Charlbi Dean

Suid-Afrikaanse aktrise

Charlbi Dean Kriek ( /ˈʃɑːrlbi/ SHARL -bee ; [1] 5 Februarie 199029 Augustus 2022) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise en model. [2] Sy was veral bekend vir haar rolle in die Spud-films (2010–2013), die superheld-dramareeks Black Lightning (2018) en die Palme d'Or- wenner, Triangle of Sadness (2022).

Charlbi Dean Kriek
Charlbi tydens die Cannes-rolprentfees in Mei 2022
Gebore
Charlbi Dean Kriek

(1990-02-05)5 Februarie 1990
Kaapstad, Suid-Afrika
Sterf29 Augustus 2022 (op 32)
Beroep
  • Aktrise
  • model
TelevisieBlack Lightning (TV-reeks)
LewensmaatLuke Volker (2018–2022)

Vroeë lewe en loopbaanwysig

Kriek is gebore op 5 Februarie 1990 [3][4] en het in Kaapstad grootgeword. Haar ouers was Joanne Muller en Johan Kriek. Sy het 'n broer, Alex Jacobs, gehad. [5] Sy het op die ouderdom van 6 begin modelwerk doen en in advertensies en katalogusse verskyn. Sy het op 12-jarige ouderdom 'n betrekking by Alfa Model Management aanvaar en van 14-jarige ouderdom tuisonderrig ontvang. Tydens haar loopbaan het sy gereeld rondgerits tussen Kaapstad; waar sy Waterfront Theatre School bygewoon het [6][7]; en bestemmings soos Tokio, New York en Londen. [8][9]

In Oktober 2008 het Kriek en medemodel Ashton Schnehage 'n motorongeluk oorleef. Haar beserings het 'n gebreekte pols, vier gebreekte ribbes en 'n ineengestorte long ingesluit. Sy is gehospitaliseer by Medi-Clinic, Milnerton, waar sy lewensbelangrike chirurgie ondergaan het. [10] Sy het ná die ongeluk 'n blaaskans geneem. [11]

In 2010 het Kriek haar rolprentbuiging gemaak as Amanda in die rolprentverwerking van Spud , welke rol sy in die opvolgverhaal Spud 2: The Madness Continues ook gespeel het. Sy het voortgegaan om in die rolprente Don't Sleep in 2017 en An Interview with God in 2018 te speel [12][13] In dieselfde jaar het sy die rol van Syonide losgeslaan, 'n karakter wat sy tydens twee seisoene van die Arrowverse-reeks Black Lightning vertolk het. [14][15] In Februarie 2020 is aangekondig dat Kriek by die rolverdeling van Ruben Östlund se satiriese rolprent Triangle of Sadness aangesluit het, wat tydens die 2022 Cannes-rolprentfees vertoon is en die Palme d'Or gewen het. [16][17]

Persoonlike lewe en doodwysig

Kriek was verloof aan 'n mede-Suid-Afrikaanse model genaamd Luke Volker. [18][19]

Op 29 Augustus 2022 is Dean in 'n hospitaal in New York opgeneem nadat sy olik begin gevoel het. [20] Haar aanvanklike simptome was lig, maar haar toestand het vinnig versleg, en sy is etlike ure later op 32-jarige ouderdom oorlede. [3][20][19] Die finale oorsaak van haar dood is steeds onbekend, hangende die uitslae van 'n lykskouing, alhoewel daar reeds bevind is dat sy 'n virusinfeksie in haar longe gehad het. [20] Haar milt is ná die motorongeluk in 2008 verwyder, wat die risiko van ernstige infeksies verhoog het. [20][21]

Kriek is kort voor die internasionale vrystelling van Triangle of Sadness[22] oorlede. Peter Bradshaw van The Guardian het geskryf dat sy “’n ware ster-in-wording was. Haar verlies is 'n groot een ... [sy] het 'n unieke styl en enorme belofte gehad."

Filmografiewysig

Filmwysig

JaarFilmRolNotas
2010SpudAmanda[23]
2012Illusive FieldsNadiaKortfilm [24][14]
2013Death Race 3: InfernoCalamity J[25]
Spud 2: The Madness ContinuesAmanda[26]
2016Blood in the waterPheebee
2017Don't SleepShawn Edmon[25]
2018An Interview with GodGrace[25]
PortholeJennifer / Kassidy Kubrick[27]
2022Triangle of SadnessYaya[19]

Televisiewysig

JaarTV-reeksRolNotas
2017ElementaryBeautiful WomanEpisode: "High Heat"[14]
2018Black LightningSyonideHerhalende rol, 9 episodes [14]

