Drikus Buys

Ds. Gert Hendrikus (Drikus) Buys (29 Januarie 19314 Maart 2006) was tussen 1958 en sy emeritering in 1993 predikant in vyf gemeentes van die Gereformeerde Kerk, waarvan die laaste nagenoeg 18 jaar in Krokodilrivier.

Ds. Drikus Buys
Ds. Drikus Buys
Ds. Drikus Buys

NaamGert Hendrikus Buys
Geboorte29 Januarie 1931
Sterfte4 Maart 2006 (op 75)
KerkverbandGereformeerd
Gemeente(s)Lusaka (1958–'60)
Uitschot (1960–'65
Delmas (1965–'70)
Lydenburg (1970–'75)
Krokodilrivier (1975–'93)
Jare aktief1958–1993
KweekskoolPotchefstroom

Lusakawysig

Ds. Buys se klas vierdejaarstudente aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1957. Voor: A.J du Plessis, F.J. Labuschagne, J.J. Venter, J.H. Coetzeee, J.V.V. du Plessis. Agter: A.Z. Pelser, G. du Plessis, A. van der Walt, G.H. Buys, P.J. Steyn, W.J. Maritz, J.T.C. Snyman.
Professore en studente aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1955. Agter: P.B. de Klerk, G.H. Buys, onbekend, A.Z. Pelser, G. du Plessis, P.J. Steyn, onbekend, onbekend, onbekend, A. Van der Walt, onbekend, Gert Bester, drie onebekend, H.A. Van Dalsen, onbekend. Middel: Onbekend, Abraham Coetsee, J.T.C. Snyman, J.H. Coetzee, J.A.H. van der Vinne, F.J. Labuschagne, J.J. Venter, J. van V. du Plessis, A.J. du Plessis, onbekend, Koos van Rooy, onbekend, A.J.R. Vermeulen, vier onbekend, L.H. Stavast. Voor: W.J.J. du Plessis, Willie Maritz, P.J. Pelser, J. Visser, P.C. Snyman, L.S. van der Vyver, proff. Sarel van der Walt, Willem Snyman, Stephanus du Toit, S.J. du Plessis, P.J.S. de Klerk, J.L.J. Snyman, F.N. Lion-Cachet, F.R.P. de Bruyn, A.S.L. Minnaar, T. Steyn.

Nadat hy sy studie aan die Teologiese Skool Potchefstroom voltooi het, is hy in 1958 as predikant van die Gereformeerde kerk Lusaka bevestig. Hy het die beroep reeds aan die einde van die vorige jaar ontvang terwyl hy besig was om sy studie aan die TSP klaar te voltooi. Hy is terselfdertyd na Keetmanshoop en Dordrecht beroep, wat tot ’n worsteling gelei het, maar soos hy self in 1963 sou skryf met Lusaka se halfeeufeesviering: "Van die roepstem van die gemeente vêr in die noorde, in die land van Rhodes kom ek net nie los nie. My ouers kry saam met my swaar. Hulle gedagtes gaan terug na die na die droewe oomblikke toe hulle moes afskeid neem van my oudste broer (Louis Johannes) en sy vrou by hulle vertrek in 1949 na die gemeentes in Kenia. Hulle ken die dae van verlange en droefheid. Nog altyd bring dit smart in die hart as ons dink aan haar graf daar vêr in die kerkhof van Eldoret. Die roepstem na Lusaka druk egter swaar op my gemoed en ek volg dit op."

Die kerkrade van Skeurvallei en Edloret in 1958 afgeneem saam met die Klassis van Trans-Limpopo. In die middelste ry sit: (van links) oudl. G.B. Enslin van Skeurvallei, ds. J.J. Venter van Koperstreek (vroeër genoem Nkana), ds. W.J. Maritz (Salisbury), ds. A.L. Aucamp (Burgersdorp), ds. H.J. Kruger (Bulawayo), ds. G.H. Buys (Lusaka), oudl. C.J. Roets van Eldoret en G. Botha (Skeurvallei).

