Doodstraf

Die term doodstraf verwys na die wettige teregstelling van 'n mens as die swaarste straf vir 'n misdaad. Verskeie lande, soos die Verenigde State van Amerika, pas nog die doodstraf toe. Die meeste lande het egter die doodstraf afgeskaf of vir jare geen teregstellings uitgevoer nie. Vir duisende jare is teregstellings as die straf vir die swaarste misdade toegepas. Met die begin van die humanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien. Tot vandag is die status daarvan in terme van menseregte nog nie uitgeklaar nie. Die eerste land wat die doodstraf afgeskaf het, was die Groothertogdom Toskana in 1786.

   Handhaaf die doodstraf in beide die wet en praktyk (53 lande)

   In die praktyk afgeskaf (geen teregstellings in meer as tien jaar en onder 'n moratorium nie, 24 lande)

   In die wet afgeskaf, behalwe onder buitengewone omstandighede soos tydens oorlog (sewe lande)

   Volledig afgeskaf (111 lande)

Geskiedeniswysig

Uitvoering deur ophang in 'n galg (1946).

Die doodstraf bestaan al vir duisende jare. Historiese bronne dui aan dat hierdie soort straf reeds deel van die regstelsel was in die tyd toe mense nog in stamme gewoon het. Oor die algemeen kon 'n misdaad in daardie tyd gestraf word deur die oortreder die slagoffer te laat vergoed, lyfstraf, verbanning of teregstelling. Dit is egter redelik waarskynlik dat omdat gemeenskappe destyds baie klein was, daar min misdade binne die gemeenskap gepleeg is en daar ook 'n groot mate van onwilligheid was om 'n lid van die gemeenskap te verban of dood te maak. Dit was egter nie van toepassing op misdade wat deur mense buite hul eie gemeenskap gepleeg is nie. Selfs relatief geringe misdade, soos diefstal deur iemand van buite hul eie gemeenskap, is as 'n aanval op die hele gemeenskap beskou en is soms swaar gestraf. Misdade wat deur iemand van 'n naburige stam gepleeg is, kon lei tot vetes wat vir geslagte geduur het, maar is ook dikwels met amptelike verskonings en vergoeding hanteer. Hierdie vergoeding kon wesenlik wees (bv. betaal vir die skade met vee of slawe), die uitruil van bruide of bruidegoms, maar daar kon ook besluit word dat terugbetalings met bloed gedoen moes word. Soms is dierebloed aanvaar, wat mensebloed kon vervang, maar soms is iemand uit die oortreder se stam ook vir teregstelling aangebied. Dit hoef nie noodwendig die oortreder self te gewees het nie: die konflik was tussen twee gemeenskappe en nie tussen individue nie.

Later het stamme geleidelik in nasies verenig. Deur nabygeleë lande en stamme te verower, het bevolkings ook vermeng. ’n Hoërklas het ontwikkel op grond van godsdiens, rykdom of mag en minder op grond van die stam waaruit ’n persoon oorspronklik gekom het. Dit het gelei tot 'n toenemende behoefte om 'n eenvormige regstelsel in te stel, waarin verhoudinge tussen sosiale klasse formeel gevestig is.

Een van die oudste en bekendste regstelsels is die Kode van Hammurabi. Strawwe is in hierdie kode ingesluit vir verskeie misdade, waarvan die erns van die sosiale klas van die oortreder en dié van die slagoffer afgehang het. Die Kode van Hammurabi het die doodstraf ingesluit vir die vals beskuldiging van iemand van moord, owerspel en die verkragting van 'n maagd.

Die Joodse Torah (wat glo van ongeveer 750 v.C. dateer) het voorsiening gemaak vir die doodstraf vir moord, ontvoering, toorkuns, sabbatsverbreking, godslastering en 'n wye verskeidenheid seksmisdade. Vandag word geglo dat teregstellings in Israel en Juda skaars was omdat die bewyslas moeilik was.

In Antieke Griekeland is die eerste wet omstreeks 621 v.C. deur Draco geskryf. Die doodstraf is vir 'n groot aantal misdade gebruik en die uitdrukking drakoniese maatreëls kom hieruit.

