Durban Internasionale Lughawe

Nota: Hierdie lughawe word nie meer kommersieel gebruik nie. Vir Durban se huidige lughawe, sien Koning Shaka Internasionale Lughawe.

Durban Internasionale Lughawe (voorheen bekend as Louis Botha-lughawe) was die internasionale lughawe van Durban van 1951 tot 2010, toe dit vervang is deur Koning Shaka Internasionale Lughawe, 60 km na die noorde. Die lughawe huisves tydelik die Lugmagbasis Durban.

Durban Internasionale Lughawe
IATA: DURICAO: FADN
Opsomming
Tipe lughaweMilitêr (tydelik)
OperateurSuid-Afrikaanse Lugmag
LiggingDurban, Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak29 vt / 9 m
Koördinate29°58′07″S 030°56′52″O / 29.96861°S 30.94778°O / -29.96861; 30.94778Koördinate: 29°58′07″S 030°56′52″O / 29.96861°S 30.94778°O / -29.96861; 30.94778
Landkaart
FADN is in Durban
FADN
FADN
Ligging in die Durban metropool
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
vtm
06/248 0002 439Geplavei
Statistieke (1951-2010)
Passasiers254 904 740

Geskiedeniswysig

Die lughawe is in 1951 geopen toe dit die Stamford Hill-vliegveld vervang het.[1] Die oorspronklike naam van die lughawe was Louis Botha Internasionaal, vernoem na die Suid-Afrikaanse eerste minister. Die lughawe het hierdie naam behou tot 1994, toe die politieke veranderinge wat in daardie jaar in Suid-Afrika gekom het, gelei het tot die verandering van die naam na die Durban Internasionale Lughawe. Terwyl die lughawe die plaaslike mark goed bedien het, het die lughawe gebuk gegaan onder die lae internasionale passasiersgetalle en 'n aanloopbaan wat te kort was vir 'n volgelaaide Boeing 747 om op te styg. Weens die kort aanloopbaan en die middelpunt-beleid wat in die negentigerjare aangeneem is (ten gunste van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg), het Durban byna al sy internasionale lugverkeer verloor.

Planne om die lughawe na La Mercy, ongeveer 60 km noord van Durban Internasionale Lughawe te verskuif, is tussen die 1970's en 2007 verskeie kere voorgestel en uitgestel voordat die bou van die Koning Shaka Internasionale Lughawe in September 2007 begin het. Die konstruksie van die nuwe lughawe is in 2010 voltooi, met die Durban Internasionale Lughawe wat sy finale vlug op 30 April 2010 hanteer het. Alle vlugte is in een enkele skuif oornag na die King Shaka Internasionale Lughawe oorgeplaas.

Die lughawe is deur die Suid-Afrikaanse Lugmag en die Polisie se Lugvleuel gebruik gedurende die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 voor dit uit gebruik gestel is.

Verwysingswysig

  1. "The History of Aviation in Durban". Facts about Durban. Besoek op 30 April 2010.

 

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media