Capitol

Die Capitol (of Kapitool[1]) is die gebou in die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. waar die Amerikaanse Kongres vergader. Dit is ook as die Kongresgebou bekend en is die setel van die land se wetgewende gesag.[2]

Vooraansig van die Capitol-gebou.
Die Capitol vanuit die suidweste gesien.
Die Capitol snags.

Die Amerikaanse Kongres, wat hier byeenkom, bestaan uit die Amerikaanse Senaat (verteenwoordig deur twee senatore uit elke deelstaat) sowel as die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers (proporsionele verteenwoordiging volgens grootte van die deelstaat). Die Capitol word deur die National Mall van die Withuis geskei, om simbolies die skeiding met die uitvoerende mag (die president) aan te dui.

Die Capitol is 'n verwysing na die staatsmag van klassieke Rome, waar die Capitol die belangrikste van die sewe heuwels was, waarop die tempel van Juno gestaan het en daar oor die Romeinse munt gewaak het.

Bouwerk aan die Capitol het op 18 September 1793 begin. George Washington (geklee as 'n vrymesselaar) het die hoeksteen tydens 'n seremonie gelê. Die gebou is sterk deur Romeinse argitektuur en masoniese simboliek beïnvloed. Slawe is vir die aanvanklike bouwerk ingespan.[3] Die Senaatsgedeelte is in 1800 afgelewer, terwyl die gedeelte vir die Huis van Verteenwoordigers eers in 1811 gereed was. Die gebou is egter tydens die Oorlog van 1812 deur die Britte verwoes. Herstelwerk het in 1815 begin en 15 jaar geneem. Die herbou is deur die argitek Benjamin Latrobe gelei. In 1850 is dit verder uitgebrei.

Die Capitool is opvallend in die neoklassieke styl gebou. Ander neoklassieke geboue in Washington D.C. sluit in die Lincoln-monument en die Withuis. In die middel van die gebou is 'n koepel met 'n deursnee van ongeveer 30 meter. Hierdie koepel van gietyster is in 1863 voltooi en het 'n veel kleiner houtkoepel uit 1812 vervang. In die Capitol is borsbeelde van persone wat verdienstelik vir die Verenigde State was, almal Amerikaners, met uitsondering van die Belg Pater Damiaan.

Verwysingswysig

  1. HAT, tweede uitgawe, sesde druk, 1987
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. (nl) Zwarte slaven geëerd voor bouw Capitool, NOS, 17 Junie 2010

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 38°53′23.43″N 77°00′32.94″W / 38.8898417°N 77.0091500°W / 38.8898417; -77.0091500

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media