Demeter

Demeter (Grieks: Δημήτηρ) was in die Griekse mitologie die godin van graan en vrugbaarheid, die rein voeder van die jeug en die groen aarde, en die bewaarder van die huwelik en die heilige wette. In die Homeriese lofsang aan Demeter (omstreeks 7de eeu v.C.) word sy die "bringer van seisoene" genoem, ’n aanduiding dat sy aanbid is lank voor sy een van die twaalf Olimpiese gode geword het.

Demeter
Griekse Olimpiese godin
Demeter, ’n Romeinse kopie van die oorspronklike werk (Vatikaan-museum).
Demeter, ’n Romeinse kopie van die oorspronklike werk (Vatikaan-museum).
NaamDemeter
Godin vanLandbou en koring
BlyplekDie berg Olimpus
SimboolFakkel, koringaar, papawer
OuersKronos en Rea
Broers, sustersPoseidon, Hades, Hestia, Hera, Zeus
KindersPersefone, Zagreus, Despoina, Arion, Plutos, Filomelos
Romeinse eweknieCeres

Sy word dikwels uitgebeeld in ’n strydwa en saam met simbole van die oes, onder andere blomme, graan en vrugte. Sy word ook soms saam met haar dogter Persefone uitgebeeld.

Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Ceres.

Demeter en Poseidonwysig

Die terugkeer van Persefone, deur Frederic Leighton, 1891.

Demeter en Poseidon se name word van vroeg af reeds verbind. In een mite maak Poseidon haar die hof, maar sy probeer vlug. Sy verander haar in ’n merrie en kruip tussen ’n trop perde weg. Poseidon besef egter wat gebeur het, verander hom in ’n hings en verkrag haar.

Hul kinders was ’n dogter ("Die meesteres", wie se naam, Despoina, nie genoem mag word nie) en ’n perd (Arion, wat soos ’n mens kon praat}.

Demeter en Persefonewysig

Die sentrale tema van Demeter in mites is haar verhouding met haar dogter Persefone by Zeus. Hades (die god van die onderwêreld) ontvoer Persefone terwyl sy saam met haar ma blomme pluk en neem haar as vrou. Demeter mis haar baie en vervloek die land, wat ’n groot droogte tot gevolg het. Daarna pleit sy by Zeus om haar dogter terug te bring.

Zeus stuur Hermes om dit te doen, maar Hades gee vir Persefone ses granaatsade om te eet en daarom moet sy ses maande van die jaar in die land van die afgestorwenes bly. Die ander ses maande kan sy op Olimpus woon saam met haar familie. Terwyl sy in die onderwêreld is, mag sy niks anders eet nie, anders sal sy dit nie weer kan verlaat nie. Vir die ses maande van haar afwesigheid, terwyl Demeter treur, keer die droogte (herfs en winter) terug.

Kinderswysig

  • Persefone (by Zeus)
  • Despoina (by Poseidon)
  • Arion (by Poseidon)
  • Plutos (by Jason)
  • Filomelos (by Jason)
  • Eubolos by (Karmanor)
  • Amfiteus I (by Triptolemos)

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Demeter
  • Burkert, Walter, Greek Religion, Harvard University Press, 1985.
  • Nilsson, Martin P., Greek Popular Religion, 1940. [1]
  • Ruck, Carl A.P., en Staples, Danny, The World of Classical Myth, 1994.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media