Dinamiet

Dinamiet is 'n plofstof wat saamgestel word deur die hoogs plofbare nitrogliserien te meng met diatoomaarde (Kieselguhr) as absorbant. Dit is in 1866 deur die Sweedse chemikus en ingenieur Alfred Nobel uitgevind en in 1867 gepantenteer. Dit word gewoonlik in die vorm van kerse verskaf wat ongeveer 20 cm lank en 2.5 cm in deursnee is (ander groottes is egter ook beskikbaar).

Sommige van die nitrogliserien dinamiet wat weggesteek is deur vlugteling Eric Rudolph en verhaal deur die FBI en ander owerhede in April 2005.
Fordyn dinamiet, 75x500mm 3100g met 'n nonel slagdoppie in die veld.

Etimologiewysig

Die woord dinamiet is gegrond op ’n samestelling van die Griekse woord δυναμις (dunamis), wat krag beteken en die Griekse agtervoegsel -ιτης (-itēs).

Gebruike en samestellingwysig

Die hoofgebruik van dinamiet is in die boubedryf, mynwese en vir sloping. Nuwer plofstowwe en tegnieke het dinamiet grootliks vervang in baie toepassings. Dinamiet word steeds gebruik as 'n onderwaterplofstof. Dinamiet is by tye in militêre offensiewe aangewend, hoofsaaklik om brûe en ander vervoernetwerke te vernietig, om die opmars van vyandelike magte te vertraag of om vervoer van voorrade te beperk.

Dinamiet bestaan uit drie dele nitrogliserien, een deel diatoomaarde en 'n klein bietjie natriumkarbonaat as bymiddel. Hierdie mengsel word dan in kort kerse gegiet en in papier toegedraai. Nitrogliserien op sigself is 'n baie kragtige plofstof en is in sy suiwer vorm baie sensitief vir skokke (d.w.s. dit ontplof wanneer dit aan 'n skok onderwerp word) en breek mettertyd af tot nog meer onstabiele vorme. Dit maak die stof baie gevaarlik om in die suiwer vorm te vervoer. Wanneer dit op diatoomaarde geabsorbeer is, is dit baie minder sensitief vir skok.

Dinamietkerse kan mettertyd sy nitrogliserien "sweet", wat dan in die bodem van die houer kan uitlek. Kristalle vorm ook aan die buitekant van die kers. 'n Baie gevaarlike situasie ontstaan onder hierdie omstandighede. Om hierdie rede moet ou dinamiet liefs nie hanteer word nie en moet kundige hulp ontbied word waar nodig.

Geskiedeniswysig

Dinamiet was die eerste plofstof sterker as buskruit wat met veiligheid hanteer kon word. Nobel het sy uitvinding in Oktober 1867 gepatenteer. Ná die bekendstelling daarvan het dinamiet vinnig gewild geword as 'n veilige alternatief vir buskruit en nitrogliserien. Nobel het sy patent streng beheer en ongelisensieerde nabootsers is vinnig in die kiem gesmoor. 'n Paar sakemanne uit die Verenigde State het egter die patent omseil deur 'n effens ander resep te gebruik. Ten spyte hiervan het Nobel steeds 'n fortuin uit sy uitvindsel verdien, wat hy onder andere gebruik het om die Nobelprys te vestig.

Sedert die 1940's was Suid-Afrika vir verskeie dekades die grootste dinamietvervaardiger in die wêreld. De Beers het in 1902 'n plofstoffabriek by Somerset-Wes gebou, wat later deur AECI (African Explosives and Chemical Industries) oorgeneem is. Die goudmyne aan die Witwatersrand het die grootste vraag na dinamiet gehad. Die fabriek is in 1903 in bedryf gestel en teen 1907 is daar reeds 340 000 kaste (teen 50 pond elk) jaarliks vervaardig. Voorts is daar by 'n ander fabriek by Modderfontein 'n verdere 200 000 kaste per jaar vervaardig.[1] Geargiveer 9 Oktober 2010 op Wayback Machine

Een van die nadele van dinamiet is dat dit gevaarlik is om te vervaardig. Die Somerset-Wes-aanleg het in die 1960's twee groot ontploffings gehad. Sekere werkers het omgekom, maar die lewensverlies is grootliks beperk deur die modulêre ontwerp van die fabriek en die grondverskuiwings en boomaanplantings wat die krag van die ontploffing na bo gedeflekteer het. Die produksie van dinamiet is ná 1985 by die fabriek uitgefaseer.[2] Geargiveer 30 Junie 2006 op Wayback Machine

Dinamiet is tot laat in die 1990's deur DuPont in die VSA vervaardig. Dinamiet is uiteindelik vervang deur Waterjel-plofstowwe, wat baie veiliger is om te hanteer.[3] Geargiveer 2 September 2006 op Wayback Machine

Sien ookwysig

Patentewysig

  • VSA patent no 0078317, getiteld Improved explosive compound
  • VSA patent no 3931763, getiteld Explosive priming device
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media