Chichewa

Chichewa, ook bekend as Chinyanja, is ’n taal van die Bantoetaalfamilie. Die voorvoegsel "chi" word vir tale gebruik en dit beteken dus die taal van die Chewa-stam. In Malawi is die naam in 1968 amptelik van Chinyanja na Chichewa verander op aandrang van die destydse president, Hastings Kamuzu Banda (wat self van die Chewa-stam was), en dit is steeds die naam wat meestal in die land gebruik word.[1]

Chichewa
Chinyanja
Gepraat in:Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Totale sprekers:12 miljoen (2007)
Taalfamilie:Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Njassa
        Chichewa 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Malawi, Zimbabwe
Gereguleer deur:
Taalkodes
ISO 639-1:ny
ISO 639-2:nya
ISO 639-3:nya 
Verspreiding van Chichewa

In Zambië word Chichewa deur ander volke soos die Ngoni en die Kunda gepraat en die meer algemene naam Chinyanja, "(taal) van die meer" (met verwysings na die Malawimeer) word eerder gebruik. In Zambië word dit Cinyanja gespel en in Mosambiek Cinianja.

Verspreidingwysig

Chichewa is die bekendste taal van Malawi en word veral in die sentrale en suidelike dele van die land gepraat.[2] "Dit is ook een van die sewe amptelike Afrikatale van Zambië, waar dit hoofsaaklik in die Oostelike Provinsie gepraat word. Dit word ook in Mosambiek gepraat, sowel as in Zimbabwe, waar dit volgens sekere ramings die plaaslike taal is wat die derde meeste gepraat word, naas Shona en Noord-Ndebele."[3] Dit is een van die 55 tale wat op die Voyager Goue Plaat voorkom.[4]

Geskiedeniswysig

Die Chewa was ’n tak van die Maravi-volk wat van die 16de eeu of vroeër af in die Oostelike Provinsie van Zambië en in Noord-Mosambiek tot so ver suid as die Zambezirivier gewoon het.[5][6]

Die naam "Chewa" (in die vorm Chévas) is die eerste keer deur António Gamitto in geskrifte opgeneem. Hy is in 1831 op 26-jarige ouderdom aangestel as tweede in bevel van ’n ekspedisie van Tete, Mosambiek, na die hof van koning Kazembe in wat nou Zambië is. Hy het deur die land van koning Undi, wes van die Dzalanyamaberge, gereis oor ’n hoek van die huidige Malawi tot in Zambië.[7] Later het hy etnografiese en linguistieke notas en woorde neergepen. Volgens hom was die Malawi-volk (Maraves) dié wat deur koning Undi suid van die Chambwestroom (naby die huidige grens tussen Mosambiek en Zambië) regeer is, terwyl die Chewa noord van die Chambwe gewoon het.[8]

Benewens ’n paar woorde wat hy opgeneem het, was die eerste uitgebreide rekord van Chichewa dié van Johannes Rebmann in sy Dictionary of the Kiniassa Language, wat in 1877 gepubliseer maar in 1853-'54 geskryf is. Rebmann was ’n sendeling wat naby Mombasa in Kenia gewoon het en hy het sy inligting gekry by ’n Malawiese slaaf, bekend as Salimini, wat tien jaar tevore in Malawi gevange geneem is.[9] Salimini, oorspronklik van ’n plek met die naam Mphande, blykbaar in die omgewing van Lilongwe, het ook vertel van verskille tussen sy eie dialek (wat hy Kikamtunda genoem het: die taal van die plato) en die Maravi-dialek (Kimaravi) wat verder suid gepraat is.[10]

Die eerste taalboek, A Grammar of the Chinyanja language as spoken at Lake Nyasa with Chinyanja–English and English–Chinyanja vocabulary, is in 1880 deur Alexander Riddel geskryf en gedeeltelike vertalings van die Bybel is aan die einde van die 19de eeu gedoen. Verdere taal- en woordeskatboeke sluit in A vocabulary of English–Chinyanja and Chinyanja–English: as spoken at Likoma, Lake Nyasa[11] en A grammar of Chinyanja, a language spoken in British Central Africa, on and near the shores of Lake Nyasa,[12] deur George Henry (1891). Die hele Bybel is in 1912 deur William Percival Johnson in die Likomaeiland-dialek van Nyanja vertaal en gepubliseer as Chikalakala choyera : ndicho Malangano ya Kale ndi Malangano ya Chapano.[13]

Nog ’n vroeë grammatikaboek, wat op die Kasungu-dialek van Chichewa gekonsentreer het, was Mark Hanna Watkins se A Grammar of Chichewa (1937). Hierdie boek, die eerste grammatikaboek van ’n Afrikataal wat deur ’n Amerikaner geskryf is, was die produk van ’n samewerking tussen ’n jong swart Ph.D.-student en nog ’n jong swart student, Hastings Banda, wat in 1966 die eerste president van die Republiek Malawi geword het.[14][15]

Fonologiewysig

Klinkerswysig

Chichewa het vyf klinkers: "a", "e", "i", "o" en "u". Soms kom lang of dubbele klinkers voor, soos in áákúlu "groot" en kufúula "skree".[16] ’n Woord aan die einde van ’n frase se tweede laaste klinker neig om langer te wees, behalwe in nie-Chichewa-name en -woorde, soos Muthárika of ófesi – dan bly dit kort. Die bygevoegde "u" of "i" in leenwoorde soos láputopu van "laptop" of íntaneti "internet" word gewoonlik beswaarlik uitgespreek.

