Botaniese tuin

'n Botaniese tuin is oor die algemeen 'n goed versorgde park wat verskillende soorte plante bevat. Die plante is gemerk om hulle botaniese name aan te dui. 'n Botaniese tuin kan soms spesiale tipes plante versamel, soos kaktusse, kruie of plante van sekere dele van die wêreld. Sommige van hierdie versamelings, soos tropiese plante, bergplante en ander eksotiese spesies word in kweekhuise aangehou om die regte omstandighede vir hulle oorlewing te verseker.

Botaniese tuin in Pisa, Italië.

Botaniese tuine word oor die algemeen deur universiteite of ander wetenskaplike organisasies bestuur, en het dikwels herbariums en programme wat met planttaksonomie of ander aspekte van die botaniese wetenskap verband hou. In beginsel is hulle rol om 'n gedokumenteerde versameling van lewende plante vir wetenskaplike navorsing, bewaring, tentoonstelling en die opvoedkundige waarde daarvan te onderhou.

'n Toneel in die Kirstenbosch Botaniese Tuine

Sade of steggies van plante word dikwels in die natuur versamel en dan gebruik om die botaniese tuin te vestig. Sou hierdie plante later in die natuur uitsterf, kan dit weer vanaf die botaniese tuin hervestig word.

Geskiedeniswysig

Die oorsprong van die moderne botaniese tuin kan na die medisinale tuine van die Europese Middeleeue teruggevoer word. Die eerste hiervan is in die 16de eeu tydens die Italiaanse Renaissance gestig. Die aanvanklike fokus op medisinale plante verander in die 17de na 'n belangstelling in plante wat met ontdekkingsreise van buite Europa ingebring is. Plantkunde het geleidelik onafhanklik van geneeskunde geword. In die 18de eeu het plantkundiges 'n stelsels van klassifikasie en nomenklatuur bedink wat tot vandag nog op pante en in beddings in botaniese tuine aangebring word. Met die snelle opkoms van Europese imperialisme in die laat 18de eeu, is botaniese tuine in die trope gevestig, en het botaniese tuine op die ekonomiese waarde van plante begin fokus.

Versameling vetplante in die Berlynse Botaniese Tuin.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media