Christiana Figueres

Diplomaat van Costa Rica

Karen Christiana Figueres Olsen (gebore op 7 Augustus 1956) is 'n Costa Ricaanse diplomaat met 35 jaar ervaring in nasionale en internasionale politiek op die hoogste vlak. In Julie 2010 is sy aangestel as sekretaris-generaal van die UNFCCC, die Verenigde Nasies se Klimaatveranderingskonferensie,[1][2] ses maande na die mislukte Kopenhagen-klimaatveranderingskonferensie (COP15) in 2009. Sy het die Nederlander Yvo de Boer in die pos opgevolg.

Christiana Figueres
Christiana Figueres in Londen in 2018
Gebore
Karen Christiana Figueres Olsen

7 Augustus 1956 (1956-08-07) (67 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Costa Rica Costa Rica
BeroepOmgewingsaktivis en diplomaat
Bekend virProminente rol om Parys-klimaatooreenkoms suksesvol te onderhandel
Webwerfchristianafigueres.com

In die daaropvolgende jare het Figueres hard gewerk om die onderhandelingsproses rondom die Klimaatverdrag weer op koers te kry, met die fokus op deursigtigheid en samewerking. Gedeeltelik as gevolg van haar pogings, is die Parys-ooreenkoms in Desember 2015 gesluit.[3][4]

Christiana Figueres is op 18 Julie 2016 opgevolg as sekretaris-generaal van die UNFCCC deur die Mexikaanse Patricia Espinosa.[5]

Tydens haar wetenskaplike loopbaan het sy aan klimaatsverandering, volhoubare ontwikkeling, energie, grondgebruik, en tegniese en finansiële ontwikkeling gewerk. Figueres hou gereeld lesings[6] en is die skrywer van 'n reeks boeke.[7]

In Februarie 2020 publiseer sy 'n boek waarin sy openlik betoog vir burgerlike ongehoorsaamheid om die klimaat te red.[8]

Christiana Figueres het twee dogters en is Spaans, Engels en Duits magtig.

Verwysingswysig

  1. "Secretary-General Appoints Christiana Figueres of Costa Rica as Executive Secretary of United Nations Framework Convention on Climate Change". Verenigde Nasies. Besoek op 17 Mei 2010.
  2. "Sentient Developments - Five simple reasons why the Copenhagen Climate Conference failed" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2019.
  3. "Nicholas Stern responds to news that Christiana Figueres will step down from UNFCCC role" (in Engels). 19 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2019. Besoek op 5 Maart 2018.
  4. "An architect of the Paris climate agreement isn't losing sleep over Trump pull out" (in Engels). 5 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 5 Maart 2018.
  5. "Executive Secretary, Klimaatverdrag UNFCCC" (in Japannees). 18 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  6. "Christiana Figueres Speeches". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  7. "Christiana Figueres Publications". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  8. Figueres, Christiana; Rivett-Carnac, Tom (25 Februarie 2020). "The Future We Choose. Surviving the Climate Crisis" (in Engels). Knopf. ISBN 9780525658351. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2020. Besoek op 25 Februarie 2020.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media