Brumbies (Superrugbyspan)

Die Brumbies (voorheen bekend as die ACT Brumbies en nou as die Universiteit van Canberra Brumbies weens borgskapredes) is 'n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit die Australiese Hoofstadgebied (AHG) en die suidelike Nieu-Suid-Wallis (NSW) in. Die konsessie se spelers kom van die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie. Hul tuiswedstryde word gespeel op Canberrastadion in Canberra.

Brumbies
Stigting1996
LiggingCanberra, Australië
StreekAustraliese Hoofstadgebied en suidelike Nieu-Suid-Wallis
StadionCanberrastadion
Kapasiteit25 011
Afrigter(s)Stephen Larkham
Kaptein(s)Stephen Moore
Christian Lealiifano
Liga(s)Superrugby
201810de
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
ACT Brumbies 13 – 9 Transvaal
(5 Maart 1996)
Grootste oorwinning
ACT Brumbies 73 – 9 Noordelike Bulls
(27 Maart 1999)
Brumbies 64 – 0 Cats
(1 April 2000)
Grootste nederlaag
Hurricanes 56 – 7 Brumbies
(25 April 2009)
Amptelike webwerf
www.brumbies.com.au

Die span se naam kom van die wilde perde (brumby) in die Canberra-omgewing voorkom. Die Brumbies is in 1996 gestig om ’n derde span vir die toe nuutgestigte Super 12-kompetisie te wees. Daar is voorspel dat die Brumbies, wat bestaan het uit sogenaamde ‘uitgeworpenes’ – spelers wat nie deur die ander konsessies gekontrakteer is nie – swak sou presteer. Hulle het egter sedertdien die beste van die Australiese spanne gevaar.

Geskiedeniswysig

Rugby het ’n lang geskiedenis in die AHG. Die Britse Eilande het hul toer van 1899 deur Australië afgeskop met ’n wedstryd in Goulburn. Die AHG Rugbyunie is egter eers in 1938 gestig. Vier klubs het deel uitgemaak van die eerste plaaslike kompetisie; Ooste, RMC, Noorde en Universiteit. ’n Verteenwoordigende span van die AHG het ook in daardie jaar teen die All Blacks gespeel en met 56 - 5 verloor.

Die eerste internasionale oorwinning vir ’n verteenwoordigende AHG-span was toe hulle die span van Tonga met 17 - 6 gewen het. In 1978 het ’n AHG-span Wallis (die Vyfnasieskampioene) gewen.

Die AHG het Nieu-Suid-Wallis in 1994 met 44 - 28 op die Concord Ovaal in Sydney gewen wat die weg gebaan het vir die AHG om ’n konsessie te word om ingesluit te word by die nuwe professionele internasionale Super 12-kompetisie saam met die spanne van Queensland en Nieu-Suid-Wallis.

In die eerste Super 12-seisoen, onder Rod Macqueen, het die Brumbies vyfde geëindig op die punteleër en die uitspeelrondes net-net gemis. Die volgende seisoen was nog meer suksesvol deurdat die Brumbies gevorder het tot in die eindronde, maar hulle het verloor teen die Auckland Blues.

Eddie Jones het in 1998 oorgeneem as afrigter maar die Brumbies het in daardie seisoen teruggeval na tiende op die punteleer. Die seisoen van 1999 was egter weer baie beter en die Brumbies het vir die tweede keer vyfde geëindig en weer die uitspeelrondes net-net gemis. In 2000 het die Brumbies weer tot in die eindronde in Canberra gevorder, aangesien hulle eerste op die punteleer was. Hulle is egter deur die Crusaders met 20 - 19 verslaan.

Brumbies vs Waratahs, April 2006

In 2001 het hulle die vorige seisoen se goeie vertoning herhaal deur vir die derde keer tot die eindronde deur te dring, hierdie keer teen die Sharks van Durban. Die Brumbies het die wedstryd gewen en het gevolglik die eerste span buite Nieu-Seeland geword om die Super 12-titel te wen (hulle was ook die enigste span in die Super 12-era; die Bulls van Pretoria het dit in 2007 gewen). In daardie jaar het die Britse- en Ierse Leeus na Australië getoer en ’n wedstryd teen die Brumbies gespeel. Die toerspan kon slegs met 30 - 28 wen teen die Brumbies se tweede span wen.

David Nucifora het in 2002 die leisels oorgeneem by Eddie Jones. Onder Nucifora het die Brumbies hulle derde agtereenvolgende Super 12-eindstryd gehaal, weer teen die Crusaders. Die Crusaders het hierdie wedstryd ook gewen (met 31 - 13). Die volgende seisoen het die Brumbies in die halfeindronde vasgeval teen die Blues. Hulle het egter later daardie jaar teen Fidji en Tonga gewen.

