Drakenstein

Die streek Drakenstein in die Boland is die vallei van die boloop van die Bergrivier sowel as die vallei van sy sytak die Dwarsrivier.

Liggingwysig

Aan die noordekant strek dit tot by die Paarl. Aan die oostekant word dit deur die Klein-Drakensteinberge, aan die suide deur die Groot-Drakensteinberge en aan die westekant deur die Simonsberg begrens. Die Helshoogtepas en Banghoek is die suidelikste punt. Paarl en Franschhoek is die grootste dorpe. Kleiner dorpe is Kylemore, Johannesdal, Pniel, Languedoc, Simondium, Groendal en Val de Vie. Twee groot opgaardamme is in die gebied, naamlik die Bergrivierdam en die Wemmershoekdam. Bridge House School en die Drakenstein-gevangenis is op die oewer van die Bergrivier. Metterjare het die suidelike deel van die area in die rigting van Franschhoek en Stellenbosch bekend geword as Groot-Drakenstein en die deel naby die Paarl aan die voet van die Du Toitskloof as Klein-Drakenstein.

Ekonomiewysig

Die ekonomie van die streek berus op toerisme en boerdery. Afgesien van druiwe lewer die plase ook pere, pruime, perskes en appelkose. Dit is die bakermat van die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf. Vanaf 1886 word vrugte na Europa uitgevoer. Deur die bemoeienis van onder andere Cecil John Rhodes, Leander Starr Jameson, Abe Bailey en Henry Ernest Pickstone is Rhodes Fruit Farms (RFF) gestig en het verskeie van die historiese plase onder die firma se beheer gekom.

Geskiedeniswysig

Huis Drakensteyn

Simon van der Stel het die streek vernoem na kommissaris-generaal Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein wat die Kaap in 1687 besoek het op sy reis na Nederlands-Indië. Hy was die broer van Gerard van Reede wat die eienaar van die landhuis Drakensteyn was. Vandag is dit die eiendom van prinses Beatrix, die vroeër koningin van Nederland. In Oktober 1687 het Van der Stel in die streek Drakenstein ‘n 29 plase beskikbaar gestel vir boerdery. Teenswoordig het nog verskeie hul oorspronklike name, soos byvoorbeeld Boschendal, Rhône, Bien Donné, Lekkerwyn, La Motte, Bellingham, Languedoc, Delta, La Provence en Bethlehem (Kylemore).

Lees ookwysig

Bibliografiewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media