Dampkas

'n Dampkas is 'n huishoudelike toestel in die kombuis wat daarvoor sorg dat voedseldampe weggevoer word.

'n Huishoudelike dampkas
Rekenaaranimasie

Tot in die 1970's word dampkaste bykans slegs in die werksomgewings geïnstalleer: laboratoriums, kombuise van groot instellings, restaurante, sopkombuise en nywerheidskombuise. In die kombuise van huishoudings vind die wegvoer van voedseldampe met 'n eenvoudige ventilator in 'n gat in die plafon of in die muur plaas.

Dampkaste vind eers in stede byval by groot instellings voordat dit by hoë- en middelinkomstegroepe se wonings geïnstalleer word. Tans is dampkaste steeds nie 'n algemene gesig in Suid-Afrika of Namibië nie.

Daar is verskillende soorte dampkaste:

  • met of sonder 'n motortjie
  • hersirkulering of afvoer van lug
  • gemonteerde of ingeboude model
  • gekoppel aan ventilasietegnieke van kombuise in nuwe wonings (byvoorbeeld meganiese ventilasie of hitteterugwinstelsels).

Byna alle modelle het beligting en die sterkte van die afsuig is beheerbaar. In die eerste modelle is vilt gebruik om die lug te suiwer; hierdie materiaal moes oor 'n bepaalde tyd vervang word. In moderne modelle is daar vaste filters wat gemaklik uitgehaal en in die skottelgoedwasser gereinig kan word. In goedkoop dampkaste word dikwels nog die ouderwetse vilt gebruik.

By die installering van 'n dampkas is daar 'n aantal reëls waarop gelet moet word. So moet die dampkas groter wees as die kookoppervlak. Ook moet daar 'n klein ruimte wees tussen die stoof-/kookplaat en die dampkas. Hierdie afstand kan per handelsmerk en tipe toestel verskil waar die afstand afhanklik is van die dampkas se materiaal en die tipe stoof-/kookplaas. As riglyn word 'n minimumafstand van 65 sentimeter by gasstoofplate en 60 sentimeter by elektriese stoofplate verlang.[1][2]

Verwysingswysig

  1. Keukens.be Plaatsing afzuigkappen op keukens.be
  2. http://www.consumentenbond.nl/test/woning_huishouden/keuken/afzuigkap/tips_afzuigkappen/ Geargiveer 3 Julie 2007 op Wayback Machine Consumentenbond over afzuigkappen
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media