Chroesjtsjof-ontdooiing

Die Chroesjtsjof-ontdooiing (Russies: хрущёвская о́ттепель, chroesjtsjofskaja ottepel[1]), of kortweg die Ontdooiing (О́ттепель), verwys na die periode van die middel 1950's tot die vroeë 1960's toe politieke onderdrukking en sensuur in die Sowjetunie verslap is en miljoene Sowjet-burgers uit die Goelag bevry is danksy Nikita Chroesjtsjof se beleid van de-Stalinisasie[2] en vreedsame naasbestaan met ander lande.

Chroesjtsjof en Stalin in 1936 in die Kremlim.

Dit het moontlik geword ná die dood van Josef Stalin in Maart 1953. Chroesjtsjof het Stalin se wandade op die 20ste kongres van die Kommunistiese Party bekend gemaak[3] en hom van massamoord tydens die Groot Suiwering beskuldg.[4][5] Hy het ook tydens sy magstryd om die Sowjet-leier te word ontslae geraak van die Staliniste in die regering. Hoogtepunte van die Ontdooiing was Chroesjtsjof se besoek in 1955 aan Beijing in China en Belgrado in Joego-Slawië, sy ontmoeting met Dwight D. Eisenhower later dié jaar en sy daaropvolgende besoek aan die VSA in 1959.

Die Ontdooiing was die begin van onomkeerbare veranderings in die Sowjetunie soos ekonomiese hervormings en internasionale handel, vryheid van inligting in die media, opvoedkundige en kulturele kontakte, feeste, boeke deur buitelandse skrywers, buitelandse rolprente, kunsvertonings, nuwe musiek, danse en modes en internasionele mededinging in sport. Dit was ’n reeks stappe sonder presedent wat mense verlos het van vrees en diktatorskap. Stalin se liggaam is ook uit die Lenin-mausoleum verwyder. Hoewel die magstryd tussen die liberale en konserwatiewes nooit geëindig het nie, het dit die Kommunistiese Party eindelik verswak.

Herhaling van geskiedeniswysig

Baie historici vergelyk die Chroesjtsjof-ontdooiing met Michail Gorbatsjof se hervormings in die 1980's, perestroika en glasnost. Hoewel hulle in verskillende eras leiers van die Sowjetunie was, het hulle albei drastiese hervormings ingestel. In albei gevalle het dit net ’n paar jaar geduur en is dit deur die volk ondersteun, maar deur bittereinders teengestaan. Albei leiers is uit hul amp onthef, hoewel die gevolge van hul hervormings geheel en al verskil het.

Verwysingswysig

  1. William Taubman, Khrushchev: The Man and His Era, Londen: Free Press, 2004
  2. "Joseph Stalin killer file". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2013. Besoek op 17 Maart 2012.
  3. Tompson, William J. Khrushchev: A Political Life. New York: St. Martin's Press, 1995
  4. Khrushchev, Sergei N., vertaal deur William Taubman, Khrushchev on Khrushchev, Boston: Little, Brown and Company, 1990.
  5. Rettie, John. "How Khrushchev Leaked his Secret Speech to the World", Hist Workshop J. 2006; 62: 187–193.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media