Die Kerkblad

Die Kerkblad is ’n maandelikse tydskrif wat besit en 11 keer per jaar uitgegee word deur die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA).Dit word met behulp van die Redaksiekommissie en onder toesig van die GKSA se Deputate vir Kerklike Tydskrifte gepubliseer, maar is nie die GKSA se amptelike mondstuk nie.

Prof. Jan Lion Cachet, in 1873 stigter van De Maandbode, voorloper van Die Kerkblad.
Die eeufeesuitgawe (Simboliese Ossewatrek) van Die Kerkblad, 7 Desember 1938.
Dr. Petrus Johannes Coetzee, redakteur van 1958 tot 1965.
Dr. Dion Kempff, redakteur van 1964 tot '87. Hy was tot sy aanstelling predikant van die Gereformeerde kerk Vereeniging-Oos.

Ontstaanwysig

Die eerste uitgawe het op 1 April 1873 onder redaksie van prof. Jan Lion Cachet op Burgersdorp verskyn as De Maandbode. Die uitgewer was aanvanklik St. P. O'S. O'Brien en later J.J. McNally. In die eerste uitgawe is die blad se strewe deur sy subtitel verwoord: "Nuusblad toegewy aan die belange van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika." Prof. Cachet het aanvanklik De Maandbode op eie rekening en risiko uitgegee om die horison van gemeentelede in die hele kerkverband te verbreed, skole onder die pioniersvolk te propageer, en om die lidmate sendingbewus te maak.

Nadat prof. Cachet Burgersdorp in 1875 verlaat het om leraar van Philipstown te word en daarna sowat nege jaar lank predikant van Steynsburg (1883–'92) was, het ds. Dirk Postma, ook prof. Cachet se opvolger aan die Teologiese Skool, De Maandbode by hom oorgeneem. Ná ds. Postma se dood in 1890 het die Sinode van 1891 proff. Cachet en Stephanus Postma, ’n seun van ds. Dirk Postma, gevra om die publikasie voor te sit.

Eerste naamsveranderingwysig

Die Sinode van 1894 het De Maandbode aan die kuratore en professore van die Teologiese Kweekskool toevertrou en terselfdertyd die naam verander na Het Kerkblad. Dieselfde Sinode het prof. Cachet vas aangestel as enigste professor in die teologie aan die skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp om die volle predikante-opleiding te behartig en die rektorskap van die skool met sy voorbereidende afdeling waar te neem.

Weens die Tweede Vryheidsoorlog is publikasie van Het Kerkblad van Oktober 1899 tot April 1903 gestaak. Einde 1904 is die publikasie sowel as die Teologiese Skool Burgersdorp na Potchefstroom verplaas waar J.A. Wormser die uitgewer geword het. (Volgens 'n ander bron het Het Kerkblad eers vanaf 1 April 1906 op Potchefstroom verskyn, weer met Cachet as redakteur, maar dit sou 'n onderbreking in die publikasie veroorsaak het omdat Cachet sy werk begin 1905 op Potchefstroom hervat het. Nadat dit al die jare as maandblad uitgegee het, het dit ná 1910 tweeweekliks begin verskyn. Op 1 Julie 1922 is die naam verander na die Afrikaanse Die Kerkblad met dr. J.D. Totius en ds. T. Hamersma as redakteurs.

Herorganisasiewysig

In 1952 het die Sinode van die Gereformeerde Kerk 'n reorganisasie van Die Kerkblad goedgekeur ingevolge waarvan die kuratore van die blad vervang is deur 'n sinodale raad, 'n voltydse redakteur so gou moontlik aangestel sou word en die blad voortaan weekliks sou verskyn. Dié belsuite is uitgevoer en vanaf Januarie 1953 tot 1958 was ds. D.G. Venter die redakteur. Vanaf Julie 1953 is dit weekliks uitgegee. Later het 'n tegniese bestuurder by die personeel aangesluit.

Die Kerkblad is vanaf 17 April 1928 beskryf as die amptelike orgaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, maar op aanbeveling van die raad het die Sinode van 1961 besluit om dié beskrywing weg te laat omdat dit die indruk gewek het dat die Algemene Sinode verantwoordelik was vir wat ook al die blad verskyn het. Die Kerk gee dit uit omdat dit sy amptelike kennisgewings bevat, terwyl skrywers, onder wie die redakteur, artikels bydra wat nie in stryd is met die Kerk se geloofdbelydenis nie en verantwoordelikheid vir hul werk aanvaar. In die vroeë 1970's was die drukker Heraut-Drukpers van Potchefstroom.

Redakteurswysig

Eienaar-redakteurswysig

Verantwoordelike redakteurswysig

Redaksionele kommissie (1943–'52)wysig

Voltydse redakteurswysig

  • Ds. D.G. Venter, 1953–'58
  • Dr. P.J. Coetzee, 1958–1965
  • Dr. D. Kempff, 1965–'87

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media