Dewald de Beer

Ds. Dewald Lambertus de Beer (1 Julie 1936, Potgietersrus28 Februarie 2004) was tussen 1974 en 2001 predikant in vyf Gereformeerde kerke of kombinasies: Potgietersrus 1974, Potgietersrus-Wes 1974–1976, Mafeking/Goeie Hoop 1976–1980, Witrivier 1980–1989, Schweizer-Reneke/Bloemhof 1989–2001.

Ds. D.L. de Beer
NaamDewald Lambertus de Beer
Geboorte1 Julie 1936
Potgietersrus, Transvaal
Sterfte28 Februarie 2004 (op 67)
KerkverbandGereformeerd
Gemeente(s)Potgietersrus 1974
Potgietersrus-Wes 1974–1976
Mafeking/Goeie Hoop 1976–1980
Witrivier 1980–1989
Schweizer-Reneke/Bloemhof 1989–2001
Jare aktief1974–2001
KweekskoolPotchefstroom

De Beer is in 1958 met Meraaisie getroud wat hy, volgens ds. Wouter de Vos in sy lewensberig in die Almanak van 2005, “op die hande gedra het in ’n waarlik gelukkige huwelik, en waarin sy hom ook deur dik en dun bygestaan het”.

Die 50-jarige feesviering van die Gereformeerde kerk Potgietersrus, 1978. Van links: Mev. R. Venter, ds. P.J. Venter, mev. Van Ryssen, ds. J.W.J. van Ryssen, mev. (ds.) G.B.S Pasch, mev. De Vos, ds. W. de Vos, mev. De Beer en ds. D.L. de Beer.

Uit hul huwelik is twee kinders gebore: Hendrik (predikant van Phalaborwa 1986–1990, Ficksburg 1990–1999, Pretoria-Meintjeskop 1999–2010 en Magol sedert 2010), Willem (sakeman en boer) en Mariaan (mediese verteenwoordiger). Ds. De Vos beskryf ds. De Beer as “’n dierbare oupa vir sy kleinkinders, wat hom met liefde en respek bejeën het”.

Ds. De Beer moes die skool vroeg verlaat om met sy pa, wat ernstig siek was, se boerdery te help en kon dus nie matrikuleer nie. Eindelik het hy wel matriek deur die pos geslaag en daarna kon hy as getroude man van 30 jaar met twee kinders na Potchefstroom gaan om vir predikant te leer. Tydens sy studiejare is hul dogter, Mariaan, gebore.Nadat hy deeltyds gewerk en voltyds studeer het, is hy einde 1973 beroepbaar gestel en het hy ’n beroep na sy geboortedorp ontvang. Daar is hy in Januarie 1974 bevestig, maar reeds in Mei daardie jaar gaan hy oor na die pas afgestigte Potgietersrus-Wes.

Van 1976 af was hy predikant van die kombinasie Mafeking/Goeie Hoop, van 1980 af van Witrivier, en eindelik van 1989 tot sy emeritaat in 2001 van die kombinasie Schweizer-Reneke/Bloemhof.Hierna het hy nog in verskeie gemeentes gehelp. Ds. De Vos beskryf hom as ’n “vlytige student (hy was selfs ’n tyd lank betrokke by argeologiese opgrawings in Palestina om sy kennis uit te brei) en ywerige predikant. Daarvan het sy preke (wat gespreek het van goeie eksegese, aktuele toepassing en kragtige voordrag) en sy meelewende herderlike getuig.“Wat hy vandag kon doen, het hy nie uitgestel tot môre nie en het hy die belange van sy lidmate waarlik op sy hart gedra.”

Ds. De Vos lig sy vernaamste karaktertrekke uit as ’n troue vriend en broer, ’n netjiese mens, ’n behoudende en beginselvaste gelowige, ’n gawe van God vir kerk en volk en familie, en iemand wat God se wil oor sy lewe aanvaar het.

Ds. De Beer se lewensleuse was: Aan God alleen die eer, alles uit genade, die Woord alleen, uit geloof alleen. “In kinderlike afhanklikheid het hy sy roeping as bedienaar van die Goddelike Woord volbring in die wete dat hy wat plant of hy wat natmaak, niks is nie, wat God wat laat groei (1 Kor. 3:7).”

Bronwysig

  • (af) De Vos, ds. Wouter in Schalekamp, ds. M.E. et al. 2004. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2005. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media