E-tol

e-tol verwys na die elektroniese insamelingsprosesse wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Sanral in werking gestel is om toltariewe van padgebruikers op geselekteerde tolpaaie of verkeerslane te hef, onderhewig aan die Sanral-wet van 1998. Teen 2014 was 19% van Suid-Afrika se nasionale paaie tolpaaie, en Sanral se inkomstebronne bestaan uit tolgeldinkomste en 'n toewysing uit die nasionale fiskus. Aanvanklike kapitaaluitleg vir groot projekte word ook gefinansier deur uitreiking van staatseffekte in die ope mark.[2]

TG001 Barbet op die N1-noord
e-skyfie-tollaan op die N1-suid by die Carousel-tolplaza, noordelike Gauteng
e-skyfie-tollaan op die N2 by George, Wes-Kaap
Suid-Afrika se besigste stede volgens die TomTom-opeenhopingsindeks[1]

Die twee vernaamste insamelingsmetodes is Valboom-elektroniese tolheffings en Opepad-tolheffings (ORT). Die stelsel is ontwerp om die R20 miljard hoofwegopgraderingprogram (GFIP) te finansier wat in 2007 ingevoer is en teen April 2011 grootliks voltooi is.[3] Opepad tolheffings is op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking gestel[4] toe die provinsie sowat 3.5 miljoen geregistreerde voertuie gehad het.[2]

Elektroniese tolheffingswysig

Voertuie word elektronies uitgeken sonder dat enige kontanttransaksies op paaie of hoofweë plaasvind.[2] Voertuig-identifisering geskied by wyse van die aflees van 'n e-etiket of 'n voertuig-lisensieplaat deur sensors of kameras wat op oorhoofse stellasies gemonteer is, en deur rekenaars geinterpreteer word. Electronic Tolling Collection (ETC) is die gekontrakteerde maatskappy wat die stelsel ontwerp en gebou het, en steeds bedryf,[5] en benewens oorsig verleen oor die Transaksie-administrasiehuis (TCH) wat klantrekeninge behartig, en die Oortredings-prosesseringsentrum (VPC) wat prosedures volg teen wanbetalers.[6]

Houers van e-etikette geniet die voordeel van 'n 48%-afslag op tariewe en 'n limiet op rekenings, maar die besit van 'n e-etiket of dagpas bly vrywillig[7] en vereis gevolglik geen wetstoepassing nie.[8][9] Tariewe word na gelang van die inflasiekoers aangepas.[10] Rekeninge word per pos gestuur aan padgebruikers wat nie op die stelsel geregistreer is nie, en teen Mei 2014 het Sanral nog nie oorgegaan tot finale aanmanings jeens padgebruikers wat nie hul rekeninge vereffen het nie.[11]

Valboom-proseswysig

By konvensionele tolplazas, in die verkeerslane wat die e-etiket-merkteken dra, registreer en verifieer oorhoofse toerusting die besonderhede van 'n e-etiket in 'n stadigbewegende voertuig, en 'n bedrag word outomaties van die padgebruiker se tolrekening afgetrek, waarna die valboom oplig, of lig groen word, en die padgebruiker kan deurry.[2]

Opepad-proseswysig

Die stelsel vir multi-verkeerslaan en vryvloeiende verkeer werk sonder die aandoen by enige tolstasie. Kameras en ander sensors wat aan oorhoofse stellasies gemonteer is, registreer die e-etiket en fotografeer die lisensienommerplaat, en 'n bedrag word van die geregistreerde e-etikethouer se rekening afgetrek. Ter stawing word elke voertuig van bo gefotografeer vir lengte-klassifikasie, met bykomende fotos van die voor- en agterlisensieplate.[2] Die 43 oorhoofse stellasies staan op sowat 10 km intervalle van mekaar oor die N1, N3, N12 en R21 hoofweë.[6]

Die snelweë wat aan e-tol onderhewig is, sluit in die hele Johannesburg-ringpad (N1 Westelike Verbypad; N3 Oos-verbypad; N12 Suidelike Verbypad), die hele snelweggedeelte van die R21 (Pretoria na Boksburg-Noord), die Danie Joubert-deurpad (die N1) vanaf die Proefplaas-wisselaar oos van Pretoria SSK na die Brakfontein-wisselaar in Centurion, die N1-gedeelte van die Ben Schoeman-hoofweg (Brakfontein-wisselaar in Centurion na Buccleuch-wisselaar in Sandton), die N12-gedeelte van die Gillooly's-wisselaar in Bedfordview tot by die R51 Daveyton-wisselaar en die N3-gedeelte vanaf die Elands-wisselaar in Germiston tot by die R554 Heidelbergweg-wisselaar in Alberton.

