Bloukurper

Die Bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivinkurper en in Engels as die Mozambique tilapia.

Bloukurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Tribus:
Tilapiini
Genus:
Spesie:
O. mossambicus
Binomiale naam
Oreochromis mossambicus
(Peters, 1852)

Voorkomswysig

Die bloukurper is donker olyfgroen van kleur met rooi rante aan die stert en dorsale vin. Die onvolwasse visse het ses vertikale strepe oor die lyf. Bloukurpers word 40 cm lank en 3,2 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3,265 kg, die Zimbabwe rekord is 2,181 kg en die Malawi rekord is 0,64 kg.

Habitatwysig

Bloukurpers leef in staande of stadigvloeiende riviere. Hulle kan 'n groot verskil in temperatuur oorleef. In die kouer dele van Suid-Afrika gaan bloukurpers in ‘n soort winterslaap, en selfs ook in die warmer streke soos die Hartbeespoortdam, maar navorsing het getoon dat bloukurpers in water van ongeveer 10 °C (50 °F) begin doodgaan, veral as die water vinnig afkoel. Hulle begin eers goed byt (veral aan kunsaas) as die watertemperatuur gereeld hoër as 21 °C (70 °F) is. Bloukurpers is nie sensitief vir soutgehalte nie. Hulle word daarom ook in riviermondings en selfs die see gevind. Bloukurpers vreet krappe, insekte, fyn alge en erdwurms.

Voortplantingwysig

Die mannetjie se nes is 'n sirkelvormige sandbekken op 'n rivierbedding.[1] Dié verdedig hy aggressief teen ander mannetjies. Wanneer 'n wyfie dit nader sal hy pronk deur ondermeer donker te verkleur, en haar na die sandbekken te begelei. Ná die mannetjie en wyfie daar kuit skiet, sal die wyfie die bevrugte eiers uit die nes versamel, en dit in haar mond dra totdat hulle uitbroei.[1]

Bloukurpers in Suid-Afrikawysig

Óf 'n mens die eenvoudigste manier van hengel – ‘n bos erdwurms onder ‘n rooi-en-wit dobber – óf meer gevorderde kunsaastegnieke toepas, bly kurperhengel ‘n genot.

Alhoewel bloukurpers al vanaf September gevang word is Februarie tot April in die warmer, noordelike en oostelike dele van die land primakurpertyd. Bloukurpers van een kilogram en swaarder is veral die teiken in talle riviere en damme in Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Omrede die bloukurper so ‘n uithaler-sportvis op ligtegerei is, en ook omdat hy ‘n voortreflike tafelvis is, is hy lankal onwettig verplaas na ander dele van die land waar die winters nie te koud is nie. So byvoorbeeld is daar ‘n lewenskragtige bevolking bloukurpers in Zeekoeivlei op die Kaapse Skiereiland, asook in verskeie plaasdamme in die wynland.

Omdat die bloukurper in soutwater aanpasbaar is, word hy ook deur verbaasde hengelaars in verskeie getyriviere en -mondings soos byvoorbeeld die St. Luciameer teëgekom waar hengelaars eintlik vir knorders hengel.[2]

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Eksterne skakelwysig

Bronnewysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Aquatic Network, Tilapia Breeding, 2022
  2. Tips 'n Tricks vir Kurper, besoek op 29 Mei 2013
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media