Delos

Eiland in Griekeland

Die eiland Delos (Grieks: Δήλος, uitgespreek ðilos), is effens afgeleë in die midde van die byna sirkelvormige kring van eilande, die Kuklade, naby Mykonos, en is een van die belangrikste mitologiese, historiese en argeologiese terreine in Griekeland. Die uitgrawings van die eiland is van die omvattendstes in die Middellandse See-gebied. Die werk vind plaas onder leiding van die Franse Skool in Athene en baie van die artefakte wat gevind is, word uitgestal by die Argeologiese Museum van Delos en die Nasionale Argeologiese Museum van Athene. Delos is in 1990 deur UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Delos
Inheemse naam: Δήλος
Delos word omring deur die Kuklade-eilande.
Delos word omring deur die Kuklade-eilande.
Geografie

LiggingGriekeland, Egeïese See
Koördinate37°23′N 25°16′O / 37.383°N 25.267°O / 37.383; 25.267Koördinate: 37°23′N 25°16′O / 37.383°N 25.267°O / 37.383; 25.267
ArgipelKuklade

Oppervlakte3,43 vk. km
Hoogste puntBerg Kynthos 112 m
Administrasie
Vlag van Griekeland Griekeland
StreekSuid-Egeïes

Demografie
Bevolking14

Delos, geskilder deur Carl Anton Joseph Rottmann, 1847

Delos is as heilig beskou 'n millennium voor die Olimpiese Griekse mitologie dit beskryf het as die geboorteplek van Apollo en Artemis. Van die Heilige Hawe af kan twee keëlvormige heuwels gesien word wat landmerke aandui wat elders toegewy is aan 'n godin: een daarvan steeds met 'n voor-Griekse naam, Berg Kynthos,[1] wat beskik oor 'n hoogte wat aan Dionysos toegewy is.

As 'n kultuursentrum het Delos 'n belangrikheid gehad wat sy natuurlike hulpbronne nooit sou kon verwesentlik nie. Leto van Homeros, op soek na 'n geboorteplek vir Apollo, het die eiland so aangespreek:

Delos, as jy gewillig sou wees om die tuiste van my seun Phoebus Apollo te wees en 'n ryk tempel vir hom bou —; want niemand anders sal jou aanraak nie, soos jy sal opmerk: en ek dink jy sal nooit ryk wees aan osse of skape nie, nóg wingerde dra nóg beskik oor welige plantegroei. Maar as jy oor die tempel van ver-skietende Apollo beskik, sal alle mense hekatombes na jou bring en hier saamtrek, en ononderbroke geur van ryke offerandes sal immer oprys, en jy sal dié wat jou bewoon, voed uit die hand van vreemdelinge; want waarlik is jou eie grond nie ryk nie.
— Homeros Lofsang aan Deliese Apollo

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Die -nth- lettergroep is 'n kenmerk van pre-Griekse woorde: Korinthe, menthos, labyrinth, ens. Die naam Artemis, en selfs Diana het oorleef in die vorm Cynthia.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media