In 2004 het die Brumbies bo-aan die punteleer geëindig. Die tweede span het ses punte minder gehad as die Brumbies. Die Brumbies het in die eindronde weer teen die Crusaders te staan gekom. Hierdie keer het die Brumbies egter gewen met 47 - 38 voor die grootste skare nog op Canberrastadion. Na afloop van die seisoen is die AHG Rugbyunie herdoop na die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie en die naam van die span is verander na "Brumbies Rugby".

Laurie Fisher het as afrigter oorgeneem vir die 2005-seisoen. Na ’n reeks oorwinnings vroeg in die seisoen het beserings hul tol begin eis en die Brumbies het uiteindelik vyfde geëindig. Die Super-12 is aan die einde van die seisoen uitgebrei na veertien spanne met een nuwe span van Australië (die Western Force) en een van Suid-Afrika (die Cheetahs).

In 2006 het die Brumbies sesde geëindig en die uitspeelrondes met slegs een ligapunt gemis nadat hulle vir die hele seisoen in die boonste vier was. Later daardie jaar het die Brumbies in die eerste seisoen van die Australiese Provinsiale Kampioenskap (APC) gespeel. In hul eerste wedstryd het hulle die Waratahs met 14 - 13 gewen op Vikingpark. Hierdie sege het ’n einde gebring aan ’n reeks verloorwedstryde teen hul tradisionele vyand. Daarna het hulle die Western Force ook op Vikingpark met 25 - 10 gewen. Ten spyte van ’n verloor teen die Reds in Brisbane het die Brumbies deurgedring na die eindronde teen die Reds in Canberra. Hulle het die eerste seisoen van die APC met 42 - 17 gewen.

Andy Friend het hom by die Brumbies aangesluit in 2008 om Laurie Fisher te vervang as afrigter.[1]

Kleure en naamwysig

ACT Brumbies logo, in gebruik tussen 1996 en 2004

Die Brumbies se tradisionele kleure is vlootblou, wit en goud. Die primêre trui is vlootblou met goue fraaiings met ’n vlootblou broek en kouse. Die alternatiewe trui is wit met vlootblou langs die kant en goue afwerkings en word gewoonlik gedra wanneer hulle nie in Canberra speel nie. Die Brumbies het ook ’n tradisionele trui wat gebruik word vir die wedstryde teen die ander Australiese Super 12-spanne (die Waratahs en die Reds), wat die Brumbies se oorspronklike primêre trui weerspieël wat tussen 1996 en 2005 gebruik is. Hierdie trui het ’n vlootblou ‘saal’ oor die skouers en wit onder die bors met goue afwerking. Die hoofborg van die truie is die sagtewaremaatskappy CA met DHL wat op die moue pronk. Die klere word gemaak deur KooGa.

Die span is genoem na die wilde perde wat in die Canberra-omgewing voorkom. Die gelukbringer vir die Brumbies is Brumby Jack. Die Brumbies was aanvanklik bekend as die ACT Brumbies toe hulle tot die Super 12 toegetree het. Kort na die 2004-seisoen het twee streeksliggame in Nieu-Suid-Wallis - Verre-Suidkus Rugbyunie en Suidelike Binneland Rugbyunie - aangesluit by die AHG Rugbyunie, waarna dit hernoem is na die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie.[2] Die span het ’n nuwe naam en logo vir die 2005-seisoen aanvaar. Die "ACT" het weggeval en die span het net bekend gestaan as "Die Brumbies". Die naamsverandering het aangedui dat die span nou ’n groter area as net die Australiese Hoofstadgebied verteenwoordig - die "Brumbies-gebied" het nou beteken dat heelwat ander gebiede in suidelike Nieu-Suid-Wallis, waaronder Riverina, Shoalhaven en die Suidelike Hooglande asook die Sunraysiagebied waarby dele van Victoria hoort, ingesluit is.[3]

Stadionwysig

Die Brumbies speel al hul tuiswedstryde op die Canberrastadion wat reg langs die Australiese Instituut van Sport in Canberra geleë is. Hulle deel die stadion met die Canberra Raiders rugby-ligaspan. Die Canberra Vikings, die Brumbies se venoot in die kortstondige Australiese Rugbykampioenskap, het een van hul rondomtaliewedstryde hier gespeel. In 2003 is wedstryde van die Rugbywêreldbeker hier gespeel. Die kapasiteit van die stadion is 25 011 sitplekke. Die grootste skare wat daar tot nog toe was, 28 753, was vir die Super 12-eindstryd in 2004. Die Brumbies het egter nie die Canberrastadion gebruik vir hul naseisoen APC-wedstryde nie en het eerder van die kleiner Vikingpark in Canberra gebruik gemaak.

