Danie de Jager

Suid-Afrikaanse beeldhouer (1936-2003)

Danie de Jager (1936 - 2003) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer wat verskeie groot en belangrike opdragte uitgevoer het

Hy is in 1936 in die distrik Germiston gebore. Hy het sy skoolopleiding aan die Witwatersrand ontvang en is reeds van jongs af aangetrek deur die vormbaarheid van klei.

Hy het twee jaar aan die Johannesburgse Kunsskool gestudeer, maar is verplig om te gaan werk ná die dood van sy vader. Aanvanklik het hy pottebakkery beoefen, maar dit beëindig weens 'n allergie en het toe as 'n handelskunstenaar gewerk.

Nadat hy 'n opdrag ontvang het om 85 groot karnavalkoppe vir die Republiekfees te maak, het hy besluit om hom heeltyds aan die beeldhoukuns te wy. In 1961 het Danie de Jager die tweede prys verower in die internasionale kompetisie vir 'n standbeeld van genl. J.C. Smuts vir die Tuine in Kaapstad (die Engelse kunstenaar Sidney Harpley het die eerste prys verower). In dieselfde jaar was hy die wenner van 'n kompetisie vir die Hertzog-monument in Bloemfontein, wat in 1968 onthul sou word.

Perdegroep by die Strijdom-monument in Pretoria (links op foto).

Hy het hom in 1962 by die Hartbeespoortdam gevestig en 'n ateljee daar laat bou. In 1965 het hy 'n studiereis deur Europa onderneem. Die volgende jaar het hy opdrag ontvang vir 'n perdegroep vir die Strijdom-monument in Pretoria. Hiervoor het hy intensiewe navorsing gedoen en selfs die anatomie van gedissekteerde perde by Onderstepoort bestudeer. Die bronsbeeldegroep van vier hardlopende perde simboliseer die destydse vier provinsies en die vryheid van die Republiek. In 1968 het hy 'n bronsborsbeeld van dr. H.F. Verwoerd voltooi vir die heldegraf in Pretoria. Hierna het hy Europa weer besoek. 'n Florentynse bronsgieter, wat hom naby De Jager se ateljee gevestig het, het saam met hom na Suid-Afrika gekom.

De Jager se beeld van Shawu by Sun City.

Van De Jager se belangrikste werke is die beelde vir die destydse Transvaalse Landbou-Unie in Pretoria, 'n bewegende beeld van gepoleerde brons (wat lugvaart simboliseer) vir die destydse Jan Smuts-Lughawe (nou die O.R. Thambo-lughawe), beelde vir banke in Port Elizabeth en Johannesburg en vir die biblioteek in Sasolburg, die Strijdom-beeld in Nylstroom, die Jan Smuts-kop in brons wat voor die Uniegebou in Pretoria gestaan het en Applaus, 'n kinetiese beeld van gepoleerde brons vir die Staatsteater in Pretoria.

Danie de Jager het 'n grondige kennis van die bronsgietproses, die meganika, konstruksie en proporsies gehad, wat belangrik was by die skep van groot openbare beeldhouwerke. In sy meer realistiese werk word die voorkoms nie nageboots nie, maar word die uitbeelding van die innerlike, die indrukke van karakter en beweging beklemtoon. Hy was ook tuis in abstrakte beeldhouwerk en in media soos vlekvrye staal en geelkoper.

Vanaf 28 Julie 2022 word van de Jager se beelde by die Voortrekkermonument uitgestal na ‘n ooreenkoms met die Danie en Elsa de Jager Trust. Die beelde is aan die monument geskenk, waaronder een van die mees bekende olifantbeelde ter wêreld genaamd Shawu.[1]

Verwysingswysig

Bronnelyswysig

  • Smit, Wynand: Danie de Jager - beeldhouer. In: Lantern.Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 23, nr. 1, September 1973
  • Wêreldspektrum, Volume 4, bl.219-220, ISBN 0908409451
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media