Konsonantewysig

Konsonante word soms deur ’n klinker gevolg, of soms deur "w" of "y":

  • ba, kha, ga, fa, ens.
  • mphwa, khwa, gwa, fwa, ens.
  • thya, mya, fya, nya, ens.

Die plek van bya word ingeneem deur die gepalataliseerde affrikaat bza en die plek van gya deur ja.

Sommige konsonante kan ook voorafgegaan word deur ’n homorganiese nasaal:

  • mba, nkha, mfa, nsa, ngwa, ens.

Die moontlike konsonantkombinasies kan dus soos volg in ’n tabel voorgestel word:

Tabel van Chichewa-konsonante
stemhebbendeenvoudiggeaspireernasaal-stemhebbendnasaal-geaspireernasaalhalfklinker
labiaalba
/ɓ/
pa
/p/
pha
/pʰ/
mba
/ᵐb/
mpha
/ᵐpʰ/
ma
/m/
(ŵa)
/wᵝ/
bwa
/ɓʷ/
pwa
/pʷ/
phwa
/pʷʰ/
mbwa
/ᵐbʷ/
mphwa
/ᵐpʷʰ/
mwa
/mʷ/
wa
/w/
bza
/bzʲ/
pya
/pʲ/
psa
/psʲ/
mbza
/ᵐbzʲ/
mpsa
/ᵐpsʲ/
mya
/mʲ/
dentaalda
/ɗ/
ta
/t/
tha
/tʰ/
nda
/ⁿd/
ntha
/ⁿtʰ/
na
/n/
la/ra
/ɽ/
dwa
/ɗʷ/
twa
/tʷ/
thwa
/tʷʰ/
ndwa
/ⁿdʷ/
nthwa
/ⁿtʷʰ/
lwa/rwa
/ɽʷ/
dya
/ɗʲ/
tya
/tʲ/
thya
/tʲʰ/
ndya
/ⁿdʲ/
nthya
/ⁿtʲʰ/
velêr/ palataalga
/g/
ka
/k/
kha
/kʰ/
nga
/ᵑg/
nkha
/ᵑkʰ/
ng'a
/ŋ/
(ha)
/h/
gwa
/gʷ/
kwa
/kʷ/
khwa
/kʷʰ/
ngwa
/ᵑgʷ/
nkhwa
/ᵑkʷʰ/
ng'wa
/ŋʷ/
ja
/d͡ʒ/
cha
/t͡ʃ/
tcha
/t͡ʃʰ/
nja
/ⁿd͡ʒ/
ntcha
/ⁿt͡ʃʰ/
nya
/ɲ/
ya
/j/
labiodentaalva
/v/
fa
/f/
mva
/ᶬv/
mfa
/ᶬf/
vwa
/vʷ/
fwa
/fʷ/
(vya)
/vʲ/
(fya)
/fʲ/
sisklankza
/z/
sa
/s/
nza
/ⁿz/
nsa
/ⁿs/
zwa
/zʷ/
swa
/sʷ/
nzwa
/ⁿzʷ/
nswa
/ⁿsʷ/
(zya)
/zʲ~ʒ/
sha
/ʃ/
affrikaatdza
/d͡z/
tsa
/t͡s/
(ndza)
/ⁿd͡z/
(dzwe)
/d͡zʷ/
tswa
/t͡sʷ/

Die spelling is in 1973 ingestel;[17] dit is die enigste vorm wat tans in Malawi gebruik word. Dit het die Chinyanja Orthography Rules van 1931 vervang.[18]

Voorbeeldfrases en -woordewysig

AfrikaansChichewa (Malawi)Chinyanja (Lusaka)
Hoe gaan dit?Muli bwanji?Muli bwanji?
Dit gaan goedNdili bwinoNili bwino / Nili mushe
DankieZikomoZikomo
JaIndeEe
NeeAiIyai
Wat is jou naam?Dzina lanu ndindani?Zina yanu ndimwe bandani?
My naam is...Dzina langa ndine...Zina yanga ndine...
Hoeveel kinders het jy?Muli ndi ana angati?Muli na bana bangati?
Ek het twee kindersNdili ndi ana awiriNili na bana babili
I wil hê...Ndikufuna...Nifuna...
KosChakudyaVakudya
WaterMadziManzi
Hoeveel kos dit?Ndi zingati?Ni zingati?
Sien jou môreTidzaonana mawaTizaonana mailo
Ek het jou liefNdimakukondaNikukonda

Verwysingswysig

  1. Kishindo (2001), p.265.
  2. Mchombo (2006).
  3. Malawian Writers and Their Country, gepubliseer op Lulu.com, bl. 143
  4. "Voyager Greetings"
  5. Marwick (1963)
  6. Newitt (1982).
  7. Marwick (1964).
  8. Marwick (1963), p.383.
  9. Rebman (1877), voorwoord.
  10. Rebmann (1877) s.v. M'ombo.
  11. Woodward, M. E. 1895.
  12. Henry, George. 1891.
  13. The UMCA in Malawi, p 126, James Tengatenga, 2010
  14. Watkins (1937), p.7.
  15. Wade-Lewis (2005).
  16. Atkins (1950), p.201.
  17. Sien Kishindo (2001), p.267.
  18. Atkins (1950), p.200.

Bibliografiewysig

Eksterne skakelswysig

Wiki Baike
Sien gerus Wiki Baike se uitgawe in Chichewa
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media