Blou

Kleur

#0000ff

Blou is een van die drie primêre toevoegende kleure; blou lig het die kortste golflengte van die drie primêre kleure: nagenoeg 470 nanometer.

Die skoon lug op 'n sonnige dag is blou as gevolg van Rayleigh-verstrooiing van die lig vanaf die Son. Groot hoeveelhede water (H2O) lyk ook blou omdat rooi lig (van rondom 750 nm) geabsorbeer word as gevolg van die O-H strekkende vibrasie. Interessant genoeg is swaarwater (D2O) kleurloos, omdat die absorbsieband by 'n langer golflengte lê (ongeveer 950 nm).

Blou het koördinate van <0, 0, 255> in die RGB-kleurspasie, en is die komplement van geel.

In die algemeen verwys "blou" na enige kleur vanaf blou tot siaan. Baie tale het nie aparte woorde vir blou en groen nie; sien Groen vir 'n bespreking.

Gebruik en simboliekwysig

'n Duitse polisieman
Die Blou Skerm van die dood
  • 'n "Blou grap" of "blou komedie" is snaaksigheid wat verwysings na taboe-onderwerpe bevat, soos seksuele of toilethumor.
  • "Bloubaadjie" verwys baie keer na 'n polisieman; dit is die kleur van baie polisie-uniforms. Die polisie in China het die kleur van hul uniforms van groen na blou verander in die laat 1990's, deels om hul burgerlike rol te beklemtoon.
  • Blou word ook met baie lugmagte en vlote verbind, weens die kleur van hul formele uniforms, spesifiek vlootblou vir die vloot. Die Blue Angels is 'n akrobatiese vlugeskader van die Amerikaanse Vloot.
  • Blou word tradisioneel met seuns verbind, soos pienk met meisies verbind word. Babablou is 'n pastelkleur wat met klere of linnegoed vir seuntjies verbind word.
  • Politiek:
    • In die Verenigde State, vanaf die 2000 presidensiële verkiesings, beteken blou state, distrikte of mense daardie persone wat die Demokratiese Party ondersteun, omdat blou die partykleur is.
    • In die Verenigde Koninkryk en Kanada word blou gebruik vir die onderskeie Konserwatiewe Partye.
    • In Duitsland is blou en geel die kleure van die liberale Vrye Demokratiese Party.
    • In die Republiek China op Taiwan is blou die kleur van die Kuomintang, en word as embleem gebruik deur partye wat Chinese hereniging ondersteun.
    • Blou, soos wit, mag die owerheid voorstel, teenoor die rewolusionêre rooi of swart.
  • Die blou wimpel is 'n prys wat sedert die 1860's aan skepe toegeken word wat die vinnigste trans-Atlantiese vaart kon maak. 'n Blou lint word ook gebruik om iets van hoë kwaliteit te beskryf, en is oorspronklik die eerste pryse wat toegeken was in atletiese kompetisies.
  • Blou word ook verbind met beserings, omdat dit die kleur van 'n kneusplek is.
  • In mediese diagramme word blou gebruik om are mee voor te stel wat suurstofarme bloed terug na die hart vervoer; in werklikheid is sulke bloed eintlik 'n rooierige violet van kleur.
  • Gebruikers van Microsoft Windows gebruik die term om 'n rekenaar te beskryf wat 'n "blou doodskerm" teëgekom het.
  • Streke:
    • In Australië kan "blou" 'n geveg of argument beteken. Mans met rooi hare mag die bynaam "Bluey" gegee word.
    • Die Duitse woord vir blou word ook gebruik vir "dronk".
    • In Russies is die woord vir ligblou ook die omgangstaal vir "gay".
    • 'n "Bloufilm" is 'n omgangstaalterm vir 'n pornografiese film. Daar is ook "blou tydskrifte". Die term is mees algemeen in Brittanje, maar word ook in die Verenigde State en Israel gebruik.
    • Azzurro ('n ligblou) is die nasionale kleur van Italië.
  • Blou word gebruik om die Unie in die Amerikaanse Burgeroorlog voor te stel, teenoor die grys van die Bondstate van Amerika, beide gebaseer op die uniforms wat deur die twee weermagte respektiewelik gebruik is.
  • 'n Blou maan is die tweede volmaan in 'n kalendermaand, die derde volmaan in 'n seisoen wat vier het, of 'n maan wat blou voorkom weens sekere deeltjies in die atmosfeer. Al drie is só raar dat "een keer in 'n blou maand" beteken "feitlik nooit".
  • 'n Blou hond het 'n pelskleur wat hoofsaaklik grys of silwer is. Sien "Kerry Blouterrier" vir 'n soliede "blou" pels, of Australiese herdershond vir blou merle.

Uitdrukkingswysig

  • "Blou bloed hê" — van hoë afkoms wees. Dit spruit vanuit die feit dat wit vel wat nie deur die son gebruin is nie maklik die bloukleurige are laat deurskyn.
  • "Iemand bont en blou slaan" — iemand slaan tot sy lyf vol kneusplekke is
  • "Die blou dam" — die see
  • "Een maal in 'n blou maand" — selde
  • "Blou Maandag" — 'n dag waarop alles verkeerd loop
  • "Iemand die blou pas gee" — Iemand in die pad steek
  • "'n Bloutjie loop" — Afgesê word deur 'n nooi / Nie jou doel bereik nie.
  • "'n Blou hoed ophê" — beheer oor 'n situasie uitoefen.
  • "'n Bloukous" - 'n Geleerde vrou wat haar van huishoudelike sake losmaak.
  • "Van blousuiker se tyd af" - van lank gelede af

Kleurkoördinatewysig

Volgens verskeie kleurskemas word blou soos volg voorgestel:

ModelKoördinate
Heksadesimale kode#0000FF
RGB-kleurmodel(0, 0, 255)
CMYK(255, 255, 0, 0)
HSV(240°, 100%, 100%)

Gebruik in verfwerkewysig

Blou waterverf

Tradisioneel is blou geag as 'n primêre kleur in verfwerk, met die sekondêre kleur oranje as sy komplement, maar hierdie is nie eens met moderne wetenskaplike kleurteorie nie. Omdat die proses van pigmente meng 'n aftrekkende kleurproses is, is die ware primêre kleure in verf- en drukwerk siaan, magenta en geel, met swart wat bygevoeg word om praktiese redes.

Galerywysig

Bronnelyswysig

  • F.F. Odendal (hoofred.) Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media