Tweestrydewysig

Die Brumbies het ’n tradisionele tweestryd met die Waratahs. Die oorspronklike Brumbiespan is saamgestel uit uitgeworpenes van die Waratahs - maar dit is ironies dat die Brumbies meer sukses as ander Australiese spanne in die Super 12/14 behaal het. Wedstryde tussen die Brumbies en die Waratahs is gewoonlik kliphard en die tuisspan het nog net op twee geleenthede verloor. ’n Ander tweestryd van die Brumbies is teen die Crusaders. Die twee spanne het reeds in drie eindstryde kragte gemeet met die Crusaders wat twee gewen het en die Brumbies een. Net soos die Waratah-tweestryd gebeur dit selde dat die tuisspan verloor. Die Brumbies is ook een van die enigste spanne in die kompetisie met ’n mededingende wen/verloorrekord teen die Crusaders.

Seisoenbepalingswysig

Super 12wysig

Die volgende tabel som die Brumbies se Super 12-uitslae op:[4]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
19965de1170430627333432
19972de11803406291115941Verloor teen Auckland Blues in eindrondte
199810de11308248364-166618
19995de1150627819583828
20002de11902393196197945Verloor teen Crusaders in eindrondte
20011ste11803384204144840Wen teen Sharks in eindrondte
20022de117043742301441038Verloor teen Crusaders in eindrondte
20034de1160535831345731Verloor teen Blues in halfeindrondte
20041ste11803408269139840Wen teen Crusaders in eindrondte
20055de11515260266-6729

Super 14wysig

Die volgende tabel som die Brumbies se Super 14-uitslae op:[4]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
20066de1381432626957438
20075de1390423417361440
20089de13607277317-40630
20097de138053113056638
20106de1380535829167537

Superrugbywysig

Die volgende tabel som die Brumbies se Superrugby-uitslae op:

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BP1PteNotas
201113de164111314437−123733
20127de161006404331+731058
20133de161024430295+135860Verloor teen Chiefs in eindrondte
20144de161006412378+34545Verloor teen Waratahs in halfeindrondte
20156de16907369261+1081147Verloor teen Hurricanes in halfeindrondte

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Brumbies se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

SeisoenPos AlgPos GroepGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/−BP1PteNotas
20164de2de151005425326+99342Verloor teen Highlanders in kwarteindrondte
20174de2de15609315279+361034Verloor teen Hurricanes in kwarteindrondte

Huidige spanwysig

Brumbies 2017 Superrugbyspan

Stutte

  • Allan Alaalatoa
  • Ben Alexander
  • Les Makin
  • Nic Meyhew
  • Scott Sio
  • Faalelei Sione

Hakers

  • Robbie Abel
  • Saia Fainga’a
  • Joshua Mann-Rea

Slotte

  • Rory Arnold
  • Sam Carter
  • Blake Enever
  • Tom Staniforth
 

Losvoorspelers

  • Chris Alcock
  • Jarrad Butler
  • Tom Cusack
  • Lolo Fakaosilea
  • Scott Fardy
  • Ben Hyne
  • Jordan Smiler
  • Rob Valetini

Skrumskakels

  • Tomás Cubelli
  • Ryan Lonergan
  • Joe Powell

Losskakels

  • Wharenui Hawera
  • Jordan Jackson-Hope
  • Nick Jooste
  • Christian Lealiifano
 

Senters

  • Nigel Ah Wong
  • Anthony Fainga’a
  • Kyle Godwin
  • Tevita Kuridrani
  • Andrew Smith

Vleuels

  • James Dargaville
  • Henry Speight
  • Lausii Taliauli

Heelagters

  • Tom Banks
  • Aidan Toua

Afrigterswysig

Sedert Super 12

  • Rod McQueen (1996-1997)
  • Eddie Jones (1998-2001)
  • David Nucifora (2002-2004)
  • Laurie Fisher (2005-2008)
  • Andy Friend (2009-2011)
  • Tony Rea (2011)
  • Jake White (2012-2013)
  • Stephan Larkham (2014-)

Sien ookwysig

  • ACT en Suidelike NSW Rugbyunie

Verwysingswysig

  1. "Friend appointed CA Brumbies Head Coach" (in Engels). Brumbies. 15 April 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2011. Besoek op 17 April 2008.
  2. (en) ACT & Southern NSW Rugby Union - A Brief History Geargiveer 30 Desember 2007 op Wayback Machine; brumbies.com.au; URL besoek op 25 Februarie 2008.
  3. (en) Brumbies Territory Geargiveer 30 Desember 2007 op Wayback Machine; brumbies.com.au; URL besoek op 25 Februarie 2008.
  4. 4,0 4,1 "Superrugby spanbesonderhede (Brumbies)" (in Engels). Lassen Creative Technologies Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2020. Besoek op 16 Maart 2010.

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
2000 - Crusaders
2003 - Blues
Super 12-kampioene
2001 (eerste titel)
2004 (tweede titel)
Opgevolg deur
2002 - Crusaders
2005 - Crusaders
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media