Brahmi-skrif

Brahmi of Brāhmī is die moderne naam van die oudste skrif wat in Indië gebruik is, in die laaste eeue v.C. en die eerste eeue n.C. Nes sy tydgenoot Kharosthi in wat nou Afganistan en Pakistan is, is Brahmi ’n abugida.

Brahmi-skrif
Die Brahmi-simbool vir /ka/, aangepas om verskeie klinkers voor te stel.
Die Brahmi-simbool vir /ka/, aangepas om verskeie klinkers voor te stel.
Soort skryfstelsel  Abugida
Tyd gebruikc. 3de eeu v.C. - 5de eeu
RigtingLinks na regs
TaleVroeë Prakrit-tale
Stelsels
Moederstelsels
SusterstelselsKharosthi
DogterstelselsTalle
ISO 15924Brah, 300
UnicodeBrahmi, U+11000–U+1107F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon  Skryfstelsels
’n Deel van die Edikte van Akosa (6de pilaar).
    Skryfstelsels    

      Abjad
      Abugida
      Alfabet
      Lettergreepskrif
      Logografies
      Kenmerk-alfabet
      Snelskrif
      Alternatief

Die bekendste Brahmi-inskripsies is die Edikte van Asoka in Noordsentraal-Indië wat in die 3de eeu v.C. in steen uitgekap is.

Die skrif is in 1837 ontsyfer deur James Prinsep, ’n argeoloog, filoloog en amptenaar van die Britse Oos-Indiese Kompanjie.[1]

Verskillende menings oor die oorsprong van die alfabet bestaan, maar die mees algemene opinie sedert die publikasie van On the origin of the Indian Brahma alphabet (1895) deur Albrecht Weber en Georg Bühler,[2][3] is dat dit uit die Aramese alfabet afgelei is.

Nes Kharosthi is Brahmi gebruik om die vroeë dialekte van Prakrit te skryf. Bestaande voorbeelde van die skrif is beperk tot inskripsies op geboue en grafte asook liturgiese tekste. Sanskrit is eers eeue later geskryf en die Brahmi-skrif is nie juis geskik vir dié taal nie; verskeie Sanskrit-klanke kan nie in Brahmi geskryf word nie.[2]

Brahmi is gewoonlik van links na regs geskryf, maar ’n muntstuk uit die 4de eeu v.C. is gevind waar die skrif van regs na links loop, soos is Aramees. Brahmi is ’n abugida, wat beteken dat elke letter ’n konsonant voorstel en klinkers aangedui word deur die konsonant te verander.

Sien ookwysig

Geskiedenis van die alfabet

Unicodewysig

Brahmi is tot die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2010, met die uitreking van weergawe 6.0. Die Unicode-blok daarvoor is U+11000–U+1107F.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Nog besonderhede oor Boeddhiste-monumente by Sanchi Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine, argeologiese opname van Indië, 1989.
  2. 2,0 2,1 Richard Salomon, "Brahmi and Kharoshthi", in The World's Writing Systems
  3. Salomon, Richard, On The Origin Of The Early Indian Scripts: A Review Article. Journal of the American Oriental Society 115.2 (1995), 271-279 

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media