Cotonou

Cotonou (Franse uitspraak: [kɔtɔnu]; Fon: Kútɔ̀nú)[1] is die ekonomiese sentrum van Benin. Die stad se amptelike bevolking is in 2006 op 761 137 inwoners bereken; maar sommige beramings dui egter aan dat die bevolking tot 2,4 miljoen kan beloop. Die bevolking in 1960 was slegs 70 000. Die stedelike gebied brei steeds uit, veral na die weste. Die stad lê in die suidooste van die land, tussen die Atlantiese Oseaan en die Nokouemeer.[2]

Cotonou

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Benin Benin
 RegionLittoral
 Koördinate06°36′25″N 02°42′55″O / 6.60694°N 2.71528°O / 6.60694; 2.71528
 Gestig op19de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak51 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)761 137
 - Bevolkingsdigtheid/vk km
 TydsoneUTC +1
 - SomertydUTC +1
 BurgemeesterNicéphore Soglo
 Amptelike webwerf

Benewens die feit dat dit Benin se grootste stad is, is dit die setel van die regering, hoewel Porto-Novo die amptelike hoofstad is. Dit is die tuiste van die meeste van die land se regeringsgeboue en diplomatieke missies.

Geskiedeniswysig

Fort in Cotonou in 1900

Die naam "Cotonou" beteken "by die rivier van die dood" in die Fon-taal.[3] Aan die begin van die 19de eeu was Cotonou (destyds 'Kutonou' gespel) 'n klein vissersdorpie en word vermoedelik in 1830 deur koning Ghezo van Dahomey gestig.[3] Dit het gegroei as 'n sentrum vir die slawehandel, en later palmolie en katoen.[3] In 1851 het die Franse Tweede Republiek 'n verdrag met koning Ghezo gesluit wat hulle in staat gestel het om 'n handelspos op Cotonou te vestig. Gedurende die heerskappy van Koning Glele (1858-89), is die gebied afgestaan aan die Tweede Republiek deur 'n verdrag wat in 1878 onderteken is.[4] In 1883 het die Franse vloot die stad beset om die verowering van die gebied deur die Britse regering te voorkom. Na Glele se dood in 1889 het koning Béhanzin onsuksesvol probeer om die verdrag uit te daag. Die stad het vinnig gegroei na die bou van die hawe in 1908. [3]

Geografiewysig

Die Ouémé-rivier waar dit in Cotonou in die Atlantiese Oseaan vloei.

Cotonou is aan die kusstrook tussen Nokoué-meer en die Atlantiese Oseaan. Die stad word in twee gesny deur 'n kanaal, die strandmeer Cotonou, wat in 1855 deur die Franse gegrawe is. Drie brûe is in hierdie gebied. Die Ouémé-rivier vloei by Cotonou in die Atlantiese Oseaan uit.

Die stad het vervoerinfrastruktuur gevestig, insluitend lug, see, rivier (na Porto Novo) en landroetes wat handel met sy buurlande Nigerië, Niger, Burkina Faso en Togo vergemaklik.

Kus-erosie is al dekades lank opgemerk. Dit het in 1961 vererger na die bou van die Nangbeto-dam en die diepwaterhawe van Cotonou. 'n Loodsprojek wat deur die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) befonds is, het aan die lig gebring dat die kus ten ooste van Cotonou binne 40 jaar met 400 meter teruggetrek het. [5] Hierdie erosie het daartoe gelei dat baie mense hul huise langs die kus verlaat het.[6]

Vervoerwysig

Outonome hawe van Cotonou

Die outonome hawe van Cotonou is een van die grootste in Wes-Afrika. Die stad is verbind met Parakou in die noorde deur die Benin-Niger-spoorweg. Die Internasionale Lughawe Cotonou lewer diens aan die hoofstede van die streek en Frankryk, sowel as die groot stede van Benin: Parakou, Kandi, Natitingou, Djougou en Savé. Daar is padverbindings na buurlande: Nigerië, Burkina Faso, Niger en Togo. 'n Algemene vervoermiddel in die stad is die motorfiets-taxi, plaaslik bekend as zémidjan.[3]

In 2015 is 'n voorstedelike passasierspoorlyn ontwikkel tussen Cotonou en Pahou.[7]

Ekonomiewysig

Belangrike vervaardigde goedere sluit in palmolie, brouery, tekstiel en sement.[8] Motorvoertuie en fietse word aanmekaargesit, en daar is saagmeulens in die stad. Petroleumprodukte, bauxiet en yster is die belangrike uitvoer produkte. Daar is platforms in die see wat vir olie boor. Die stad is 'n sentrum vir die motorhandel, en Europese handelsmerke word van groot buitelugparkeerplekke verkoop. In die verlede het Citroën motors (byvoorbeeld die Citroën 2CV en Ami 8) plaaslik saamgestel. [9]

Teen 2012 het seerowery in die Golf van Guinee die handel in die hawe van Cotonou aansienlik verminder.[10]

In die Missebo-gebied is 'n tekstielmark van Afrika-afdrukke wat hoofsaaklik deur Indiese groothandelaars en kleinhandelaars hanteer word.

Verwysingswysig

  1. word gespel Kotonu in "Abomey". Encyclopædia Britannica (11de) 1. (1911). Cambridge University Press. 
  2. GNS: Country Files Geargiveer 4 Mei 2012 op Wayback Machine. Earth-info.nga.mil. Besoek op 2011-06-15.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Butler, Stuart (2019) Bradt Travel Guide - Benin, bl. 74-91
  4. Mathurin C. Houngnikpo, Samuel Decalo, Historical Dictionary of Benin, Rowman & Littlefield, USA, 2013, bl. 117
  5. IRIN Humanitarian News. BENIN: Coastal erosion threatening to wipe out parts of Cotonou. Geargiveer 8 Desember 2015 op Wayback Machine
  6. "Benin's Cotonou – a city slowly swallowed by waves" Geargiveer 16 Mei 2019 op Wayback Machine, The Terra Daily, 25 Januarie 2008
  7. "Benirail concession: Bolloré Group starts rehabilitation work on the Cotonou-Parakou rail link". Bolloré Africa Logistics. 2 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 13 September 2015.
  8. Britannica,Cotonou Geargiveer 22 April 2016 op Wayback Machine, britannica.com, USA, Besoek op 7 Julie 2019
  9. World Cars 1972. Automobile Club of Italy/Herald Books, New York: 1972. p. 403, ISBN 0-910714-04-5
  10. "UN says piracy off Africa's west coast is increasing, becoming more violent". The Washington Post. Associated Press. 27 Februarie 2012. Besoek op 29 Februarie 2012.[dooie skakel]
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media