Verwysingswysig

  1. "An Interview With God: Charlbi Dean Interview". An Interview with God. 13 Julie 2018. Besoek op 15 Oktober 2021.
  2. "Like It's '98 with Charlbi Dean Kriek". Marie Claire South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
  3. 3,0 3,1 Evans, Greg; Pedersen, Erik (30 Augustus 2022). "Charlbi Dean Dies: 'Triangle Of Sadness' Actor Was 32". Deadline. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2022. Besoek op 30 Augustus 2022.
  4. Dillon, Nancy (31 Augustus 2022). "Charlbi Dean, Breakout Star of Palme d'Or-Winning 'Triangle of Sadness,' Dead at 32". Rolling Stone. Besoek op 31 Augustus 2022.
  5. McKay, Bronwyn (31 Augustus 2022). "Charlbi Dean's family pay tribute to the up-and-coming star: 'We love you forever and always'". Channel24. Besoek op 31 Augustus 2022.
  6. Sinkins, Estelle (12 Maart 2010). "'Spud' screen queens: meet the women who dominate here's love life". The Witness. Besoek op 30 Augustus 2022.
  7. Shiffman, Allyson (27 Mei 2022). "'Triangle of Sadness' star Charlbi Dean has that from-the-inside-out radiance of a 1990s supermodel". Vogue Scandinavia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2022. Besoek op 4 Junie 2022.
  8. "Charlbi Dean Kriek – Interview #3". Justin Polkey. Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
  9. Brown, Emma (19 September 2013). "Gloves Off". Interview Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
  10. Evans, Sally; Kamaldien, Yazeed (8 Oktober 2008). "Top SA model in horror crash". The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2021. Besoek op 18 November 2021.
  11. "Spud: The Movie – three talented local actors to bring Eve, Amanda and Christine to life on screen". Media Update. 11 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 30 Augustus 2022.
  12. "Una entrevista con Dios. No ganará premios, pero..." es.aleteia.org (in Spaans). 10 Januarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2021. Besoek op 12 Oktober 2021.
  13. Filmstarts. "Filmografie von Charlbi Dean Kriek". FILMSTARTS.de (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2021. Besoek op 12 Oktober 2021.
  14. 14,0 14,1 14,2 14,3 Freitag, Lee (30 Augustus 2022). "Black Lightning Star Charlbi Dean Dies at 32". CBR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  15. "'Black Lightning': Who Dies in the Season 2 Premiere?". DC (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2021. Besoek op 12 Oktober 2021.
  16. Wiseman, Andreas (4 Februarie 2020). "'Triangle Of Sadness': Harris Dickinson, Charlbi Dean & Woody Harrelson Lead Satire From Palme D'Or Winner Ruben Ostlund; Imperative, 30WEST, More Join". Deadline. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2021. Besoek op 12 Oktober 2021.
  17. Frank, Jason P. (30 Augustus 2022). "Charlbi Dean, Star of Palme d'Or Winner Triangle of Sadness, Dead at 32". Vulture (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  18. "Local star Charlbi Dean Kriek has sadly passed away". Cape Town Etc. 30 Augustus 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 30 Augustus 2022.
  19. 19,0 19,1 19,2 Horton, Adrian (30 Augustus 2022). "Charlbi Dean, model and Triangle of Sadness actor, dies aged 32". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2022. Besoek op 30 Augustus 2022.
  20. 20,0 20,1 20,2 20,3 Dillon, Nancy (1 September 2022). "Charlbi Dean's Brother Recalls 'Extremely Loving' Actress, Shoots Down 'Ridiculous' Antivax Theory". Rolling Stone (in Engels (VSA)). Besoek op 1 September 2022.
  21. "Spleen problems and spleen removal". National Health Service. Besoek op 1 September 2022.
  22. Bradshaw, Peter (30 Augustus 2022). "Charlbi Dean was a true star-in-the-making. Her loss is a huge one". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2022. Besoek op 30 Augustus 2022.
  23. "Actress Charlbi Dean dies". uk.sports.yahoo.com. 30 Augustus 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  24. "Illusive Fields". Berlinale Talents (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  25. 25,0 25,1 25,2 Johnson, Alan (31 Augustus 2022). "Charlbi Dean's trainer says star was 'happy and healthy' in days before death". Daily Mirror (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  26. "Charlbi Dean, 'Triangle of Sadness' and 'Black Lightning' actor, dies at 32". NBC News (in Engels). 30 Augustus 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
  27. Barnes, Mike (30 Augustus 2022). "Charlbi Dean, Actress in 'Triangle of Sadness' and 'Black Lightning,' Dies at 32". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2022. Besoek op 31 Augustus 2022.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media