Curt von François

Stigter van Windhoek

Curt Karl Bruno von François (gebore 2 Oktober 1852 in Luxemburg, gesterf 28 Desember 1931 in Königs Wusterhausen) was 'n offisier in die Duitse Schutztruppe in die eertydse kolonie Duits-Suidwes-Afrika en op 18 Oktober 1890 die stigter van die teenswoordige Namibiese hoofstad Windhoek.

Curt von François
Curt von François

Reichskommissar van Duits-Suidwes-Afrika
Ampstermyn
Maart 1891 – November 1893
Voorafgegaan deurLouis Nels
Opgevolg deurTheodor Leutwein

Persoonlike besonderhede
Gebore2 Oktober 1852
Luxemburg
Sterf28 Desember 1931
Königs Wusterhausen

Eerste jarewysig

Curt von François was die seun van die Pruisiese genl. Bruno von François wat in 1870 tydens die Slag van Spichern gesneuwel het. Sy familie is van Hugenote-oorsprong.

Hy is by die kadetskool in Wahlstatt en later in Berlyn opgelei, en het die Frans-Duitse Oorlog meegemaak. In 1883 neem hy deel aan die Kasai-ekspedisie saam met Hermann von Wissmann en in 1885 saam met George Grenfell aan die navorsingsreis na Tsjuapa en Lulongo. Na sy terugkeer na Duitsland word hy verkies tot lid van die Groot Generale staf en tot die offisiersrang van hoofman bevorder.

In Duits-Oos-Afrikawysig

Vanaf 1887 word hy na die Duitse kolonies Togo en die Kameroen gestuur. Terwyl hy daar was, bereik die versoek hom in 1889 of hy bereid sou wees om die Schutztruppe in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika op die been te bring en te lei beskerming van Duitse belange in die gebied. Hy voldoen aan die versoek en reis na Teneriffa waar hy aan die begin van Junie 1889 die Schutztruppe onder aanvoering van sy jongste broer, luitenant Hugo von François, aantref. Hulle het uit 21 soldate bestaan, waaronder agt lede van die keiserlike leër en 12 vrywilligers. Hy neem die bevel oor en land met die troepe op 24 Junie 1889 in die Britse kroongebied van Walvisbaai. Van daar marsjeer hy en die soldate te voet na Otjimbingwe en rig op 8 Julie 1889 hulle hoofkwartier daar op. Otjimbingwe was in daardie stadium die setel van die eerste rykskommissaris van Suidwes-Afrika, dr. Heinrich Göring.

Duits-Suidwes-Afrikawysig

Sy eerste militêre maatreël was in Augustus van daardie jaar toe hy op Swakop in die nabyheid van Tsaobis 'n pos oprig om beheer uit te oefen oor die handelsweg wat daarlangs geloop het. Hy vertrek daarna op 'n byna twee jaar lange verkenningstog na die noorde en ooste van die toe nog grotendeels onverkende land. Na sy terugkeer in 1890 word hy rykskommissaris in Göring se plek en hernieu die beskermingsverdrag met die hoofman van die Herero-volk, Maharero. So verkry hy die reg om in die destyds nog onbewoonde Windhoek 'n militêre pos op te rig.

Samuel Maharero, 'n seun van Maharero, het probeer om die verdrag nietig te laat verklaar na die dood van sy vader, maar het daarvan afgesien weens die energieke toedoen van Von François. Op 18 Oktober 1890 word die hoeksteen vir die Alte Feste in Windhoek gelê en daarmee ook die toekomstige stad gestig. Die plek is weliswaar sedert omstreeks 1840 deur Jonker Afrikaner met 'n geraamde bevolking van 30 000 bewoon, maar het verval en opgehou om as nedersetting te bestaan. Daar is vandag nog 'n standbeeld in die middestad van Windhoek wat aan die stigting deur Von François herinner.

Van 1890 tot 1892 hou Von François hom saam met sy broer Hugo besig met die kartografie van die land. Na die voltooiing in 1891 van die Alte Feste word die hoofkwartier van die rykskommissaris van Otjimbingwe na Windhoek verskuif, waardeur Windhoek die hoofstad van die gebied word. Von François was veral besorg oor die daarstel van 'n hawe wat onafhanklik van die Britse hawe by Walvisbaai was en stig op 12 September 1892 die hawedorp Swakopmund. Hier land die eerste maal in 1893 onder avontuurlike maar lewensgevaarlike omstandighede die dringend noodsaaklike versterking van 225 soldate om te help met die stryd teen die oproerige Namas onder leiding van hulle hoofman, Hendrik Witbooi. Met die hulp van die versterking slaag Von François in September 1893 daarin om hulle vesting by Hornkranz te verower, hoewel Witbooi ontvlug het.

Op 1 Januarie 1894 sit die opvolger van die huidige bevelvoerder van die Schutztruppe en nuwe rykskommissaris, maj. Theodor Leutwein, voet aan wal by Swakopmund. Albei onderneem verkenningstogte na die suide van die land waar Von François in Maart 1894 op Gibeon en Keetmanshoop troepe-poste oprig.

Von François verlaat die gebied in Augustus 1894 en reis oor Kaapstad na Duitsland. Hy het aan sy opvolger omvangryke kaarte nagelaat waarop die eerste militêre landkaart van die kolonie gegrond is. Hugo von François het in die land agtergebly en stig die plaas François, waar hy in 1904 tydens die Herero-oorlog sneuwel.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media