Edna Molewa

Suid-Afrikaanse politikus

Edith Edna Molewa (23 Maart 195722 September 2018) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress.

Edna Molewa
Edna Molewa
Edna Molewa in 2011

Minister van Omgewingsake
Ampstermyn
26 Mei 2014 – 22 September 2018
PresidentJacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deurself
(as Minister van Water en Omgewingsake)
Opgevolg deurNomvula Mokonyane

Minister van Water en Omgewingsake
Ampstermyn
31 Oktober 2010 – 25 Mei 2014
PresidentJacob Zuma
Voorafgegaan deurBuyelwa Sonjica
Opgevolg deurself
(as Minister van Omgewingsake)

Minister van Sosiale Ontwikkeling
Ampstermyn
11 Mei 2009 – 31 Oktober 2010
PresidentJacob Zuma
Voorafgegaan deurZola Skweyiya
Opgevolg deurBathabile Dlamini

2de Premier van Noordwes
Ampstermyn
30 April 2004 – 6 Mei 2009
Voorafgegaan deurPopo Molefe
Opgevolg deurMaureen Modiselle

Persoonlike besonderhede
Gebore(1957-03-23)23 Maart 1957
Warmbad, Transvaal
Sterf22 September 2018 (op 61)
Pretoria, Gauteng
Politieke partyAfrican National Congress
Eggenoot/-noteRichard Molewa (—2017; haar dood)

Molewa is as die Minister van Water en Omgewingsake van Suid-Afrika aangestel op 31 Oktober 2010, as deel van 'n kabinetskommeling deur President Jacob Zuma. Op 25 Mei 2014 is haar departement verdeel en sy is aangestel as die Minister van Omgewingsake. Sy vervang daarmee haar voorganger, Buyelwa Sonjica.[1] Molewa was besig om vir 'n BA in Kommunikasie te studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika.[2]

Sy sterf op 22 September 2018 in die ouderdom van 61 aan legioensiekte ('n tipe longontsteking).[3]

Politieke loopbaanwysig

Edna Molewa was betrokke by Suid-Afrika se bevrydingsbeweging van 1976 tot 1990. Gedurende daardie tyd was sy 'n lid van verskeie aktiviste- en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsorganisasies. Aan die begin van 1984 het sy as voorsitter gedien van die Suid-Afrikaanse Commercial, Catering and Allied Workers Union en uiteindelik word sy adjunkpresident. In 1994 word Molewa die eerste vroulike voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid, en in 1996 begin sy dien as 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Toerisme, Omgewing en Bewaring.[4][5]

Sy was van 1998 tot 2000 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Tussen 2000 en 2004 was Molewa 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Landbou-, Bewaring- en Omgewingsake. Op 30 April 2004 word sy die eerste vrouepremier van die Noordwes Provinsiale Wetgewer, 'n pos wat sy beklee het tot 2009.[6]

Vir 'n kort tyd was Molewa aangestel as die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, maar in 2010 is sy vervang deur Buyelwa Sonjica.[7][8] In Mei 2014 is die departement verdeel en Edna Molewa het die Minister van Omgewingsake geword.

Edna Molewa was die kommunikasiehoof van die ANC Vroueliga en was sedert 2003 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee.

Omgewingskwessieswysig

Sedert sy die Minister van Omgewingsake geword het, het Molewa gepoog om renosters se veiligheid te verbeter deur 'n verskeidenheid bewaringspogings.[9] Onder hierdie pogings is hervestigingsprogramme, teenstroop-inisiatiewe, die verkoop van renosters aan privaatreservate, wetstoepassingsamewerking op alle vlakke, en om te voldoen aan CITES-regulasies.[10]

Molewa se administrasie het die wettiging van internasionale renosterhoringhandel ondersteun, en het renosters van hoë-risiko gebiede na lae-risiko gebiede verskuif, beide nasionaal en internasionaal, asook begin met die verkoop van meer as 200 witrenosters aan privaatkopers.[11][12] Maar beplande verkope van renosters vanuit die Krugerwildtuin na private wildreservate is laat in 2014 gekanselleer nadat daar ontdek is dat sommige van die voornemende kopers die eienaars van onwettige jagondernemings is.[13][14] Een van die beweerde kopers is daarvan beskuldig dat hy saketransaksies doen met Dawie Groenewald wie in hegtenis geneem is in die Verenigde State vir geldwassery en die verkoop van bedrieglike jagpakette en in hegtenis geneem is in 2010 in Suid-Afrika in verband met die onwettige afmaai van renosters.[15][16][17]

Sterwewysig

Molewa het op 22 September 2018 gesterf as 'n gevolg van legioensiekte, waarmee sy besmet is terwyl sy in China was vir 'n staatsbesoek.[3]

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. WASH News Africa:Edna Molewa replaces Buyelwa Sonjica as Water and Environmental Affairs Minister, top officials suspended Geargiveer 16 Julie 2012 op Wayback Machine, 2 November 2010
  2. Department of Environmental Affairs:biographies, 26 Julie 2015
  3. 3,0 3,1 "Oorsaak van Edna Molewa se dood bekend". Maroela Media. 23 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 29 Mei 2020.
  4. People’s Assembly:Ms Edna Molewa Geargiveer 4 Julie 2017 op Wayback Machine, 26 Julie 2015
  5. Who’s Who South Africa:Edna Molewa Geargiveer 26 Mei 2015 op Wayback Machine, 26 Julie 2015
  6. South Africa's new Cabinet ministers. URL besoek op 2015-07-27.
  7. "Statement by President Jacob Zuma on the appointment of the new Cabinet" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 27 Julie 2015.
  8. "Zuma announces cabinet reshuffle" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2015. Besoek op 27 Julie 2015.
  9. "How we plan to deal with rhino poaching crisis – Edna Molewa" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 27 Julie 2015.
  10. "Minister Edna Molewa highlights progress in the war against poaching and plans for 2015" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 27 Julie 2015.
  11. "South African minister backs legalisation of rhino horn trade" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 27 Julie 2015.
  12. Molewa: Rhino poaching on the rise. URL besoek op 2015-07-27.
  13. "Kruger rhino sales canned" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2015. Besoek op 27 Julie 2015.
  14. "Rhino could have been sold to hunters" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 27 Julie 2015.
  15. "Owners of Safari Company Indicted for Illegal Rhino Hunts" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 27 Julie 2015.
  16. "Rhinos sold to canned hunter" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2015. Besoek op 27 Julie 2015.
  17. "US add to 'Groenewald Gang' charge sheet" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 27 Julie 2015.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media