In Europa gedurende die Middeleeue en daarna was die doodstraf 'n algemene straf vir 'n wye verskeidenheid misdade. Byvoorbeeld was in Brittanje in die 18de eeu nie minder as 222 misdade met die dood strafbaar nie, insluitend die ongemagtigde afkap van 'n boom of die steel van 'n dier. Gedurende hierdie tydperk is die doodstraf dikwels in ballingskap na een van die nuwe kolonies verander.

Liechtenstein was die eerste land ter wêreld wat die doodstraf in 1798 afgeskaf het. 'n Toenemende aantal lande het sedertdien die doodstraf heeltemal afgeskaf of nie meer toegepas nie. Die afskaffing van die doodstraf is een van die voorwaardes verbonde aan lidmaatskap van die Europese Unie.

State sonder doodstrafwysig

Hierdie 111 lande en gebiede het die doodstraf afgeskaf (siviel/militêr):

 Albanië2007
 Argentinië2009
 Andorra1990
 Angola1992
 Armenië2003
 Australië1985
 Azerbeidjan1998
 België1996
 Benin2016
 Bhoetan2004
 Bolivië2009
 Bosnië en Herzegowina2019
 Bulgarye1998
 Burundi2009
 Colombia1910
 Costa Rica1877
 Denemarke1978
 Djiboeti1995
 Dominikaanse Republiek1966
 Duitsland1949 (Wes)1987 (Oos)
 Ecuador1906
 Ekwatoriaal-Guinee2022
 Estland1998
 Fidji2015
 Filippyne2006
 Finland1972
 Frankryk1981
 Gaboen2010
 Georgië2006
 Griekeland2004
 Guinee2017
 Guinee-Bissau1993
 Haïti1987
 Honduras1956
 Republiek Ierland1990
 Italië1948/1994
 Ivoorkus2000
 Kaap Verde1981
 Kambodja1989
 Kanada1976/1998
 Kasakstan2021
 Kirgisië2007
 Kiribati1979
 Kongo2015
 Kroasië1990
 Letland2012
 Liberië2005
 Liechtenstein1987
 Litaue1998
 Luxemburg1979
 Madagaskar2014
 Malta2000
 Marshalleilande1986
 Mauritius1995
 Meksiko2005
 Gefedereerde State van Mikronesië1986
 Moldowa2005
 Monaco1962
 Mongolië2012
 Montenegro1995
 Mosambiek1990
 Namibië1990
 Nauru2016
 Nederland1982
 Nepal1997
 Nicaragua1979
 Nieu-Seeland1989
 Niue2004
 Noord-Masedonië1991
 Noorweë1979
 Oekraïne2000
 Oesbekistan2008
 Oostenryk1950/1968
 Oos-Timor1999
 Palau1994
 Panama1903
 Papoea-Nieu-Guinee2022
 Paraguay1992
 Pole1997
 Portugal1976 (1867)
 Roemenië1990
 Rwanda2007
 Salomonseilande1978
 Samoa2004
 San Marino1865
 São Tomé en Príncipe1990
 Senegal2004
 Sentraal-Afrikaanse Republiek2022
 Serwië1995
 Seychelle1993
 Sierra Leone2021
 Siprus2002
 Slowakye1990
 Slowenië1989
 Spanje1995
 Suid-Afrika1997
 Suriname2015
 Swede1972
 Switserland1942/1992
 Togo2009
 Tsjad2020
 Tsjeggië1990
 Turkmenistan1999
 Turkye2006
 Tuvalu1978
 Uruguay1907
 Vanuatu1980
 Vatikaanstad1969
 Venezuela1863
 Verenigde Koninkryk1969
 Ysland1944
 Zambië2022

In hierdie sewe lande is die doodstraf in die siviele reg afgeskaf (maar die doodstraf bestaan in die militêre reg):

 Brasilië1979 (1891[1])
 Burkina Faso2018
 Chili2001
 Cookeilanden.v.t.
 El Salvador1983
 Guatemala2017
 Israel1954
 Peru1979

Verwysingswysig

  1. (en) "Presidência da República Casa Civil Subchefia para Assuntos Jurídicos". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2013. Besoek op 27 Augustus 2021.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media