Darling, Wes-Kaap

Dorp in Suid-Afrika

Darling is 'n klein dorp in die Weskus-gebied van die Wes-Kaap, omtrent 75 km noord van Kaapstad.

Darling
Kunsmark by Evita se Perron
Kunsmark by Evita se Perron
Darling is in Wes-Kaap
Darling
Darling
Koördinate: 33°23′S 18°23′O / 33.383°S 18.383°O / -33.383; 18.383Koördinate: 33°23′S 18°23′O / 33.383°S 18.383°O / -33.383; 18.383
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitWeskus
Plaaslike MunisipaliteitSwartland
Stigting1853
TydsoneUTC+2 (SAST)
Die NG kerkgebou op Darling is deur Wynand Louw ontwerp en die hoeksteen in 1958 gelê.

Geskiedeniswysig

Teen die begin van die 18de eeu het omtrent 29 boere in 'n gebied genaamd Groenkloof geboer. Darling is in 1853 op een van die plase, Langfontein, gestig. Dit is vernoem na sir Charles Henry Darling wat in 1851 na die Kaap gekom het as luitenant-goewerneur.

Dorp en omgewingwysig

Die Darling-museum stel die geskiedenis van die dorp en die Darling roomhuis, wat in 1899 deur twee Sweedse setlaars, Nils Georg Moller en G. Threnstrom, gevestig is en in 1950 gesluit is, ten toon. Darling is beroemd vir veldblomme en sedert 1917 word die Darling-veldblomskou elke jaar deur die Darling-veldblomvereniging, wat in 1915 deur mev. Suzanne Malan en mnr. Frederick Duckitt van Waylands gestig is, gehou. [1] Geargiveer 4 Januarie 2007 op Wayback Machine. Landbou in die gebied is gefokus op graanproduksie, druiwe, aartappels, ertjies en suiwelboerdery. Die eerste Merinoskape in Suid-Afrika is ook hier aangehou nadat 'n verskepingsfout hulle hier afgelewer het. Wolproduksie in Suid-Afrika vind sy oorsprong in die Darling-omgewing.

Die Suid-Afrikaanse satiris Pieter-Dirk Uys voer baie van sy vertonings as Evita Bezuidenhout by Evita se Perron, 'n kabaretteater en restaurant in Darling, op. Die kunsmark daarnaas is in 2006 deur die Darling-trust, 'n liefdadigheidsorganisasie wat die probleme van verarmde gemeenskappe in die omgewing aanspreek, oorgeneem.

Die Hildebrand-monument is net buite Darling opgerig ter ere van veldkornet C.P. Hildebrand van die Boeremagte se Maritz-kommando.

Die gerestoureerde Victoriaanse huise en boomryke strate maak Darling 'n gewilde naweekoord vir inwoners van Kaapstad en omgewing.

Wapenwysig

Darling het in 1955 munisipale status gekry. Die raad het in 1960 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer : In groen, 'n gaande goue leeu; 'n gekanteelde goue skildhoof belaai met drie rooi arctotis-blomme goud gesaad. Die helmteken was 'n koei se kop uitkomend uit 'n goue muurkroon, en die wapenspreuk was "Ora et labora".[1]


Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3010 (21 Januarie 1960).

Bronwysig

  • Kuttel, M.: The Groene Kloof. In: Lantern. Tydskrif vir VOlksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media