Charles Dickens

Engelse skrywer en sosiale kritikus (1812–1870)

Charles John Huffam Dickens (7 Februarie 18129 Junie 1870) was die gewildste Engelse romanskrywer van die Victoriaanse era en een van die gewildste ter alle tye. Dickens het sommige van die Engelse letterkunde se mees ikoniese karakters geskep.

Charles Dickens
Charles Dickens in New York, 1867
Gebore
Charles John Huffam Dickens

7 Februarie 1812
Landport, Hampshire, Engeland
Sterf9 Junie 1870 (op 58)
Higham, Kent, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepSkrywer
Bekend virThe Pickwick Papers
Oliver Twist
A Christmas Carol
David Copperfield
Bleak House
Hard Times
Little Dorrit
A Tale of Two Cities
Great Expectations
EggenootCatherine Thomson Hogarth
KindersCharles Dickens, Jr.
Mary Dickens
Kate Perugini
Walter Landor Dickens
Francis Dickens
Alfred D'Orsay Tennyson Dickens
Sydney Smith Haldimand Dickens
Henry Fielding Dickens
Dora Annie Dickens
Edward Dickens
Handtekening

Baie van sy romans het vir die eerste keer as vervolgverhale in tydskrifte verskyn, 'n destyds gewilde formaat. Terwyl ander outeurs dikwels hulle romans voltooi het voordat hulle as vervolgverhale verskyn het, het Dickens gereeld sy episodes tydens publikasie ontwikkel. Hierdie formaat het beteken dat baie van Dickens se episodes of hoofstukke 'n spannende einde het, wat bedoel was om lesers te lok om ook die volgende uitgawe te koop en te lees.[1] Sy romans en kortverhale is steeds uiters gewild - hulle was nog nooit uit druk nie.[2] Dickens se werk is ten nouste verbonde aan sy eie lewe; in sy werk kom naas sterk sosiale bewoënheid 'n meegevoel vir die belaglike en 'n groot belangstelling in misdaad en dood tot uitdrukking

Verskeie outeurs, soos George Gissing en G. K. Chesterton, het Dickens se werke dikwels geprys vir sy meesterlike prosa en sy karakters se unieke persoonlikhede, alhoewel ander outeurs, soos Henry James en Virginia Woolf, hom weer gekritiseer het vir oordrewe sentimentaliteit en ongeloofwaardigheid.[3]

1812 - 1837wysig

Die werk wat hom onmiddellik beroemd gemaak het, Pickwick Papers, het in 1837 verskyn, en dit, tesame met Sketches by Boz, wat reeds in 1836 verskyn het, was die begin van sy loopbaan.

Vooraf het daar 'n paar gebeurtenisse plaasgevind wat 'n beslissende invloed op hom sou hê en wat telkens weer sou terugkeer in sy romans en die talle artikels wat hy geskryf het. Sy oupa aan moederskant het geld verduister en na die eiland Man gevlug, terwyl die familie agtergebly het met die vrees vir die skande wat op sy moontlike terugkeer kon volg.

Sy pa was 'n klerk by die betaalkantoor van die Admiraliteit en kon nie met geld werk nie, en 'n poging van sy ma om 'n losieshuis vir gegoede meisies aan die gang te kry, het misluk. Sy pa, John Dickens, het as gevolg van skuld tronkstraf gekry en Charles moes in 1823 as etiketplakker in Warrens se skoenpolitoerfabriek gaan werk, 'n vernedering wat hom sy hele lewe lank sou bybly.

In 1827 het Dickens 'n hulpklerk by ʼn regspraktyk, Ellis en Blackmore, in Gray's Inn, geword. Daar het hy homself snelskrif geleer en twee jaar later was hy verslaggewer by een van die ou geregshowe in Londen, die Doctors' Commons. Later het hy parlementêre verslaggewer vir die True Sun en die Morning Chronicle geword. Dit was gedurende hierdie tyd dat hy Maria Beadnell ontmoet het, maar haar familie het die verliefde Dickens nie respektabel genoeg geag nie, trouens, sy ook nie.

In 1836 is hy met Catherine Hogart getroud en is die gereelde stukkies wat hy onder die skuilnaam Boz geskryf het, in die Monthly Magazine gepubliseer onder die opskrif Sketches by Boz en geïllustreer deur George Cruikshank (1792-1878). wat later ook Oliver Twist sou illustreer. Catherine het twee susters gehad, Mary en Geor gina. Mary, wat by Catherine en Charles gaan woon het, is op 17-jarige ouderdom oorlede. Haar vroeë dood het 'n diep indruk op Dickens gemaak. Georgina het later, nadat die huwelik met Catherine in 1858 ontbind is, huishoudster van die gesin geword. In 1837, toe Mary oorlede is, het Pickwick Papers verskyn, eers met illustrasies deur Robert Seymour (1798-1836) en ná sy selfmoord, met illustrasies deur Phiz (Hablot Knight Browne; 1815-1882). Die avonture van die lede van die Pickwick Club, en die onsterflike bediende Sam Weller, het Dickens se roem as skrywer verseker.

1837 - 1850wysig

Gedurende hierdie tydperk het Dickens agt boeke en 'n groot aantal verhale en artikels geskryf. Hy het 'n gewilde literêre persoonlikheid geword wat in noue voeling met die publiek was; hy het 'n groot vriendekring opgebou en baie gereis, onder andere na Amerika (1842), Italië (1844/ 45) en Switserland (1846 tot 1848). Hy het, soos dit destyds gebruiklik was, maandeliks of weekliks in tydskrifte gepubliseer. So is Oliver Twist byvoorbeeld in 1838 in Bentley's Miscellany gepubliseer. Die verhaal is tipies Dickens: die weeshuise word aan die kaak gestel. Dickens se belangstelling in die misdadiger kom ook vir die eerste keer na vore in karakters soos Fagin en Bill Sikes.

