David Cameron

David William Donald Cameron (* 9 Oktober 1966 in Londen), 'n Britse politikus, was van 11 Mei 2010 tot 13 Julie 2016 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Hy was die leier van die Konserwatiewe Party van 6 Desember 2005 tot 13 Julie 2016 en sedert 2001 'n lid van die Laerhuis van die Britse Parlement waar hy die kiesafdeling Witney in Oxfordshire verteenwoordig het. Op 13 November 2023 keer hy terug na die politiek toe hy as minister van buitelandse sake aangestel is. Terselfdertyd kry hy 'n setel in die House of Lords.

David Cameron
David Cameron

Foreign Secretary
Minister van Buitelandse Sake
Ampsbekleër
Termynaanvang
13 November 2023
MonargCharles III
Eerste ministerRishi Sunak
Voorafgegaan deurJames Cleverly

Ampstermyn
11 Mei 2010 – 13 Julie 2016
ViseNick Clegg
MonargElizabeth II
Voorafgegaan deurGordon Brown
Opgevolg deurTheresa May

Minister vir die Staatsdiens
Ampstermyn
11 Mei 2010 – 13 Julie 2016
MonargElizabeth II
Eerste ministerHomself
Voorafgegaan deurTom Watson (as Minister vir digitale betrokkenheid en Staatsdiens-sake)

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
6 Desember 2005 – 11 Mei 2010
MonargElizabeth II
Eerste ministerTony Blair
Gordon Brown
Voorafgegaan deurMichael Howard
Opgevolg deurHarriet Harman

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampstermyn
6 Desember 2005 – 13 Julie 2016
Voorafgegaan deurMichael Howard
Opgevolg deurTheresa May

Skadu-Staatsekretaris vir Onderwys en Vaardighede
Ampstermyn
6 Mei 2005 – 6 Desember 2005
LeierMichael Howard
Voorafgegaan deurTim Yeo
Opgevolg deurDavid Willetts

Lid van die Parlement vir Witney
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Junie 2001
Voorafgegaan deurShaun Woodward

Persoonlike besonderhede
Gebore9 Oktober 1966 (1966-10-09) (57 jaar oud)
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke partyKonserwatiewe Party
Eggenoot/-noteSamantha Sheffield
Kind(ers)Ivan († 2009)
Nancy
Arthur
Florence
Alma materEton College
Brasenose College, Oxford
ReligieKerk van Engeland
Handtekening

David Cameron het filosofie, politiek en ekonomie by die Universiteit van Oxford se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het.[1] Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die Konserwatiewe Party.

David Cameron se eggenote Samantha saam met die Verenigde State se Eerste Dame Michelle Obama in die Britse premier se privaat woning in Downingstraat 10, Londen, op 24 Mei 2011

In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy openbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.

In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n hung parliament (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die Liberaal-Demokrate 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.

In 'n waterskeidingsreferendum op 23 Junie 2016 het Britse kiesers hulle met 'n algehele meerderheid van 51,9 persent van die uitgebragte stemme teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie uitgespreek. Ná die bekendmaking van die referendum se finale uitslag op 24 Junie het Cameron aangekondig dat hy in Oktober 2016 as eerste minister sal bedank.[2] Volgens hom is sy besluit daarop gegrond dat hy voel iemand anders die land verder moet lei op 'n nuwe weg, buite die Europese Unie. Sy swanesang in die Britse Laerhuis was egter reeds op 13 Julie, waarna hy sy bedanking by die koningin ingedien het. Hy is as premier en leier van die Konserwatiewe Party opgevolg deur Theresa May.

David Cameron se outobiografie For the Record sal op 19 September 2019 in die Verenigde Koninkryk en vyf dae later in die Verenigde State gepubliseer word. Dit verskyn vooraf in die dagblad The Times as vervolgreeks.

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Gordon Brown
(Arbeidersparty)
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

2010 - 2016
Opgevolg deur
Theresa May
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media