Boerboel

'n Boerboel is 'n Suid-Afrikaanse hond wat spesifiek vir waghonddoeleindes geteel is. Die honde is geskiedkundig aangehou vir beskerming teen aanvalle van wilde diere.

Boerboel
Boerboelreun met stomp stert
Ander name(en) South African Mastiff
OorsprongSuid-Afrika
Kenmerke
MassaReun65-80 kg
Teef50-65 kg
Hoogte60-70 cm
Pelskort, dig, sag, glad en blink
Kleurmet of sonder gesigmasker: bruin, vaal, rooi, gestreep, gevlek en Iers
Klassifikasiestandaarde
AKCWerkerstandaard
UKCWaghondstandaard
Hond (Canis lupus familiaris)
'n Boerboel se kenmerkende gesig.

Rasgeskiedeniswysig

Boerboelle is die enigste honde wat uitsluitlik in Suid-Afrika geteel is as waghonde. Dit word algemeen aanvaar dat die ras se oorsprong 'n kruis is tussen inheemse honde uit Afrika en spesies wat ingevoer is tydens die Europese vestiging in die Kaap.[1] De Beers het in 1928 bullmastiff honde ingevoer om die myne te bewaak, welke ras ook gekruis was met boerboelle.[1]

Voorkoms en karaktereinskappewysig

'n Geregistreerde boerboel.

Hoewel daar verskeie verenigings bestaan wat boerboelle registreer, elk met hul eie rasstandaarde, is daar 'n algemene konsensus oor die mees opvallende aspekte.[1][2]

Die boerboel is ’n groot hond met 'n indrukwekkende en ontsaglike, kragtige voorkoms. Die hond het 'n prominente en goed ontwikkelde spierstelsel met veerkragtige beweging. Die vel is dik, los met matige plooie op die voorkop. Die pels is kort en glad, met ’n digte haarbedekking oor die hele hond. Die erkende kleure is alle skakerings van geel, bruin, briekwa, of swart.

Die boerboel se kop is kort, breed, diep, blokkig en gespierd en met goed gevulde wange en kan swart gemaskerd wees.

Die mees gesogde karaktereienskap is die boerboel se getrouheid en gewilligheid om sy familie te beskerm (beskermingsdrang) as gevaar dreig. Ander eienskappe is gehoorsaamheid en intelligensie, met 'n selfversekerde en vreeslose houding.

Beperkings in die res van die wêreldwysig

  • In 2002 het Roemenië die invoer van die Boerboel verbied en die eienaarskap van die hond beperk.[3]
  • In 2010 is die Boerboel verban in Denemarke omdat dit 'n veghond sou wees.[4]
  • In 2011 het Rusland die Boerboel as 'n besonder gevaarlike ras aangewys, onderhewig aan verpligte registrasie en sertifisering.[5]
  • Die Oekraïne het die Boerboel as 'n gevaarlike hond geklassifiseer, onderworpe aan verpligte mikroskyfie, muilband en siviele aanspreeklikheidsversekering.[6]


Boerboele word ook verbied of beperk in

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 "Breed standard (Appendix A)" (PDF). Sabt.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Augustus 2012. Besoek op 18 September 2012.
  2. "Boerboel International" (in Nederlands). Boerboelinternational.eu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019. Besoek op 18 September 2012.
  3. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 28 Julie 2015.
  4. Ritzau /Nyheder, Mette Pedersen (19 Januarie 2011). "Ekstra Bladet - 13 kamphunde forbydes" (in Deens). Ekstrabladet.dk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2013. Besoek op 18 September 2012.
  5. https://petolog.com/articles/banned-dogs?CODE=banned-dogs#russia/
  6. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 3 Augustus 2015.
  7. "Pet Breeds unable to travel in Europe". www.viajedemascotas.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 3 Augustus 2015.
  8. "U.S. List of Banned Breeds". www.terrificpets.com. Besoek op 3 Augustus 2015.
  9. Moore, Caitlin. "Moving Pets to Malaysia: Importing Pets to Sabah and Sarawak | PetRelocation.com". Besoek op 3 Augustus 2015.
  10. "Importing a cat or dog - Doha Family - Autumn 2014". www.dohafamily.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op 3 Augustus 2015.
  11. "Banned Dog Breeds in Switzerland - Documents" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 3 Augustus 2015.
  12. "Mauritius Pet Passport - Current Dog and Cat Import Requirements". www.pettravel.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2018. Besoek op 3 Augustus 2015.
  13. "Banned, restricted dogs breed reminder |The Royal Gazette:Bermuda News". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2015. Besoek op 3 Augustus 2015.
  14. "List of Banned Dogs by Countries". petolog.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 3 Augustus 2015.
  15. "IATA - Tunisia Customs, Currency & Airport Tax regulations details". www.iatatravelcentre.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2018. Besoek op 3 Augustus 2015.
  16. "It is prohibited to import the following dogbreeds to the Faroe Islands" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2015.Sjabloon:URL=dead
  17. "Turks Caicos Pet Passport - Current Dog and Cat Import Requirements". www.pettravel.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 3 Augustus 2015.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media