeland

HuisHuis van York
Regeer9 April22 Junie 1483
VoorgangerEduard IV
OpvolgerRichard III
Gebore4 November 1470
OorledeMoontlik 1483
VaderEduard IV
MoederElizabeth Woodville

Hy is gebore in die tyd toe Hendrik VI van die Huis van Lancaster vir ’n kort rukkie terug was op die Engelse troon. Sy ma het in dié tyd in die Westminster-abdy geskuil. Toe sy pa weer koning word, het hy die Prins van Wallis geword.

Ná die skielike dood van sy pa in 1483 het Eduard op 12-jarige leeftyd die troon geërf[1] onder regentskap van sy oom Richard, die Hertog van Gloucester. Hy is twee maande ná sy troonbestyging saam met sy broer, Richard (9), in die Londense Tower opgesluit, vermoedelik deur hulle oom, wat die troon vir homself toegeëien het as Richard III.

Die prinse is nooit weer gesien nie. Hulle is waarskynlik in die Tower vermoor, óf deur Richard óf deur sy opvolger, Hendrik VII.

Saam met Edward VIII, keiserin Matilda en lady Jane Grey is Eduard V een van net vier monarge ná 1066 wat nooit gekroon is nie. As hy, soos waarskynlik is, voor sy vyftiende verjaarsdag dood is, is hy die monarg wat die kortste gelewe het in die geskiedenis van Engeland.

Verwysingswysig

  1. Horrox, Rosemary. "Edward V of England". Oxford Dictionary of National Biography. Oxford University Press. Besoek op 25 Augusts 2013 (intekening nodig)

Skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media