Microraptor

(Aangestuur vanaf Cryptovolans)

Microraptor (van die Griekse μικρός mīkros, "klein", en Latynse raptor, "gryper") is 'n genus klein, viervlerkige dromeosouride ('n soort dinosourus). Verskeie goed bewaarde fossiele spesimens is in Liaoning, China, ontdek. Hulle dateer van die vroeë Krytperiode, 125 miljoen tot 120 miljoen jaar gelede.

Microraptor
Tydperk: Vroeë Kryt, 120 m. jaar gelede
'n Fossielspesimen, met wit pyle wat na bewaarde vere wys.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klade:Dinosauria
Klade:Saurischia
Klade:Theropoda
Familie:Dromaeosauridae
Klade:Microraptoria
Genus:Microraptor
Xu et al., 2000
Tipespesie
Microraptor zhaoianus
Xu et al., 2000
Ander spesies
  • M. gui Xu et al., 2003
  • M. hanqingi Gong et al., 2012
Sinonieme
  • Cryptovolans Czerkas et al., 2002
  • "Tetrapterornis" Miller, 2004 (nomen nudum)[1]

Oorsigwysig

Drie spesies is benoem (M. zhaoianus, M. gui en M. hanqingi), hoewel verdere studie aangedui het hulle behoort tot 'n enkele spesie, wat M. zhaoianus genoem word. Cryptovolans, wat aanvanklik as 'n ander viervlerkige dinosourus beskou is, word nou gewoonlik as 'n sinoniem vir Microraptor beskou.[2]

Nes Archaeopteryx, verskaf goed bewaarde spesimens van Microraptor belangrike bewyse van die evolusionêre verwantskap tussen voëls en vroeëre dinosourusse. Microraptor het lang dekvere gehad wat aërodinamiese oppervlakke aan die arms, bene en stert geskep het. Dit het daartoe gelei dat die paleontoloog Xu Xing die eerste spesimen met dié eienskap in 2003 as 'n "viervlerkige dinosourus" beskryf het. Hy het gespekuleer dat dit kon sweef deur al vier ledemate te gebruik. Daaropvolgende studies het daarop gedui dat Microraptor dalk ook tot kragvlug in staat was.

Microraptor was van die volopste dinosourusse in sy ekostelsel wat nie tot Avialae behoort het nie, en die genus word deur meer fossiele verteenwoorig as enige ander lid van Dromaeosauridae, met moontlik meer as 300 spesimens in verskeie museumversamelings.[3]

Verwysingswysig

  1. Miller, Z.M. (2004). "A new phylogeny of Dromaeosauridae". Student Showcase Journal, University of Alaska Anchorage. 20: 123–158.
  2. Senter, P.; Barsold, R.; Britt, B.B.; Burnham, D.A. (2004). "Systematics and evolution of Dromaeosauridae (Dinosauria, Theropoda)". Bulletin of the Gunma Museum of Natural History. 8: 1–20.
  3. Alexander, D.E.; Gong, E.; Martin, L.D.; Burnham, D.A.; Falk, A.R. (2010). "Model tests of gliding with different hindwing configurations in the four-winged dromaeosaurid Microraptor gui". Proceedings of the National Academy of Sciences, USA. 107 (7): 2972–2976. Bibcode:2010PNAS..107.2972A. doi:10.1073/pnas.0911852107. PMC 2840342. PMID 20133792.

Skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media