Sy ouers en ’n oom en tante het hom op die lang pad na die noorde vergesel. In Rhodesië het hulle eers op Umtali in die ooste en toe die hoofstad, Salisbury aangedoen. Die wêreld was vir hom nie heeltemal onbekend nie, want in 1956 het hy sy prakties by dr. Dion Kempff in Salisbury se Gereformeerde kerk gedoen. In Lusaka is hy in die Laertreksaal ontvang waar ds. Hennie Kruger van Gwelo as seremoniemeester opgetree het. Die Saterdagmiddag het ds. P.W. Buys van Potchefstroom die bevestiging waargeneem met Rom. 15:22–23 as teks. Die Sondagoggend het die gemeente Nagmaal gevier en die Sondagmiddag het ds. Buys sy intreepreek gelewer.

Van die herinneringe wat ds. Buys bygebly het, was die keer toe hy "Dopper" (’n Volkswagen) anderkant Mazabuka omgegooi het. "My helderblou oë was net so groot soos die twee agterwiele van die motor. Ek het byna gedink Lusaka is vakant." Op ’n ander keer het ’n verkeerskonstabel hom voorgekeer omdat hy vinnig in die dorp gery het. "Ek het so groot geskrik en vreeslik gehakkel dat die konstabel tot vandag toe nie weet wie hy voorgekeer het nie." In Lusaka het ds. Buys vir die eerste keer vliegtuig gery toe hy Nairobi toe gevlieg het vir konsulentswerk in Kenia. "Ek was egter meer bekommerd oor die vliegtuigrit as oor die konsulentswerk," sou hy later skryf. In sy eerste gemeente was hy nog ongetroud, maar sy verlof was te kortom ’n lewensmaat in die Unie te gaan soek. "Ek het pas kennis gemaak met die 'skoonouers', dan moes ek weer terug Lusaka toe."

Vier laaste gemeenteswysig

In 1958 het ds. Buys die beroep na Uitschot aangeneem as die gemeente se eerste inwonende predikant, maar net vertoef tot 1960. In daardie jaar het hy die nabetragtingserediens met die 25-jarige bestaan van die gemeente gelei na aanleiding van Openb. 2:1–7, met as teksvers vers 4. Vanaf Uitschot het hy in 1960 na Delmas vertrek en tot 1970 daar gebly, toe hy ’n beroep na Lydenburg aanneem, op 11 Januarie 1970 daar bevestig is, en weer vyf jaar bly. Sy laaste gemeente, en die een waarin hy verreweg die langste sou bly, was Krokodilrivier van 1975 tot hy sy emeritaat in 1993 aanvaar het nadat hy 35 jaar lank predikant was, waarvan sowat 18 jaar in Krokodilrivier.

Waarderingwysig

Ds. Vasie de Kock skryf in ds. Buys se lewensberig in die Almanak van 2007: "Vir Betsie, wat sedert Uitschot aan sy sy was, was hy so lief, so opofferend. Vir sy kinders was hy die sorger en die wegaanduider. Hy het hulle lief gemaak vir die geskrewe woord en om die lewe te verstaan. So moes Gerrit (die oudste seun) 'n paar keer aan die ontvangkant staan. Hy was pas terug van 'n vergadering waar hy en 'n ander steun aan die stry was, en oom Driek pas tuis na huisbesoek, terwyl hy die Bybel vat om voor te gaan. Gerrit laat ongeduldig hoor: 'Lees tog nou net, en kry klaar!'" Oom Drikus laat hoor: 'Betsie, ons lees om te stry teen die duiwel, en hier sit hy by ons aan tafel!' Lag met 'n traan."

Ds. De Kock skryf dit was ’n vreugde om ds. Buys van nader te ken: "Om sy insigte en vergesigte te deel. Om saam met hom dit wat saak maak en stukkend maak, oop te breek met die heerlike wete: God is in beheer. Hy hou self sy kerk in stand. Oom Drikus: iemand wat uit sy diepe omgang met God kon troos en bemoedig en jou oog vir Hom oopmaak. 'n Begenadigde mens om die rykdom van genade te kon lééf. Van sy menswees het lidmate uit verskeie gemeentes waar hy bedienaar was, kom getuig by die begrafnis. Hoe heerlik vol aan betekenis, die woorde uit die mond van ouderling Peet Rheeders van Krokodilrivier: 'Ons is armer aan jou naby-wees, maar so ryk aan jou gedagtenis in voorbeeld en in woord.'"

Bronnewysig

  • (af) De Kock, ds. Vasie in Vogel, ds. W. et al. 2006. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 20074. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Gedenkskrif by die halfeeufeesviering van die Gereformeerde kerk Lusaka, 6–8 September 1963. Lusaka: Die kerkraad.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media