California Club

Die California Club, wat op 24 September 1887 as 'n privaat vereniging vir leidende persoonlikhede uit alle lewenssfere in Los Angeles gevestig is, word onder die wêreld se mees prestigieuse sosiale klubs gereken. Volgens 'n ou segswyse vergader persone, wat Los Angeles bestuur, in die Jonathan Club, maar diegene, in wie se besit die stad is, is lede van die California Club.[1] Tot 1987 was lidmaatskap beperk tot mans.[2][3]

Die California Club se klubhuis (links) in 538 South Flower Street in die middestad van Los Angeles
Die klubhuis is in die Neorenaissance-styl ontwerp (plaaslik bekend as Italian Renaissance Revival)

Die klubhuis met agt verdiepings in die middestad van Los Angeles, wat deur die bekende argitek Robert D. Farquhar (1872–1967) in die Neorenaissance-styl ontwerp en in 1930 op 'n perseel in die suide van die destyds groeiende sakedistrik voltooi is, is die vierde hoofkwartier wat vir die klub opgerig is. Een van die hoofdoelwitte was om vir sy lede geleentheid vir ontspanning te bied. Die American Institute of Architects (AIA) het aan Farquhar ter geleentheid van die voltooing van die klubgebou 'n ereprys vir sy ontwerp toegeken.

Dit is tans een van die bekendste historiese bakens in die Amerikaanse Weskusmetropol, met 'n waardevolle handvervaardigde meubilering, kosbare ingevoerde tekstiele en talle antikwiteite wat die ekslusiwiteit van sy lidmaatskap weerspieël. Farquhar, wat sy akademiese opleiding by die Massachusetts Institute of Technology en die École des beaux-arts in Parys ontvang het, het die klubgebou van 'n eetsaal met daklig voorsien wat destyds as een van die indrukwekkendste binneruimtes in die Verenigde State beskou is.[4] Die klubgebou het daarnaas ook as hoofkwartier vir die Sunset Club gedien, 'n eetklub en debatsvereniging wat in 1895 gevestig is.

Die California Club word eweneens verbind met eersterangse kookkuns, met 'n kombuis wat deur een van die leidende Amerikaanse sjefs bestuur word, en 'n gesofistikeerde wynkelder.[5] Die gebou is geleë naby Los Angeles se Openbare Biblioteek.

Verwysingswysig

  1. www.complex.com: 25 Outrageously Expensive Social Clubs in America. Besoek op 3 September 2017
  2. Downtown LA: The California Club. Besoek op 22 April 2020
  3. Curbed LA: A map guide to LA’s most fascinating private clubs. Besoek op 22 April 2020
  4. Kevin Starr: Material Dreams: Southern California Through the 1920's. New York, NY: Oxford University Press 1990
  5. "The California Club: About the Club. Besoek op 3 September 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2017. Besoek op 3 September 2017.

Eksterne skakelswysig

Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

Koördinate: 34°3′1″N 118°15′23″W / 34.05028°N 118.25639°W / 34.05028; -118.25639

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media