Nicholas Nickleby, met die skerp uitbeelding van Mr Squeers se slegte skool, Dotheboys Hall in Yorkshire, het in 1839 in los aflewerings verskyn. The old Curiosity Shop, met die sentimentele dood van Little Nell, en Barnaby Rudge, oor die Gordon-onluste, is in 1841 as deel van 'n reeks gepubliseer. Die historiese Barnaby Rudge was die eerste roman waarin Dickens die maatskappy in sy geheel probeer beskrywe het. Uit sy Amerikaanse reis (Dickens het die land verafsku) het American Notes (1842) en die roman Martin Chuzzlewit (1843-1844), waarin die huigelaar Mr Pecksniff voorkom, ontstaan.

Van 1843 af het Dickens Kersverhale geskryf. Die beroemde A Christmas Carol (1843), met die gierige Scrooge, was die eerste van die sogenaamde "Christmas books", wat in groot mate bygedra het tot Dickens se gewildheid. The Chimes (1844) en The Cricket on the Hearth (1845) ressorteer ook hieronder. Pictures from Italy, geïllustreer deur Samuel Parker, was die resultaat van sy Italiaanse reis en is in 1846 deur die Daily News, wat deur Dickens opgerig is, uitgegee.

In Switserland het hy Dombey and son (1848) geskryf, wat 'n keerpunt in sy oeuvre was, want daarin was hy vir die eerste keer ernstig besig met die sielkunde van die kind, en in die uitbeelding van die sosiale klas het hy uitgestyg bo die skepping van amusante karakters. Ook die konstruksie in Dombey and son is opmerklik anders, terwyl die bou van die spoorlyn as simbool van die sosiale veranderinge en die kapitalistiese stelsel as spieël van die maatskappy in sy geheel, werklik funksioneel gebruik word.

Hierdie periode is afgesluit met David Copperfield (1850), wat grotendeels 'n outobiografiese roman is. In die karakter van Mr Micawber kan byvoorbeeld heelwat van Dickens se pa herken word, en in David se liefde vir Dora Spenlow dié van Dickens vir Maria Breadnell. Met hierdie romantisering van sy eie jeug het Dickens die verwondering wat hy uit sy jeugjare saamgedra het, finaal afgeskryf.

1850 - 1870wysig

Die laaste periode staan in die teken van Dickens se egskeiding, sy sosiale bedrywighede, toneelvoorstellings en voorlesings uit sy eie werk. In hierdie laaste tydperk het hy heelwat tyd in Frankryk deurgebring en hy het in Gad's Hill naby Rochester, Kent, gewoon.

 Uit sy betrokkenheid by die sosiale probleme het die groot romans Bleak House (1853) en Hard Times (1854) ontstaan, met hul interpretasie van die gruwels van die Industriële Revolusie. Hard Times was opgedra aan Thomas Carlyle. Hy het ook 'n minder geslaagde Child's history of England (1852-1854) geskryf, waarin sy konserwatisme duidelik na vore kom. In 1857 het Little Dorrit, met die satiriese beskrywing van die burokratiese Circumlocution office, verskyn. In 1857 het hy ook die aanvallige aktrise Ellen Ternan ontmoet, met wie hy later 'n verhouding gehad het. Sy egskeiding met Catherine het in 1858 plaasgevind en Dickens het breedvoerig daaroor verslag gedoen in die pers. Van 1858 af het hy feitlik oor die hele Engeland voorlesings uit sy werk gehou. Dickens het veral groot sukses gehad met die verhale oor die dood van Little Nell en dié van Paul Dombey vanweë die sentimentele inslag daarvan. Die reeks voorlesings wat hy in 1867 en 1868 in Amerika gehou het, het egter sy gesondheid erg aangetas.

Ná sy egskeiding het hy minder geskryf: net vier romans, waarvan die laaste, Edwin Drood, nooit voltooi is nie. In samewerking met Wilkie Collins het hy voortgegaan met werk vir sy weekblad, en vanaf 1850 het hy die redaksie van Household Words behartig, wat in 1859 die weekblad All the Year Round geword het.

A Tale of two Cities (1859) en die historiese roman Barnaby Rudge, met die Franse Revolusie as tema, was die laaste van sy werke wat deur Phiz geïllustreer is. In Great Expectations het hy in sekere sin teruggegryp na David Copperfield. In 'n boeiende en hegte konstruksie word beskryf hoe die jong man Pip, wat deur valse pretensies 'n snob geword het, leer om die werklikheid te aanvaar.

In 1865 het Our Mutual Friend verskyn, waarin daar minder van die laaste periode se somberheid te bespeur is, en in 1870 het die eerste aflewering verskyn van The Mystery of Edwin Brood. Dickens is egter voor die voltooiing daarvan op 9 Junie 1870 in Gad's Hill oorlede.

Charles Dickens is op die ereplek in Poets' Corner in die Westminster-abdy begrawe. Saam met Shakespeare is hy die Engelse skrywer wie se werk die meeste gelees is en word.

Verwysingswysig

  1. Stone, Harry. Dickens' Working Notes for His Novels. Chicago, 1987.
  2. Swift, Simon. "What the Dickens?", The Guardian, 18 April 2007.
  3. Henry James, "Our Mutual Friend", The Nation, 21 December 1865.

Eksterne skakelswysig

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media