Drakenstein-gevangenis

Die Drakenstein-gevangenis, vroeër die Victor Verster-gevangenis, is 'n tronk tussen Paarl en Franschhoek, op die R301-pad 5 km vanaf die R45 Huguenot-pad, in die vallei van die Dwarsrivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Die tronk is veral bekend omdat Nelson Mandela die laaste deel van sy gevangenskap hier deurgebring het.

Drakenstein-gevangenis
Die ingang na die Drakenstein-gevangenis.
Die ingang na die Drakenstein-gevangenis.
Ligging
Stad/dorp Tussen die Paarl en Franschhoek
Staat/provinsie Wes-Kaap
LandSuid-Afrika
Geskiedenis
Voormalige naam Victor Verster-gevangenis
Inligting
Sekuriteitsklas Minimum sekuriteit
Bestuur deur SA Departement van Korrektiewe Dienste
Die Drakenstein-gevangenis.

In 1982 word Mandela vanaf die maksimum-sekuriteitsgevangenis op Robbeneiland, 'n eilandjie in Tafelbaai, na Pollsmoor-gevangenis in Tokai, Kaapstad verskuif. Hy word op 9 Desember 1988 na Victor Verster oorgeplaas, waar hy in 'n privaathuis in die kompleks gewoon het. Victor Verster is 'n plaasgevangenis wat dikwels as oorbrugging gebruik is voordat lae risiko-gevangenes vrygelaat is. Mandela dien 14 maande hier uit tot sy vrylating op 11 Februarie 1990. Die dag van sy vrylating het verslaggewers van oor die wêreld heen die gevangenis omring, wat die tronk wêreldwyd bekend gemaak het.[1]

Die huis waar Mandela woonagtig was is as 'n nasionale erfenis verklaar en 'n standbeeld van Mandela is voor die gevangenis opgerig.[2]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Mandela, Nelson (1994). Long Walk to Freedom: Die outobiografie van Nelson Mandela. Randburg: Macdonald Purnell. ISBN 0316874965.
  2. "9/2/069/0166 - Victor Verster prison "Madiba House", farm Watervleit" (in Engels). Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2013. Besoek op 16 September 2013.

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 33°50′37.07″S 19°0′57.98″O / 33.8436306°S 19.0161056°O / -33.8436306; 19.0161056

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media