Duitse Rugbybond

Die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband, afgekort “DRV”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Duitsland beheer. Die beheerliggaam is in 1900 gestig en in Hannover gesetel. Sedert 1988 verteenwoordig dit Duitsland by Wêreldrugby en ook by Rugby Europa (“RE”).

Duitse Rugbybond
Kenteken van die Duitse Rugbybond
Kenteken van die Duitse Rugbybond
Duitse naamDeutscher Rugby-Verband
AfkortingDRV
LandVlag van Duitsland Duitsland
SportsoorteRugby, Sewesrugby
Gestig op4 November 1900
Gestig inKassel, Duitsland
Lid vanWêreldrugby
Aangesluit in1988
Vastelandse beheerliggaamRugby Europa
PresidentMichael Schnellbach
Hoof- uitvoerende beampteManuel Wilhelm
SetelHeidelberg, Duitsland
Amptelike taalDuits
Amptelike webwerfrugbydeutschland.org

Geskiedeniswysig

Die Duitse Rugbybond is op 4 November 1900 in Kassel gestig en ná die Tweede Wêreldoorlog op 14 Mei 1950 herstig. In 1988 het die DRV by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) aangesluit.[1] Daarbenewens was die DRV in 1934 ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa).[2]

Taakwysig

Die Duitse Rugbybond organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Duitsland se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die swart arende), vroue en jeug. Die Duitse Rugbybond hou ook toesig oor sewesrugby in Duitsland en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Duitse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die DRV ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Duitsland. Kinders en jongmense word aan rugby bekend gestel veral deur klubs, skoolsportorganisasies en plaaslike beheerliggame, wat in die Duitse Rugbyjeug saamgevat is. Net soos ander rugbylande beskik Duitsland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Europese en Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3]

Die DRV bestaan uit 13 plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’n deelstaat verteenwoordig. Slegs die deelstate Mecklenburg-Voorpommere, Saarland en Sakse-Anhalt beskik oor geen eie plaaslike beheerliggaam nie. Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Rugby-Bundesliga wat in 1971 gestig is en waaraan 16 spanne deelneem. Daaronder word die Tweede Bundesliga tussen 18 spanne in drie plaaslike groepe en in die 13 plaaslike beheerliggame se ligas beslis. Die meeste spelers van die Duitse nasionale span is uit dié liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in Frankryk aktief.

Kentekenwysig

Die Duitse Rugbybond se kenteken toon die woord rugby met die belettering Deutscher Rugby Verband in Duits onder die nasionale kleure swart-rooi-goud, met die afkorting DRV links aan in ’n gestileerde rugbybal. Die nasionale span se bynaam is “swart arende” (Schwarze Adler), ontleen aan die wapendier van die land, die Bondsarend.

Bestuurwysig

Die Duitse Rugbybond se plaaslike beheerliggame in blou
Plaaslike beheerliggaamDeelstaat
Rugby-Verband Baden-WürttembergBaden-Württemberg
Rugby-Verband BayernBeiere
Berliner Rugby-VerbandBerlyn
Rugby-Verband BrandenburgBrandenburg
Rugby-Verband BremenBremen
Niedersächsischer Rugby-VerbandNedersakse
Hamburger Rugby-VerbandHamburg
Hessischer Rugby-VerbandHesse
Rugby-Verband Rheinland-PfalzRynland-Palts
Rugby-Verband Nordrhein-WestfalenNoordryn-Wesfale
Rugby-Verband SachsenSakse
Rugby-Verband Schleswig-HolsteinSleeswyk-Holstein
Rugby-Verband ThüringenThüringen

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Germany". Wêreldrugby. Besoek op 28 Maart 2024.
  2. (en) "About us". Rugby Europa. 2020. Besoek op 28 Maart 2024.
  3. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 28 Maart 2024.

Bronnewysig

  • (de) Claus-Peter Bach (2000). 100 Jahre Deutscher Rugby-Verband. Gehrden: Schroeder-Druck & Verlag GbR. p. 182.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media