Verbruikerteenstand en impakwysig

Wye kritiek is teen die stelsel uitgespreek.[6][12][13][14] 'n Publieke koalisie genaamd Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) het inisiatiewe van stapel gestuur om die implementering van die e-tolstelsel af te weer, en sekere vakunies, regsfirmas en kerke het hul by die afkeurende stemme geskaar.[6] Outa was van mening dat die stelsel onregmatig is, en het die hooggeregshof in 2012 genader, wat egter uitslag gelewer het dat die GFIP volgens wetsvereistes geïmplementeer is.[15] In 2014 het Outa die Rule of Law- veldtog begin, en die voorneme gegee om die wettigheid van eerste stappe teen wanbetalers in die hof te betwis. In 2014 het die Gautengpremier David Makhura ook 'n paneel saamgestel om die sosio-ekonomiese impak van die e-tolstelsel te hersien,[15][16][12][17][18] maar sonder enige voorneme om die GFIP self onder die loep te neem.[13] In die eerste ses maande het agterstallige betalings van ongeregistreerde padgebruikers reeds R1 miljard beloop,[12] en die Gautengregering het die ontevredenheid van motoriste te kenne gegee.[19] Die Gautengse uitvoerende raadslid vir vervoer, Ismail Vadi, het egter aangedui dat die e-tolstelsel in die provinsie in gebruik sal bly, alhoewel 'n provinsiale brandstofheffing, provinsiale belasting of skadutol oorweeg mag word vir toekomstige opgraderingsprojekte.[13]

Verwysingswysig

  1. "TomTom Traffic Index". tomtom.com (in Wallies). TomTom International BV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2019. Besoek op 2 Maart 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "Background to e-toll". sanral.co.za. Sanral. Besoek op 22 Augustus 2014.[dooie skakel]
  3. "FAQs on the Gauteng eTolls". aa.co.za (in Engels). AA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2016. Besoek op 22 Augustus 2014.
  4. "E-tolls going live in Gauteng". fin24.com. 20 November 2013. Besoek op 22 Augustus 2014.
  5. Samuels, Simone (22 Augustus 2014). "Gantry alarm fixed but residents want answers" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 23 Augustus 2014.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 Healing, Janice (2 Desember 2013). "Gauteng's e-tolls & you". ewn.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2017. Besoek op 24 Augustus 2014.
  7. Samuels, Simone (20 Mei 2014). "Sanral: Police are not targeting e-tag free motorists" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 24 Augustus 2014.
  8. Samuels, Simone (30 Junie 2014). "Sanral denies e-toll roadblocks" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 24 Augustus 2014.
  9. van Wyk, Pauli, Piet Matipa (3 Junie 2014). "Motoriste ontsteld oor Sanral-'boelietaktiek'". netwerk24.com. Netwerk24. Besoek op 3 Oktober 2014.{{cite news}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)[dooie skakel]
  10. Samuels, Simone (12 Mei 2014). "E-tolls unaffected by toll tariff hike" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 23 Augustus 2014.
  11. Samuels, Simone (9 Mei 2014). "Sanral denies proceeding with final demands, summonses" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 24 Augustus 2014.
  12. 12,0 12,1 12,2 Samuels, Simone (29 Julie 2014). "E-toll defaulters' bills exceed R1 billion" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 26 Augustus 2014.
  13. 13,0 13,1 13,2 Samuels, Simone (16 Junie 2014). "E-tolling could be scrapped" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2015. Besoek op 26 Augustus 2014.
  14. Samuels, Simone (28 Julie 2014). "Cosatu's e-toll fight heats up" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 26 Augustus 2014.
  15. 15,0 15,1 Samuels, Simone (11 Julie 2014). "Outa launches new anti-e-toll campaign" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 26 Augustus 2014.
  16. Samuels, Simone (4 Julie 2014). "E-tolls charges will continue despite plans to review the system" (in Engels). sandtonchronicle.co.za. Sandton Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 26 Augustus 2014.
  17. Nel, Jody (27 Augustus 2014). "Weg met e-tol 'anders regeer opposisie saam met ANC'". beeld.com. Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2014. Besoek op 27 Augustus 2014.
  18. "E-tolls panel begins consultations" (in Engels). iol.co.za. Sapa. 26 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 28 Augustus 2014.
  19. "Gauteng motorists rate e-toll service". fin24.com. Sapa. 30 September 2014. Besoek op 2 Oktober 2014.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media