Cats

Cats is ’n musiekblyspel wat in 1981 deur Andrew Lloyd Webber gekomponeer is. Dit is gegrond op T.S. Eliot se bundel “Old Possum's Book of Practical Cats”. Cats is een van die gewildste musiekteaterstukke nóg. Miljoene mense het dit al gesien.[1]

'n Voorstelling van Cats in Warschau, 2007.
Ou Deuteronomium wys Grizabella as die uitverkore kat aan.

Die eerste vertoning van Cats het op 11 Mei 1981 in die New London-teater in Londen se West End plaasgevind. Op 7 Oktober 1982 maak die blyspel sy Broadway-debuut in die Winter Garden-teater. Dit het eers op 11 Mei 2002 (na 8,949 vertonings) in Londen en op 10 September 2000 (na 7,485 vertoning) op Broadway ten einde geloop. Hiermee was dit die musiekblyspel met die langste speelvak ooit in beide Londen en Broadway gewees. Die première van die Duitse weergawe van die blyspel het op 24 September 1983 in die Theater an der Wien in Wene plaasgevind.

Dit was aanvanklik ook die langslopende vertoning op Broadway gewees, maar die The Phantom of the Opera het dit in Januarie 2006 verbygesteek. Dieselfde het in Londen gebeur, waar Les Misérables later meer vertonings gelewer het.

Cats het in 1982 die Laurence Olivier-toekenning vir Beste Nuwe Musiekblyspel gewen, asook die Tony Award vir Beste Musiekblyspel 1983.

Storiewysig

Die verhaal speel op 'n vullishoop af en handel oor een aand in die lewens van die katte wat daar woon. Die katte stel hulself aan die publiek voor en verklaar dat hulle die Jellicle Cats is, 'n soort magiese stam van pratende katte. Laaste kom Ou Deuteronomium te voorskyn. Hy is die ouste kat, en ook die wyse leier van die groep. Hy verklaar dat vanaand 'n besondere aand is, en dat een van die katte uitverkore sal wees om herbore te word op 'n plek wat die Heavyside Layer genoem word.

Hierna kan gesien word hoe die katte met mekaar omgaan. Hulle maak rusie, skeer die gek en kry ongelukkies. Macavity is die boef op die stel. Die katte is bang vir hom, maar hulle weet hoe om hom te hanteer.

Aan die einde van die tweede akte maak Ou Deuteronomium bekend dat Grizabella uitverkore is. Sy sing die katte toe en verdwyn van die stel. Ou Deuteronomium hou nou sy laaste toespraak en die blyspel kom tot 'n einde.

Liedjieswysig

Cd 1

  • Overture
  • Prologue: Jellicle Songs for Jellicle Cats
  • The Naming of Cats
  • The Invitation to the Jellicle Ball
  • The Old Gumbie Cat
  • The Rum Tum Tugger
  • Grizabella, the Glamour Cat
  • Bustopher Jones
  • Mungojerrie and Rumpleteazer
  • Old Deutronomy
  • The Jellicle Ball
  • Grizabella, The Glamour Cat
  • Memory

Cd 2

  • The Moments Of Happiness
  • Gus, the Theatre Cat
  • Growltiger's Last Stand
  • Skimbleshanks: The Railway Cat
  • Macavity: The Mystery Cat
  • Mr. Mistoffelees
  • Memory
  • The Journey To The Heaviside Layer
  • The Ad-Dressing Of Cats

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media