E.T.A. Hoffmann



E. T. A. Hoffmann

Duitse skrywer en komponis


Handtekening


Gebore
24 Januarie 1776
in Koningsberg, Oos-Pruise


Oorlede
25 Junie 1822
in Berlyn


Literêre stroming
Romantiek


Literêre genre
Fantastiese literatuur

Ernst Theodor Amadeus Hoffmann (* 24 Januarie 1776 in Koningsberg as Ernst Theodor Wilhelm Hoffmann; † 25 Junie 1822 in Berlyn) was een van die belangrikste persoonlikhede van die Duitse Romantiese beweging, en alhoewel hy veral as Romantiese skrywer van fantastiese en gruverhale bekendheid verwerf het, het hy van jeug af ook groot belang in musiek en tekenkuns gestel. So het hy hom later naas sy literêre loopbaan en sy verwerwing van 'n akademiese graad in regswetenskappe ook as komponis, kapelmeester, musiekkritikus, tekenaar en spotprenttekenaar bekwaam.

Gedurende sy vroeë loopbaan in die regte het sy eerste musikale komposisies - 'n simfonie en 'n klaviersonata - ontstaan. Weens sy bewondering vir die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart het hy in 1804 sy derde voornaam in Amadeus verander.

Die algemene optimistiese verwagtinge, wat mense aan die begin van die 19de eeu gekoester het, het Hoffmann tot sy eerste stukke geïnspireer wat egter nooit gepubliseer is nie. Ná sy aanstellings by verskillende geregshowe in Posen (tans Poznań), Plock (Płock) en Warskou kon hy net in sy vrye tyd uitdrukking aan sy musikale aanleg gee. In 1808 het hy egter 'n pos as musikale direkteur by die teater in Bamberg, Beiere aanvaar.

Sy betrokkenheid by verskillende Duitse teaters het sy belangstelling in literatuur gewek. In 1815 het Hoffmann sy eerste literêre sukses met die verhaalbundel Fantasiestücke in Callots Manier (insluitende Ritter Glück en Der goldene Topf) behaal. Ook sy latere werke was dikwels verhaalbundels soos sy Nachtstücke (met verhale soos Der Sandmann en Das steinerne Herz) wat in 1817 gepubliseer is, en Die Serapionsbrüder (1821, met Das Fräulein von Scuderi en Zacharias Werner). Sy bekendste literêre werk is die roman Die Elixiere des Teufels (1816).

Met sy dood in 1822 in Berlyn het Hoffmann meer as vyftig romans en verhale, 'n tiental toneelstukke en byna twintig instrumentele werke en sangstukke agtergelaat. Hoffmann se verhale het as basis vir Jacques Offenbach se beroemde opera Die verhale van Hoffmann gedien waarin Hoffmann as (fiksionele) held verskyn. Die Russiese choreograaf Marius Petipa het in 1891 aan Pjotr Iljitsj Tsjaikofski opdrag gegee om 'n ballet te skryf na Hoffmann se verhaal Die neutkraker en die muiskoning. Die werk, wat Tsjaikofski gelewer het, is vandag steeds 'n gunsteling van talle balletliefhebbers.[1] Ook Léo Delibes se komiese ballet Coppélia (1870) baseer op twee van Hoffmann se verhale.

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media