Christiaan Hendrik Persoon

Christiaan Hendrik Persoon (* 1 Februarie 1761 in Stellenbosch, Kaapkolonie; † 16 November 1836 in Parys, Frankryk) was 'n mikoloog (swamkundige) en botanikus. Persoon het wêreldwyd bekendheid verwerf as die grondlegger van sistematiese mikologie (die studie van swamme) en word saam met sy tydgenoot Elias Magnus Fries as die vader van moderne swamkunde beskou. Sy botaniese outeursafkorting is Pers.

Christiaan Hendrik Persoon
Gebore1 Februarie 1761
Sterf16 November 1836
BeroepMikoloog en botanikus
Bekend virGrondlegger van sistematiese mikologie

Lewe en werkwysig

Vroeë lewewysig

Christiaan Hendrik Persoon is op 1 Februarie 1761 op Stellenbosch gebore as die derde kind van Christian Daniel Persoon, 'n Duitse immigrant uit Pommere en sy vrou, Elizabeth Wilhelmina Groenwald, 'n boorling van Nederland.[1] Sy ma is enkele weke ná sy geboorte oorlede. Toe Christiaan dertien jaar oud was, is hy deur sy pa na Europa gestuur om daar sy opleiding te ontvang. Een jaar later is sy pa oorlede.

Opleidingwysig

Persoon het aanvanklik, omstreeks 1783, aan die Universiteit van Halle-Wittenberg in teologie gestudeer, maar op 22-jarige ouderdom oorgeskakel na geneeskunde aan die Universiteit van Leiden, Nederland. Later het hy na Göttingen verhuis waar hy plantkundige navorsing gedoen het. In 1799 het hy sy doktoraat van die Kaiserlich-Leopoldinisch-Carolinische Deutsche Akademie der Naturforscher in Erlangen ontvang.[2]

Latere lewewysig

Persoonia levis

In 1802 het Persoon hom in Parys gevestig waar hy die res van sy lewe deurgebring het. In 'n minder gegoede buurt van die Franse hoofstad het hy 'n vertrek op die sesde verdieping van 'n huis gehuur. Persoon was blykbaar ongetroud, werkloos en het 'n teruggetrokke bestaan in armoede gevoer, alhoewel hy met botanici dwarsoor Europa gekorrespondeer het. Vanweë sy moeilike finansiële situasie het hy ingestem om sy herbarium aan die Huis van Oranje te skenk, in ruil vir 'n lewenslange pensioen.[3] Sy versameling maak tans deel uit van die Nationaal Herbarium Nederland in Leiden.

In 1834 het Persoon voorgestel om ook sy biblioteek en sy versamelings aan die Nederlandse koningshuis te skenk. Sy voorstel is aanvaar, en toe Persoon in 1836 in Parys oorlede is, is sy biblioteek, manuskripte en sy versameling gedroogde plante by sy herbarium in Leiden gevoeg. Persoon is in die Paryse begraafplaas Père-Lachaise ter ruste gelê.

Akademiese loopbaanwysig

Dit is nie bekend wie of wat Persoon se belangstelling in plantkunde gewek het nie. Sy vroegste werk, Abbildungen der Schwämme ("Afbeeldings van swamme"), is in drie boekdele in 1790, 1791 en 1793 gepubliseer. Tussen 1805 en 1807 het twee boekdele van sy Synopsis plantarum verskyn, 'n gewilde werk waarin meer as 20 000 spesies van alle plantsoorte beskryf word.

Meer belangrik was sy baanbrekerswerk oor swamme, 'n studieveld waaraan hy 'n aantal werke gewy het. Die eerste publikasie, Synopsis methodica fungorum, het in 1801 verskyn. Dit was die beginpunt vir die nomenklatuur van Uredinales, Ustilaginales en die Gasteromycetes. In 1815 is Persoon as korresponderende lid van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskappe verkies. Maar vreemd genoeg is hy nooit by enige wetenskaplike instelling aangestel nie.

Die genus Persoonia, 'n variëteit van klein Australiese bome en struikgewasse (Proteaceae), is na hom vernoem, net soos die mikologiese tydskrif Persoonia wat sedert 1959 deur die Rijksherbarium in Nederland uitgegee word.

Belangrike werkewysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. A.O. Chater en R.K. Brummitt: Subspecies in the works of Christiaan Hendrik Persoon. In: Taxon, 15 (4), 1966, bl. 143-148
  2. R. de Zeeuw: Notes on the life of Persoon. In: Mycologia, 31 (3), 1939, bl. 369-370
  3. R.H. Petersen: Some brief reflections on C.H. Persoon. In: Kew Bulletin, 31 (3), 1977, bl. 695-698
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media