Burkina Faso

Landingeslote land in Wes-Afrika

Burkina Faso (Frans: [buʁkina faso], ) is 'n landingeslote land in Wes-Afrika met laagliggende golwende heuwels en hoër heuwels in die weste en suidooste. Dit word omring deur ses lande: Mali in die noorde, Niger in die ooste, Benin in die suidooste, Togo en Ghana in die suide, en die Ivoorkus in die suidweste. Burkina Faso is in Afrika suid van die Sahara geleë en word deur die Sahel in die verre noorde en die Soedangebied in die sentrum en suide gekenmerk.

Burkina Faso
Vlag van Burkina FasoWapen van Burkina Faso
VlagWapen
Nasionale leuse: Unité–Progrès–Justice
(Frans vir: "Eenheid–Vooruitgang–Geregtigheid")
Volkslied: Une Seule Nuit / Ditanyè
(Frans vir: "Een enkele nag / Lied van oorwinning")
Ligging van Burkina Faso
HoofstadOuagadougou

12°20′N 1°40′W / 12.333°N 1.667°W / 12.333; -1.667

Grootste stadOuagadougou
Amptelike taleFrans
Nasionale tale: Dyula, Fula en Mossi[1]
Regering Militêre junta

Ibrahim Traore
Onafhanklikheid
• van Frankryk
• Huidige grondwet

5 Augustus 1960
11 Junie 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
274 200 km2  (74ste)
105 900 myl2
0,146
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2006-sensus
 - Digtheid
 
21 510 181[2] (58ste)
14 017 262
64 / km2 (137ste)
165,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$52,595 miljard[3]
$2 444[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$19,932 miljard[3]
$926[3]

MOI (2019) 0,452[4] (182ste)  –  laag
Gini (2014)35,3[5] –  medium
GeldeenheidCFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD.bf
Skakelkode+226
Nasa-Satellietbeeld van Burkina Faso
Kaart van Burkina Faso

Burkina Faso beslaan 'n oppervlakte van 274 200 km² en het 'n bevolking van 21 510 181 in 2021 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Ouagadougou wat in die sentrum van dié land geleë is. Landbou en mynbou is die vernaamste ekonomiese aktiwiteite. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie.[6]

Dié land wat voorheen die Republiek Bo-Volta (genoem na die Voltarivier) was, is op 4 Augustus 1984 deur president Thomas Sankara herdoop na "die land van die regop mense" (of "regop land") in Dyula en Mossi, die hoofinheemse tale van dié land. Onafhanklikheid van Frankryk word in 1960 bereik. Onstabiliteit in die 1970's en 1980's is gevolg deur veelparty-verkiesings in die vroeë 1990's. Honderdduisende plaaswerkers trek elke jaar suid na die Ivoorkus en Ghana op soek na loonarbeid. Die inwoners van Burkina Faso staan bekend as Burkinabé wat in Fula "mans of vrouens" beteken.[7] Hiermee word al drie nasionale tale van Burkina Faso – Dyula, Fula en Mossi – by die benaming van dié land ingespan. Burkina Faso se hoofstad Ouagadougou huisves al om die twee jaar die Pan-Afrika-rolprentfees FESPACO.

Demografiewysig

Verwysingswysig

  1. (fr) André, Géraldine (31 Mei 2007). "École, langues, cultures et développement". Cahiers d'études africaines. 47 (186): 221–247. doi:10.4000/etudesafricaines.6960. ISSN 0008-0055. Besoek op 16 Augustus 2019.
  2. (en) "Burkina Faso". Central Intelligence Agency. Besoek op 16 Desember 2021.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Burkina Faso". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 16 Desember 2021.
  4. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 16 Desember 2021.
  5. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 16 Desember 2021.
  6. (en) Pearson (red.). "Burkina Faso". HAT Taal-en-feitegids. ISBN 978-1-77578-243-8.
  7. (en) "Why the name: Burkina Faso?". 12 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 16 Augustus 2019.

Bronnelyswysig

Algemeen

Eksterne skakelswysig

Regeringwysig

Nuuswysig

Oorsigtewysig

Anderwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media