Chloraat

Eienskappe

Algemeen

NaamChloraat  
 
Termochemiese radius2,08(19) Å [1]
Lys van anione

'n Chloraat is 'n sout wat die ClO3-ioon bevat, wat die suurres van chloorsuur HClO3 is.

Chlorate is baie sterk oksideerders en die oksidasietoestand van die sentrale chlooratoom is 5+ (V). Chlorate is baie goed oplosbaar in water. Litiumchloraat het 'n oplosbaarheid van 313,5 g sout in 100 g water, wat 'n verhouding van 1,6 watermolekule per chloraat verteenwoordig.[2]

Vervaardigingwysig

Natriumchloraat is 'n produk van die elektrolise van pekel. Die energie wat vereis word om chloraat te vervaarding is 16,14e_6 kcal/ton (~74,7 kJ/g) natriumchloraat. Die totale reaksie kan geskryf word as:[3]

Die reaksie is endotermies en die spanning vir termoneutrale elektrolise (waarby geen warmte gevorm sou word nie) is 1,62 V. In die praktyk word egter gewoonlik 'n spanning van 2,75-3.5V aangelê. Die temperatuur word gewoonlik op 80 °C gehou, anders word die hipochloriet wat aanvanklik vorm nie in chloraat omgesit nie. Hierdie reaksie is taamlik stadig. Die suurgraad moet beheer word en die suiwerheid van die pekel is ook belangrik. Die aanwesigheid van lig en onsuiwerhede soos Ir, Co, Ni, Cu, Fe en Mn kan parasitêre prosesse soos die ontleding van hipochloriet en die vorming van suurstof veroorsaak, wat die effektiwiteit van die hele proses benadeel. [3]

Ongeveer 2% word op indirekte wyse vervaardig deur die reaksie:

Geskiedeniswysig

Hierdie elektrosintese is die eerste keer deur Hinsinger en Berzelius in 1802 uitgevoer, en deur Watt gepatenteer in 1851. Die eerste chloraatfabriek is in 1886 in Villers-St. Sepulchre in Switserland gebou.[3]

Gebruikwysig

Natriumchloraat word veral in die papierindustrie gebruik (94%) om ClO2 te vervaardig wat as bleikmiddel gebruik word. Ander gebruike is in die landbou om katoen te ontloof, as plantgifstof, 'n oksidant in uraanverryking en in die produksie van ammoniumchloraat wat vir vuurpylaandrywing gebruik word.[3]

Vuurhoutjies se kop bevat kaliumchloraat .

Onderrigwysig

'n Demonstrasie van kaliumchloraat wat met suiker reageer

In skole en universiteite word kaliumchloraat soms vir 'n demonstrasie van 'n eksotermiese reaksie gebruik. 'n Klein hoeveelheid word in 'n wye reageerbuis geplaas en skuins in 'n klamp geplaas met 'n bunserbrander daaronder. 'n Gummibear word later in die gesmelte kaliumchloraat gegooi wat tot 'n heftige oksidasiereaksie lei en baie pers lig veroorsaak (die kleur van kaliumatome wat in 'n vlam aangeslaan word). Aan die einde van die reaksie ontstaan baie rook en 'n reuk van verbrande karamel. Die eksperiment moet in 'n dampkas opgestel word om nie die laboratorium se brandalarm in werking te stel nie.

Verwysingswysig

  1. Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. Jospeh William Mellor A Comprehensive Treatise of Inorganic and Theoretical Chemistry, 1922, Longmans, Green and Co. Londen.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 H.S. Burney Chlor-alkali and Chlorate Technology, Symposium Proceedings, 1999, ISBN 1-56677-244-3
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media