Gewone dikkop

(Aangestuur vanaf Burhinus capensis)

Die gewone dikkop (Burhinus capensis) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom. Die voël word tot 18 duim hoog en het lang bene en bruin vere met wit spikkels daarop. Hierdie spikkels bied uitstekende kamoeflering in die droë grasvelde en savanne waar hulle voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Spotted thick-knee.

Gewone dikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. capensis
Binomiale naam
Burhinus capensis
(Lichtenstein, 1823)
      verspreiding

Identifikasiewysig

Hierdie voël is groter as die waterdikkop. Dit het 'n donkerbruin-en-dofgeel gespikkelde rugkant. Dit het nie grys vlerkdekvere soos die waterdikkop nie. Tydens vlug is klein wit vlekke by die basis van die binne- en buitehoofslagvere sigbaar. Die res van die slagvere en grootdekvere is swarterig. Die ondervlerk is wit met 'n swart agterrand en middelstreep. Die jong voëltjie se rugkant is meer gestreep as die volwasse voëls. Die voël het 'n vlerkspan van 80 cm.

Gewoonteswysig

Roep in 'n voorstad om middernag

Die spesie jag uitsluitlik op die grond en vreet insekte, klein soogdiere en akkedisse. Hulle maak op die grond nes en die wyfie lê gewoonlik twee eiers op 'n slag. Die mannetjie en wyfie maak die kuikens saam groot en beide dra kos aan. Die voëls beskerm hulle neste en sal selfs maak of hulle beseer is om roofdiere van die nes af weg te lok. Hulle is ook voëls wat in die aand uitkom.[1]

Sien ookwysig

Bronnelyswysig

Verwysingswysig

  1. Karli van Straten. Spotted Dikkop "Feite oor die gewone dikkop, Lincoln Park Dieretuin" Geargiveer 15 Junie 2013 op Wayback Machine
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media