Ruïne

(Aangestuur vanaf Bouval)

Die term ruïne (afgelei van Latyns ruere "[ineen]stort" en ruina, in Afrikaans ook bouval genoem) verwys na enige mensgemaakte struktuur wat hom weens 'n gebrek aan onderhoudwerk, as gevolg van doelgerigte vernietiging (soos byvoorbeeld oorlogshandelinge) of natuurrampe tans in 'n vervalle toestand bevind.

Plante groei in 'n vervalle huis
Die (gedeeltelike) bouval van Burg Aggstein, Neder-Oostenryk
Dikwels verlaat ruine bewyse van wat daar voorheen was, byvoorbeeld die uitsparings in die muur van hierdie middeleeuse kasteeltoring skou waar die balke geleë was.
Die verlate Khovrino-hospitaal in die noorde van Moskou - 'n voorbeeld van 'n moderne ruïne. Boubedrywighede het in 1980 begin en is in 1985 gestaak. Nadat die hospitaal nooit meer voltooi is nie, is die ruïne in November 2018 gesloop[1]
Met die politieke omwenteling in die voormalige Oosbloklande is talle kommunistiese monumente aan verval blootgestel. Die foto wys die Boezloedja-monument in Bulgarye

Ruïnes kan onderverdeel word in twee kategorieë:[2]

  • historiese ruïnes wat van oudsher of oor 'n lang tydperk in 'n vervalle toestand was sodat die oorspronklike bouvorm en doelwit moontlik tans nie meer bekend is nie; en
  • tydelike ruïnes waarvan die oorspronklike bouvorm moontlik nog deur tydgenote onthou kan word en wat as gevolg van meer onlangse gebeurtenisse soos oorloë of natuurrampe skade gely het. In hierdie kategorie val ook voltooide geboue wat as gevolg van politieke omwentelinge of tegnologiese vooruitgang leeg staan, of onvoltooide geboue wat weens 'n gebrek aan fondse nie voltooi kon word nie.

'n Derde soort ruïnes val in 'n besondere kategorie: kunsmatige bouvalle wat in die 18de en 19de eeu – ná die herontdekking van Pompeii – 'n soort modeverskynsel geword het en volgens antieke voorbeelde as deel van destydse Klassisistiese en Romantiese tuinargitektuur geskep is. As tuinomheinings vind gemesselde mure met ruïne-elemente ook vandag weer aanklank.[3]

Ontstaanwysig

'n Voorheen bruik- en/of bewoonbare gebou of ander struktuur begin verval sodra die nodige onderhoudwerk daaraan om ekonomiese, maatskaplike of politieke redes nie meer verrig word nie. 'n Ander oorsaak is eksterne invloede wat op 'n gebou of struktuur in werk soos brande, natuurrampe (soos aardbewings, vulkaanuitbarstings en oorstromings) en oorlogshandelinge.

Water en vogtigheid, wat die muurwerk binnedring (byvoorbeeld as die dak ontbreek of lekkasies nie meer toegestop word nie), word onder die belangrikste oorsake van natuurlike verval gereken. Historiese en moderne boumateriale verskil in terme van duursaamheid van mekaar. Veldstene in historiese geboue (soos veldsteenkerke), wat dig bymekaargepak is, is baie bestand teen water. Reënwater loop vinnig af, terwyl grondwater nie eers kan opstyg om die stewige klipwerk te deurdring nie.

Bakstene daarenteen is nouliks bestand teen verwering en verval. Weens hul poreuse struktuur suig hulle water op. Tegelykertyd kan humiedsure en soute, wat self sterk higroskopies (wateraantrekkend) is, die baksteenmuurwerk binnedring. Sodra temperature benede vriespunt daal, sal bevrore water weens sy groter volume druk op die baksteenwande begin uitoefen en hulle uiteindelik laat bars. Die bakstene sal verder verweer tot baksteenstof. In koeler tot gematigde klimaatsones sal dié soort vriesprosesse in die oorgangstye tussen somer en winter 'n paar maal per dag voorkom.

Sedimentêre gesteentes – 'n kategorie boumateriale waarin ook verskillende soorte sandsteen val – kan ook as gevolg van hul ysteroksiedinhoud aan verwering blootgestel wees. Sodra die ysterbestanddele korrodeer, dra hulle by tot die verwering van sandsteen.

Verwysingswysig

  1. russiatrek.org: Russia Travel Blog - Unfinished and Abandoned Khovrino Hospital in Moscow. Besoek op 4 Desember 2019
  2. Franz Neuwirth: Ruinen – Versuch einer denkmalpflegerischen Annäherung. In: Denkmalpflege in Niederösterreich – Band 12: Burgen und Ruinen. Von Quadern und Mauern. Wien: Amt der NÖ Landesregierung, Abteilung III/2, Kulturabteilung, bl. 6
  3. Kreisheimatpflege Dachau, 31 Augustus 2015: Neue Ruinen – Denkmal light? Besoek op 13 Mei 2017
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media