Boomplantdag

Boomplantdag is 'n nieamptelike gedenkdag waarop mense bome plant. Dit word in baie lande gevier en skoolkinders neem dikwels deel.[1] Alhoewel dit gewoonlik in die lente plaasvind, hang die presiese datum van die klimaat en plantseisoen van die plek waar dit waargeneem word af. Op die dag word bosbou en bome in die algemeen beklemtoon, terwyl die gevare van bosbrande uitgelig word. Dit is 'n gulde geleentheid om 'n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome by te werk.

Vrywilligers plant 'n boom op boomplantdag.
Groter bome het 'n lekker diep gat nodig.
Die boom is pas geplant. Genoeg kompos is bygewerk.
Moenie vergeet om jou boom nat te gooi nie.

Bome is van kardinale belang vir die mens se voortbestaan. Dit bekamp lugbesoedeling, vervaardig suurstof, help om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. Dit voorkom ook erosie, verskaf skaduwee en help dat vog stadiger uit die grond verdamp. Die hout van bome word gebruik om papier, meubels, geboue en bote te maak.

Oorsprongwysig

Monument vir die eerste boomplantdag in 1805 in Spanje.

Die eerste gedokumenteerde boomplantfees is in 1594 in die Spaanse dorpie Mondoñedo gehou, waar die burgemeester dit georganiseer het. 'n Nederige merker van graniet roep die gebeurtenis in herinnering.

Die eerste moderne boomplantdag het egter eers in 1805 in die Spaanse dorp Villanueva de la Sierra plaasgevind. Dit was 'n inisiatief van 'n plaaslike priester, wat entoesiasties deur die bevolking ondersteun is.

Suid-Afrikawysig

Nasionale Boomplantdag is van 1945 tot 2000 in Suid-Afrika gevier, waarna die regering dit na 'n Nasionale Boomplantweek, gewoonlik van 1-7 September (die eerste week van die lente), uitgebrei het. Twee bome word gekies, 'n algemene en 'n skaars soort, en uitgelig om openbare bewustheid van inheemse bome te verhoog. Verskeie "groen"-aktiwiteite word ook deur skole, besighede en ander organisasies van stapel gestuur.

Die meeste aktiwiteite word deur die Departement Waterwese en Bosbou gereël. Die organisasie Kos en Bome vir Afrika (Food and Trees for Africa) gebruik ook hierdie week om mense in arm gemeenskappe te leer om tuine wat kos kan voorsien te vestig en in stand te hou.[2]

Bome wat al as boom van die jaar gekies is, is die treurbruidsbos (Pavetta lanceolata), doppruim (Pappea capensis), gewone wildepietersieliebos (Heteromorpha arborescens) en die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii).

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika Geargiveer 27 Februarie 2017 op Wayback Machine, besoek op 25 Februarie 2017

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media