Brenthurst-biblioteek

Die Brenthurst-biblioteek in 'n privaat versameling van Africana in Parktown, Johannesburg.

Hierdie biblioteek het ontwikkel uit die persoonlike versamelings van sir Ernest Oppenheimer en Harry Oppenheimer. Alhoewel die klem in die versameling op Suider-Afrika lê, word die hele Afrika weerspieël.

Die versameling bestaan uit 'n 20 000 boeke, 2 000 pamflette, ou tydskrifte, landkaarte, kunswerke en skilderye (o.a. van Thomas Baines) en foto's (o.a. unieke foto's van mynboubedrywighede). In die manuskripversameling is briewe en dagboeke van sendelinge, vroeë reisigers, soldate en politici. Uit die versameling kan duidelik gesien word wat die belangstellings van die Oppenheimers was: geskiedenis, politiek, volkekunde, biografie, plant- en dierkunde.

In die biblioteek is ook die uitgewersmaatskappy en boekbindery Brenthurst Press gevestig. Hierdie firma is in 1974 gestig met as doel die publikasie van Africana en as kenmerk hoogstaande redigeer-, druk- en bindwerk.

Die besondere gebou waarin die biblioteek en uitgewer gehuisves word, is op 23 Februarie 1984 geopen. Dit is 'n ontwerp van die argitek Hans Hallen.

Navorsers kan die biblioteek slegs op afspraak besoek.

Bibliografiewysig

  • The Brenthurst Library: a series of treasuries. Lantern, tydskrif vir kennis en kultuur, Julie 1984, jaargang 33, nr. 3.
  • www.brenthurst.org.za

Koördinate: 26°10′17.55″S 28°2′37.70″O / 26.1715417°S 28.0438056°O / -26.1715417; 28.0438056

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media