Dardanelle

(Aangestuur vanaf Dardanelles)
Dardanelle

’n Satellietfoto van die seestraat, wat Europa en Asië skei

Ligging van die Dardanelle
Koördinate:40°13′N 26°27′O / 40.217°N 26.450°O / 40.217; 26.450Koördinate: 40°13′N 26°27′O / 40.217°N 26.450°O / 40.217; 26.450
Ligging:Turkye
Soort:Seestraat van die Atlantiese Oseaan
Maksimum diepte:82 m
Lengte:65 km
Breedte:1,3 km
Invloei:See van Marmara
Uitvloei:Middellandse See
Eiland/e:Egeïese See
Nedersettings:Çanakkale, Gelibolu, Lapseki

Die Dardanelle (Turks: Çanakkale Boğazı; Grieks: Δαρδανέλλια, Dardanellia), voorheen bekend as die Hellespont (Grieks: Ελλήσποντος, Hellespontos), is ’n smal seestraat in Noordwes-Turkye wat die Egeïese See met die See van Marmara verbind.

Ligging van die Turkse Strate: ██ Bosporus ██ Dardanelle

Die Dardanelle is 61 km lank, maar net 1,2 tot 6 km breed. Die gemiddelde diepte is 55 m (maksimum 82 m). Water vloei in albei rigtings, van die See van Marmara na die Egeïese See met ’n oppervlakstroom, en in die teenoorgestelde rigting met ’n onderstroom.

Nes Turkye se ander belangrike seestraat, die Bosporus, skei die Dardanelle Europa (die Gallipoli-skiereiland) van Asië. Dit is ’n internasionale waterweg en saam met die Bosporus verbind dit die Swartsee met die Middellandse See.

Die naamwysig

Die Turkse naam "Çanakkale Boğazı" kom van die stad aan die seestraat, Çanakkale (wat weer sy naam gekry het van sy beroemde kasteel – kale beteken "kasteel"). Die naam "Dardanelle" is afgelei van Dardanië, ’n antieke land aan Asiatiese oewer van die seestraat wat weer sy naam gekry het van Dardanos, die mitologiese seun van Zeus en Elektra.

Geskiedeniswysig

Historiese kaart van die Dardanelle by Piri Reis.
’n Veerboot vaar oor die Dardanelle na Çanakkale.

Die seestraat het nog altyd ’n strategiese rol in die geskiedenis gespeel. Die antieke stad Troje was naby die westelike ingang, en die seestraat se Asiatiese kus was die fokuspunt van die Trojaanse Oorlog.

Die leër van Xerxes I van die Persiese Ryk en later die Griekse leër van Alexander die Grote het die Dardanelle in teenoorgestelde rigtings oorgesteek om mekaar se lande in te val, in 480 v.C. en 334 v.C. onderskeidelik.

Die Dardanelle was lewensbelangrik in die verdediging van Konstantinopel tydens die tydperk van die Bisantynse Ryk. Dit was ook ’n belangrike bron van inkomste vir die heerser van die streek omdat skepe moes betaal om daardeur te vaar.

Om beheer oor of spesiale toegang tot die seestraat te kry, was in die 19de eeu een van die grootste doelwitte van die Russiese Ryk. Tydens die Napoleontiese Oorloë het Rusland – gerugsteun deur Groot-Brittanje – die seestraat in 1807 geblokkeer. Ná die Ottomaanse Ryk se nederlaag in die Russies-Turkse Oorlog (1828–1829) het Rusland in 1833 druk op Turkye uitgeoefen om ’n verdrag te teken waarvolgens die seestraat op Rusland se versoek gesluit sou moes word vir skepe van nie-Swartsee-lande. Dit sou Rusland onbeperkte mag in die Swartsee gegee het.

In 1841 het die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Oostenryk en Pruise druk op Rusland uitgeoefen om in te stem dat net Turkse oorlogskepe die Dardanelle in vredestyd mag gebruik. Die eersgenoemde twee lande het hul vlote daarna deur die Dardanelle gestuur om die Krim aan te val tydens die Krim-oorlog van 1853, maar hulle het dit gedoen as bondgenote van die Ottomaanse Ryk.

In 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Westerse Geallieerdes ’n groot mag van Britse, Australiese, en Nieu-Seelandse troepe na die seestraat gestuur in ’n poging om beheer daaroor te kry. Met die Slag van Gallipoli het Turkse soldate die Geallieerdes op die strande van die Gallipoli-skiereiland vasgekeer. Myne is in die seestraat geplaas om te keer dat Geallieerde skepe deurvaar. Hoewel twee skepe dit tog reggekry het, het die poging om Gallipoli te verower misluk en dit is eindelik in Januarie 1916 laat vaar, ná 10 maande van gevegte en meer as 200 000 gesneuwelde soldate.

Ná die oorlog het die Verdrag van Sèvres die seestraat in 1920 gedemilitariseer en dit ’n internasionale gebied gemaak onder beheer van die destydse Volkebond. In 1923 is beheer aan Turkye teruggegee, maar alle buitelandse oorlogskepe het die reg gehad om vrylik daardeur te vaar. Turkye het egter beswaar aangeteken en sedert Julie 1936 is dit ’n internasionale vaargebied, maar Turkye behou hom die reg voor om vlootskepe van nie-Swartsee-lande (soos Griekeland, ’n tradisionele vyand, en Algerië) toegang te weier.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog, tot in Februarie 1945 toe Turkye neutraal was, is die Dardanelle gesluit vir skepe van die oorlogvoerende lande. Die Russiese leier Josef Stalin het tydens die oorlog openlik die vergunning gevra dat Sowjet-basisse aan die seestraat opgerig mag word, hoewel Turkye nie by die oorlog betrokke was nie. Dit, asook Stalin se eise dat die Turkse provinsies Kars, Artvin en Ardahan teruggegee word aan die Sowjetunie (die provinsies is tydens die Russies-Turkse oorlog verower, maar aan Turkye teruggee kragtens die Verdrag van Kars van 1921), was van die hoofredes dat Turkye sy neutraliteit in buitelandse sake beëindig het. In Februarie 1945 het die land oorlog teen Duitsland verklaar, maar nie enige offensiewe geloods nie.[1][2][3][4]

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Dardanelles
  1. "Foreign Policy Research Institute: The Turkish Factor in the Geopolitics of the Post-Soviet Space (Igor Torbakov)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2010. Besoek op 21 Maart 2010.
  2. Robert Cutler: Turkish-Soviet Relations
  3. Answers.com: Russia's relations with Turkey
  4. "Today's Zaman: Against who and where are we going to stand? (Ali Bulaç)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2009. Besoek op 21 Maart 2010.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media