Cabernet Sauvignon

Cabernet Sauvignon is een van die wêreld se gesogste rooiwyne. Dit word verbou in alle groot wynproduserende lande in 'n diverse spektrum van klimaatstreke vanaf die Kanadese Okanagan-vallei tot by die Libanese Begaa-vallei.

Cabernet Sauvignon-druiwe in Gaillac, Frankryk

Cabernet Sauvignon het internasionale aansien verkry vanweë sy prominensie in Bordeaux-wyne, waar dit dikwels met Merlot en Cabernet Franc versnit word. Vanaf Frankryk en Spanje het die druifsoort oor Europa versprei en daarna na die res van die wêreld waar dit gevind kan word in plekke soos Kalifornië se Santa Cruz-berge, Paso Robles, Napa-vallei; Nieu-Seeland se Hawkesbaai, Suid-Afrika se Stellenbosch-streek; Australië se Margaretrivier, McLaren-vallei en Coonawarra-streek en Chili se Maipo-vallei en Colchagua. Vir die grootste deel van die 20ste eeu was dit een van die wêreld se mees verboude premium rooiwyne tot dit in die 1990’s deur Merlot verbygesteek is.[1]

Ten spyte van sy prominensie in die produksienywerheid is die druif 'n relatief nuwe variëteit. Die druif is die produk van 'n toevallige kruising tussen Cabernet Franc en Sauvignon blanc tydens die 17de eeu in die suidweste van Frankryk. Die druif se gewildheid word dikwels aan sy maklike verbouing toegeskryf - die druif het 'n dik skil en die wingerdstok is gehard en bestand teen verroting en ryp – en ook aan sy konsekwente struktuur en geure wat aan die variëteit sy tiperende karakter verleen.

Verwysingswysig

  1. J. Robinson (ed) "The Oxford Companion to Wine" Third Edition pg 119-121 Oxford University Press 2006 ISBN 0-19-860990-6
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media